03.05.2013 Views

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

estuurder geword. Ek was toe 13. Sedertdien tree ek oral op en reis

ek die wêreld vol. My ma reis saam met my na ander lande toe.

Watter deel van jou vroeëre lewe mis jy?

Ek woon nou in Atlanta in die VSA en is lang tye op reis. Ek kom baie

selde in my geboortestad in Ontario. Ek mis my huis. Bowenal mis ek

my vriende en familie, en my hond Sam.

Vertel ons van jou besoek aan Suid-Afrika.

Ek was in September 2010 in Suid-Afrika. Ek het dit verskriklik baie

geniet. Ek het olifante, renosters en luiperdwelpies in die Idubewildtuin

en in die Krugerwildtuin gesien, asook ’n paar jagluiperdwelpies wat ek

toegelaat is om te streel.

Wat is jou boodskap aan ander jongmense?

Ek wil ’n positiewe invloed op jongmense uitoefen. Ek wil vir hulle sê jy kan enigiets doen as jy

jou daarop toelê.

Ons praat

Bespreek hierdie vrae met jou maat.

Wie dink jy sal na hierdie radioprogram luister? Dink jy die gehoor sal hoofsaaklik ouer

mense of jongmense wees? Dink jy hulle sal in stede of in plattelandse gebiede woon?

Is daar enige sulke programme op die Suid-Afrikaanse radio of TV? Wat is hulle name?

Hou jy van Justin Bieber? Sê waarom. Is daar ander sterre van wie jy hou?

Ons doen

Trek ’n streep van elke woord in die linkerkolom na sy sinoniem

in die regterkolom.

deelnemer oorreed

positief werk

loopbaan mededinger

beïndruk verwonderd

beïnvloed optimisties

83

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!