03.05.2013 Views

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

AFRIKAANS HUISTAAL - RUconnected

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

digby gesien nie. Hy is regtig ’n indrukwekkende dier. Terwyl Jabu kyk hoe Bhubesi

om sy lewe worstel, begin hy vir hom jammer voel. Toe sien die leeu die seun en

praat met hom.

Leeu: Ai! Oemfaan (seun)! Help my, asseblief. Ek kan nie self loskom nie. Sal

jy nie asseblief hierdie valstrik kom oplig wat my kop afdruk nie?

Asseblief!

Jabu kyk in Bhubesi se oë. Hy hoor die desperate klank in die leeu se stem.

Leeu: Asseblief, oemfaan! Asseblief! Voor die jagter my hier kom

doodmaak. Bevry my asseblief!

Jabu: Ek sou jou graag wil bevry, Bhubesi. Maar ek is bang dat, sodra

ek dit doen, jy my gaan opeet.

Leeu: O, nee, oemfaan, ek sal nooit iemand kan opeet wat my gered

het nie! Ek belowe jou ek sal nie ’n haar van jou hoof raak nie!

Ek belowe dit!

Ons praat

Bespreek hierdie vrae met jou maat.

Wie is die hoofkarakters in hierdie storie?

Waarom was Sipho so opgewonde toe hy by Jabu

aangehardloop kom?

Waar was Jabu toe Sipho hom gekry het?

Kyk na die prentjies en beskryf die plek waar die storie

plaasgevind het.

Verskil hierdie plek van die plek waar jy woon? In watter opsig?

Dink jy Jabu was ’n verantwoordelike mens? Hoekom sê jy so?

Ons doen

Hoe dink jy gaan die storie eindig?

Dink jy Jabu gaan die leeu bevry?

Beplan in jou groep ’n einde vir hierdie storie. Maak dan ’n

rolspel op en bied dit voor die klas aan. Iemand sal die rol moet speel van

Jabu, Sipho en Bhubesi, die leeu. Julle sal ook ’n paar koeie nodig hê.

Besluit watter groep het die beste einde.

67

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!