03.05.2013 Views

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Kwartaal 4 – Week 5

114

100

Ons praat

Die kinders gaan kamp

Datum:

Wat is die groot verskil tussen soogdiere en reptiele?

Hoeveel reptiele kan jy opnoem?

Vertel die klas van ’n ontmoeting wat jy dalk met ’n reptiel gehad het.

Ons lees

Vusi loop reg agter sy maat Morné, wat besig is om die tentflap se rits af te trek. Vusi wip soos hy skrik

toe sy maat ’n bloedstollende gil laat hoor, en hy bots met Bongi, wat agter hom stap.

“S...s...slang!” skree Morné.

Vusi se pa, mnr Mosoma, kom van die kampvuur af aangehardloop. “Hoe seker is jy dis ’n slang?” vra

hy met ’n onderdrukte glimlag terwyl hy na die drie bewende kinders kyk.

“Sy tong flits in en uit, Pa, en hy lyk soos ’n yslike akkedis!” hyg Vusi.

“Wag julle almal asseblief net hier terwyl ek die flits uit die Jeep gaan haal. Dalk is dit nie ’n slang nie.”

Bongi raak aan Morné se skouer. “Hoe kan dit nie ’n slang wees nie? Weet julle van enige ander dier

wie se tong uit sy mond uitskiet?” vra sy.

Morné en Vusi skud hul koppe. Hulle het nie ’n verduideliking nie.

Mnr Mosoma keer terug met ’n flits in die een hand en ’n graaf in die ander. Hy roep vir Vusi na hom

toe.

“Vusi, hou die flits vir my sodat ek die graaf deeglik kan vasvat,” sê hy.

“Hoekom ek, Pa?” vra Vusi met ’n klein stemmetjie.

“Moenie bekommerd wees nie; ek sal eerste ingaan om die reptiel te soek.”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!