02.05.2013 Views

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

sowel produksie as verbruik, is onontbeerlik vir

kulturele strukture om hoegenaamd lewensvatbare

strukture te wees. Ons kan ook sê dat instellings aan

die kommunikatiewe wêreld die verhoë bied waarop

daar hoegenaamd gekommunikeer kan word, terwyl

kommunikasie altyd weer die voorwaarde vir die

verlewendiging daarvan is. Kulturele strukture tree in

’n krisis wanneer slegs die kontinue of die diskontinue

beklemtoon word.

In die era van die postmoderne nasiestaat en

globalisering waarna hierbo verwys is, word die balans

tussen kommunikasie en oordrag, tussen verbruik en

produksie, ten gunste van eersgenoemde kragte

skeefgetrek. Veral vanaf die Thatcher- en Reaganrewolusies

in Brittanje en die VSA tydens die 1980’s

word die postmoderne mens toenemend in

kommunikatiewe terme as ’n pure verbruiker ervaar. In

plaas daarvan om hom- of haarself te verstaan as

iemand wat ’n rol binne bepaalde instellings ter wille

kontinuïteit speel, word die mens toenemend vanuit dié

dinge geabstraheer en tot ’n pure, losstaande individu

gereduseer wat slegs op verbruik toegespits is. Met

verwysing na die Thatcher-era en die nagevolge

daarvan op die breë Westerse en geglobaliseerde

wêreld, skryf Nicholas Boyle dan ook: “Society is no

longer to consist of ‘particular people’ who have both a

fixed role of their own and a notion of how that

contributes to the common good; it consists only of

‘individuals’ and their desires, and the state no longer

represents a sense of collective identity but is reduced

to a ‘system of needs’”. 4

Maar daarmee dompel die postmoderne wêreld

homself in die krisis van oordrag: In plaas daarvan om

die instellings en praktyke in beskerming te neem

waardeur oordrag kan plaasvind, word die ganse

ervaringswêreld van die mens ingekort tot die hier en

nou, dit wil sê tot die ekstase van die

verbruikersmoment. Daarom skryf Boyle ook in

dieselfde werk dat die Thatcher-era alles in sy vermoë

gedoen het om die politieke beperkinge op ons as

produsente op te hef en ons as verbruikers te

herdefinieer. Met verwysing na onder meer die

postmoderne huwelikslewe en die wyse waarop

liggaamlikheid vandag vanuit die produktiewe na die

verbruikersmodus vertaal word, skryf Boyle dan ook as

volg: “Bodies are seen as the locus only of

consumption, not of production”. 5 Maar daarmee word

oordrag en die kontinuïteit wat die instelling van die

huwelik onder meer moontlik gemaak het, onder

ernstige spanning onderwerp. Dit is ’n waarheid wat

nie net op ’n instelling soos die huwelik van toepassing

is nie, maar op ’n wye reeks instellings, soos skole,

universiteite, ensovoorts.

4.2. Afrikaners in die era van verbruik

Daar kan met reg gesê word dat Afrikaners onder meer

tydens die apartheidsjare klem op oordrag ten koste

van kommunikasie, op kontinuïteit ten koste van

4 Nicholas Boyle, Who Are We Now? (Edinburgh: T&T

Clark, 2000), p. 30.

5 Ibid, p. 59.

diskontinuïteit, op produksie eerder as verbruik gelê

het. ’n Tipiese voorbeeld hiervan is die talle anekdotes

oor Afrikaner-ouers wat in die eerste dekades van die

vorige eeu hulle verbruik ingekort het ter wille daarvan

dat hulle kinders opvoeding op skool en universiteit

kon ontvang. Dié anekdotes is by uitstek ’n metafoor

van ’n gemeenskap wat oordrag, kontinuïteit en

produksie hoër as kommunikasie, diskontinuïteit en

verbruik ag.

Vanuit ’n metapolitieke oogpunt beoordeel was

die voordeel verbande aan die klem op oordrag ten

koste van kommunikasie ’n hoë graad van

geborgenheid en ’n duidelike toekomsbeeld. Die nadeel

daaraan verbonde was ’n beperking van diskontinuïteit,

vrye denke en ruimtes vir individuele self-ekspressie.

Daarom ook g’n wonder nie dat dié tyd ook staan in die

teken van die heerskappy van die politikus ten opsigte

van die skrywer. Terwyl die politici as vertolkers van

die gedagte van oordrag die botoon gevoer het, het die

skrywers, by uitstek die vertolkers van kommunikasie

en diskontinuïteit, struktureel die onderspit gedelf.

Sedert die 1960’s, -70’s en -80’s en veral ná die

oorgang van 1994 het Afrikaners ’n merkbare

verandering ondergaan. As genoemde dekades nog

deur ’n klem op oordrag en produksie gekenmerk was

(met al die deugde - en ondeugde - eie daaraan), het die

klem vanaf dié tyd toenemend na kommunikasie en

verbruik geskuif.

Vanuit ’n metapolitieke oogpunt beoordeel, is

die voordeel daaraan verbonde juis die wyd verspreide

gevoel dat ’n eie individualiteit, meningsverskille en

kreatiwiteit toelaatbaar is. Figure wat oordrag

simboliseer, is dan ook toenemend vervang met figure

wat diskontinuïteit simboliseer. Simptomaties hiervan

is die feit dat die rol van die politikus veral ná 1994

onder Afrikaner aan betekenis ingeboet het, terwyl die

rol van kunstenaars (volgens ongepubliseerde

navorsing is Steve Hofmeyr die mees invloedryke

Afrikaner) en die kunstefeeste vanaf dié tyd ongekend

toegeneem het. Vanuit ’n metapolitieke oogpunt

beoordeel is die nadeel van die epog van

kommunikasie, diskontinuïteit en verbruik geleë in ’n

ernstige en dikwels selfs patologiese graad van

onsekerheid oor die toekoms van die Afrikaners as ’n

kultuurhistoriese gemeenskap.

Gemeenskapsgeborgenheid maak toenemend plek vir

die radikale teendeel daarvan, naamlik

gemeenskapsontbinding.

Afrikaners het veral vanaf 1994 op globalisering

en die nuwe nasiestaat geantwoord deur hulself

toenemend in die wêreld van kommunikasie en

verbruik te ‘verskans’, eerder as om te midde van die

noodsaak van laasgenoemde ook te vra na wyses

waarop hulle instellings van oordrag versterk en

uitgebou kan word.

Maar daarom ook die fundamentele

kontradiksie in die strategiese mondering van

Afrikaners die afgelope dekade: Terwyl globalisering

en die nuwe nasiestaat dit allernoodsaaklik vir

Afrikaners gemaak het om ook en te midde van die

noodsaak van kommunikasie hul aandag op oordrag en

kontinuïteit te rig, het Afrikaners teen die agtergrond

van die oordrywing van oordrag in die verlede verkies

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 15 September 2006 | BLADSY 11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!