03.05.2013 Views

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Kwartaal 3 – Week 5

81

34

Ons lees

’n Vakansiebrief

Hallo Dan

Jong, ek was gelukkig om vir die Julie-skoolvakansie saam met my

nefies Kaapstad toe te gaan! Ons het 12 Julie vertrek en die volgende

dag daar aangekom. Dit was pret om trein te ry. Ons het in ’n

kompartement geslaap en ek het die boonste slaapbank gehad.

Die eerste ding wat ek gesien het toe ons in Kaapstad aankom, was

Tafelberg met sy watteagtige wit wolkekombers. Die berg was meer

indrukwekkend as wat ek my dit ooit kon voorstel.

Op die tweede dag is ons na Robbeneiland. Ons het per boot na die

eiland gevaar. Daar het ons gaan kyk na die sel waarin Nelson Mandela

aangehou is – 18 jaar lank! Ons het baie pikkewyne en rotse op die eiland gesien.

Op die derde dag het ons weer die pikkewyne gesien. Hierdie keer was dit op ’n strandjie

wat hulle Boulders noem. Daar het ons ook Kaapse pelsrobbe gesien. Kaapstad het ’n

projek om die robbe te beskerm want hulle is aan die uitsterf. Die projek beskerm ook die

pikkewyne.

Op die vierde dag het ons by Kaappunt by die suidelikste

punt van Afrika gestaan waar die twee oseane ontmoet.

Dit is waar die koue water van die Atlantiese Oseaan en

die warm seestrome van die Indiese Oseaan saamvloei.

Op die vyfde dag, my laaste dag, het ons gaan kyk na die

seelewe in die Twee Oseane-akwarium. Dit was so fantasties!

Ek was nog nooit tevore so naby aan ’n haai nie! Daar was net

’n glaspaneel tussen ons, en hulle was nie skaam om vir ons te

wys hoeveel rye tande hulle het nie. Ons het ook allerhande

soorte stervisse gesien– party met vyftig arms! As hulle ’n arm

verloor, groei daar ’n nuwe een in sy plek.

Môre vertrek ons weer huis toe. Ek kan nie wag om julle almal

te sien wanneer ons weer terug is by die skool nie.

Jou maat

Jabu

Datum:

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!