02.05.2013 Views

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

kulturele strukture die beste wanneer oordrag en

kommunikasie in balans met mekaar gehou word.

Eerstens, oordrag. Met behulp van ’n veelheid

van instellings (familie, skole, universiteite,

kunsterade, uitgewerye, kerke, regeringsinstansies,

ensovoorts) dra kulturele strukture hul tradisies,

gebruike en gewoontes oor en gee hulle kontinuïteit

aan hulle self. Sonder die oordrag waartoe instellings

gemeenskappe in staat stel, kan hulle nie ’n bepaalde

identiteit oor tyd heen aanneem en so ’n rol in die

geskiedenis speel nie.

Met behulp van ’n magdom kommunikatiewe

middele (boeke, koerante, radio, TV, die cd, dvd en

internet, ensovoorts) skep kulturele strukture ook

netwerke van interaksie en kommunikasie. Wat gebeur

met kommunikasie?

Met kommunikasie lê kulturele strukture nie

klem op kontinuïteit nie, maar veel eerder op

diskontinuïteit. Om die waarheid te sê, in die wêreld

van kommunikasie word die kontinue eerder aan

disrupsie, bevraagtekening en verandering onderwerp.

In plaas daarvan om kontinuïteit aan die oue te gee,

soek egte kommunikasie eerder die opwinding van die

- momenteel - nuwe op. Die kommunikasie van ‘ou

nuus’ - die geskiedenis - is per definisie oneffektiewe

kommunikasie, tensy dit in onmiddellik verteerbare -

en ook onmiddellik weer vergeetbare - flitse verpak

kan word. As oordrag dan ook oor tyd heen afspeel,

speel kommunikasie eerder in die onmiddellike hier en

nou af.

Beide funksies, sowel oordrag as

kommunikasie, sowel die kontinue as die diskontinue,

sowel produksie as verbruik, is onontbeerlik vir

kulturele strukture om hoegenaamd lewensvatbare

strukture te wees. Ons kan ook sê dat instellings aan

die kommunikatiewe wêreld die verhoë bied waarop

daar hoegenaamd gekommunikeer kan word, terwyl

kommunikasie altyd weer die voorwaarde vir die

verlewendiging daarvan is. Kulturele strukture tree in

’n krisis wanneer slegs die kontinue of die diskontinue

beklemtoon word.

In die era van die postmoderne nasiestaat en

globalisering waarna hierbo verwys is, word die balans

tussen kommunikasie en oordrag, tussen verbruik en

produksie, ten gunste van eersgenoemde kragte

skeefgetrek. Veral vanaf die Thatcher- en Reaganrewolusies

in Brittanje en die VSA tydens die 1980’s

word die postmoderne mens toenemend in

kommunikatiewe terme as ’n pure verbruiker ervaar. In

plaas daarvan om hom- of haarself te verstaan as

iemand wat ’n rol binne bepaalde instellings ter wille

van kontinuïteit speel, word die mens toenemend

vanuit dié dinge geabstraheer en tot ’n pure, losstaande

individu gereduseer wat slegs op verbruik toegespits is.

Daar kan met reg gesê word dat Afrikaners

onder meer tydens die apartheidsjare klem op oordrag

ten koste van kommunikasie, op kontinuïteit ten koste

van diskontinuïteit, op produksie eerder as verbruik

gelê het. ’n Tipiese voorbeeld hiervan is die talle

anekdotes oor Afrikaner-ouers wat in die eerste

dekades van die vorige eeu hulle verbruik ingekort het

ter wille daarvan dat hulle kinders opvoeding op skool

en universiteit kon ontvang. Dié anekdotes is by uitstek

’n metafoor van ’n gemeenskap wat oordrag,

kontinuïteit en produksie hoër as kommunikasie,

diskontinuïteit en verbruik ag.

Vanuit ’n metapolitieke oogpunt beoordeel was

die voordeel verbande aan die klem op oordrag ten

koste van kommunikasie ’n hoë graad van

geborgenheid en ’n duidelike toekomsbeeld. Die nadeel

daaraan verbonde was ’n beperking van diskontinuïteit,

vrye denke en ruimtes vir individuele self-ekspressie.

Daarom ook g’n wonder nie dat dié tyd ook staan in die

teken van die heerskappy van die politikus ten opsigte

van die skrywer. Terwyl die politici as vertolkers van

die gedagte van oordrag die botoon gevoer het, het die

skrywers, by uitstek die vertolkers van kommunikasie

en diskontinuïteit, struktureel die onderspit gedelf.

Sedert die 1960’s, -70’s en -80’s en veral ná die

oorgang van 1994 het Afrikaners ’n merkbare

verandering ondergaan. As genoemde dekades nog

deur ’n klem op oordrag en produksie gekenmerk was

(met al die deugde - en ondeugde - eie daaraan), het die

klem vanaf dié tyd toenemend na kommunikasie en

verbruik geskuif.

Vanuit ’n metapolitieke oogpunt beoordeel, is

die voordeel daaraan verbonde juis die wyd verspreide

gevoel dat ’n eie individualiteit, meningsverskille en

kreatiwiteit toelaatbaar is. Figure wat oordrag

simboliseer, is dan ook toenemend vervang met figure

wat diskontinuïteit simboliseer. Simptomaties hiervan

is die feit dat die rol van die politikus veral ná 1994

onder Afrikaners aan betekenis ingeboet het, terwyl die

rol van kunstenaars (volgens ongepubliseerde

navorsing is Steve Hofmeyr die mees invloedryke

Afrikaner) en die kunstefeeste vanaf dié tyd ongekend

toegeneem het. Vanuit ’n metapolitieke oogpunt

beoordeel is die nadeel van die epog van

kommunikasie, diskontinuïteit en verbruik geleë in ’n

ernstige en dikwels selfs patologiese graad van

onsekerheid oor die toekoms van die Afrikaners as ’n

kultuurhistoriese gemeenskap. Gemeenskapsgeborgenheid

maak toenemend plek vir die radikale teendeel

daarvan, naamlik gemeenskapsontbinding.

Maar daarom ook die fundamentele

kontradiksie in die strategiese mondering van

Afrikaners die afgelope dekade: Terwyl globalisering

en die nuwe nasiestaat dit allernoodsaaklik vir

Afrikaners gemaak het om ook en te midde van die

noodsaak van kommunikasie hul aandag op oordrag en

kontinuïteit te rig, het Afrikaners teen die agtergrond

van die oordrywing van oordrag in die verlede verkies

om hul eensydig toevlug tot kommunikasie en verbruik

te neem. In plaas daarvan dat Afrikaners in dié tyd

opnuut die voorwaardes vir gemeenskapsgeborgenheid

geskep het, het hulle in ’n reaksie op die oordrywing

van oordrag in die verlede eerder die voorwaardes vir

die verdere ondermyning daarvan geskep.

Talle voorbeelde kan in hierdie verband genoem

is. Die mees sigbare voorbeeld is waarskynlik die

verandering in private voorkeure van Afrikaners,

waarin ’n merkbare verskuiwing vanaf oordrag na

kommunikasie en verbruik plaasgevind het. Dit vind

onder meer neerslag in die verskuiwing in

beroepskeuses (vanaf ‘onderwyser’ en ‘predikant’ tot

‘ondernemer’), private en toeristiese lewenstyle,

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 15 September 2006 | BLADSY 3

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!