03.05.2013 Views

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Kwartaal 4 – Week 6

118

108

Ons lees

15 Augustus 2008

Die ontdekking van Sediba

WIEG VAN DIE MENSDOM, Suid-Afrika -

Die negejarige Matthew Berger het een sonnige

oggend hier by Maropeng saam met sy hond, Tau,

deur die hoë gras gehardloop. Hy het oor ’n stomp

geval en toevallig ’n belangrike argeologiese

vonds gedoen. “Pa, ek het ’n fossiel gekry!” het

Matthew vir sy pa, dr Lee Berger, geskree.

Dr Berger was al 20 jaar lank besig om geraamtes

van ons antieke menslike voorsate te soek.

In sy hand het die jonge Matthew die oorblyfsel

gehou van ’n seun wat 1,27 meter lank was en

net ’n paar jaar ouer as Matthew toe hy dood

is. Toe dr Berger nader kom om te kyk waarom

Matthew hom roep, was hy verstom om te

sien sy seun staan met die sleutelbeen van ’n

hominied in sy hand. “Ek kon dit nie glo nie! Ek

was skoon duiselig,” het dr Berger later gesê.

“Ek was byna dood [van verbasing].”

KINDERNUUS

Skoolseun (9) ontdek per toeval die eerste mens

Ons gebruik

blokhakies [soos

dié] wanneer ons

iets byvoeg by

iemand se woorde

om die sin te

voltooi.

Dr Berger en sy

medenavorsers van

die Universiteit van

die Witwatersrand

in Johannesburg het

sedertdien nog dele

van die seun se skelet

gekry, insluitende sy

skedel. Hulle dink dit

is moontlik dat hy en

sy gesin water gesoek het en dat diere wat op

jag was hulle tot op ’n nou lysie gedwing het,

van waar hulle hulle in ’n skag van tussen 30 en

45 meter diep dood geval het.

Dr Berger en ’n span wetenskaplikes sê die

fossiel wys dat die seun aan ’n hominiede spesie

Datum:

behoort het. Hominiede is die voorsate van

menslike wesens en ander nabye verwante van

die menslike ras.

Die wetenskaplikes het die spesie Sediba

gedoop (dit is ’n Sotho-woord wat fontein of

fonteinwater beteken). Die spesie het regop

op hulle lang bene geloop, maar nog in bome

gelewe. Hulle het dieselfde kleinerige tande en

gesigsvorm as die moderne mens gehad, maar

die voete was primitief en die brein baie klein.

Wetenskaplike studies het getoon die Sedibaspesie

het tussen 1,78 miljoen en 1,95 miljoen

jaar gelede gelewe.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!