02.05.2013 Views

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

gemeenskap of gemeenskappe. In plaas daarvan om

dan ook as individue te besluit tot watter gemeenskap

ons wil behoort, word ons individualiteit by voorbaat

reeds op ’n onontsnapbare wyse deur die gemeenskappe

waartoe ons behoort gestempel.

Dieselfde argument is ook op die veelheid van

taalgemeenskappe van toepassing. As mense bevind

ons onsself altyd weer in een of ’n veelheid van

taalgemeenskappe. Ons menswees staan dan ook nie

los daarvan nie. Inteendeel, ons omskrywing van wat

dit beteken om mens te wees word altyd weer en

noodwendig deur een of ander partikuliere taal met sy

bykans ontelbare simboliese herinneringe en

verwysings beïnvloed. Om ons universele menswees

vanuit Engels of Chinees of Maori of Afrikaans te

verwoord en daaraan inhoud te gee, sal telkens ook

weer ander aksente, al is die ook hoe minimaal, by ons

omskrywing daarvan medeïmpliseer. En dikwels lê ’n

ganse wêreld juis in hierdie klein verskille opgesluit.

Niemand ontsnap hierdie feit nie, ook nie

diegene wat poog om ’n voorspraak vir ons universele

menslikheid onafhanklik van die beliggaming daarvan

in partikuliere taalgemeenskappe te maak nie. Ten

spyte van hul voorsprake beskik ook hulle nie oor ’n

pure universele taal waarmee hulle inhoud daaraan kan

gee nie. Inteendeel, ook hulle eie voorspraak vir die

gedagte van ons universele menslikheid word altyd

weer deur een of ander partikuliere taal bemiddel en so

ook onvermydelik daardeur gestempel.

Die Duitse filosoof, Hegel, het ons reeds in die

19de eeu geleer om die begrip menslikheid nie as ’n

pure abstrakte of formalistiese saak te verstaan nie,

maar as iets wat deur ’n sogenaamde “konkrete

universaliteit” gekenmerk word. Daarmee het Hegel

juis bedoel dat ons universele menswees slegs sin

verkry wanneer dit binne bepaalde tradisies en

gemeenskappe beliggaam word. In die proses het

Hegel homself tereg ook van twee moontlikhede in ons

nadenke oor menswees gedistansieer, naamlik die

eensydige beklemtoning van die abstrak-universele en

die eensydige beklemtoning van die konkreetpartikuliere.

Beide is in hul onverbreekbare samehang

nodig, sowel die universele as die konkrete:

Enersyds is enige voorspraak vir ons universele

menslikheid ’n papier-dunne of betekenislose

voorspraak solank as wat nagelaat word om aan te toon

wat dit binne hierdie of daardie partikuliere konteks en

tussen hierdie of daardie gemeenskappe beteken. Om

die waarheid te sê, as die voorspraak vir ons universele

menslikheid nie deur so ’n konkreetheid gekenmerk

word nie, neig dit om in ’n wêreldvreemde en

voorskriftelike moralisme om te slaan. Hegel het

dikwels op die gevare van so ’n voorskriftelikheid

gewys.

Andersyds, het Hegel geïmpliseer, as ons in ons

voorspraak vir die begrip menslikheid slegs die

konkrete manifestering daarvan in partikuliere

gemeenskappe beklemtoon, vergeet ons die universele.

Die negatiewe moontlikheid wat daarmee gepaard

gaan, is dat ons dan die gevaar loop om ons eie

partikuliere gemeenskap met ons menswees as sodanig

te identifiseer! My menswees val dan met my eie

gemeenskap saam. Maar daarmee verval ons

noodwendig in een of ander vorm van xenofobiese

partikularisme.

Om beide ‘patologieë’ te voorkom, moet ons

oor ons menswees vanuit die samehang tussen die

universele en die konkrete nadink. Hegel se ‘konkrete

universaliteit’ is in hierdie verband steeds

rigtinggewend. Wanneer slegs die universele bedink

word, het ons met ’n lewelose abstraksie en dikwels

gevaarlike moralisme te doen. Wanneer ons daarenteen

slegs die partikuliere beklemtoon, val ons in die

benoudheid van die geslote gemeenskap vas.

In antwoord op die inleidende vraag: Ons

menslikheid kom in die dialoog en balans tussen die

universele en die partikuliere tot sy of haar reg. In en

deur die spanningsveld tussen beide kragte kan van ’n

egte menslikheid gepraat word. Dit is ook waar vir

Afrikaners. Ook hulle word altyd weer voor die

uitdaging gestel om ’n balans tussen genoemde kragte

op te soek.

Gemeet aan dié uitgangspunt met sy voorkeur

vir ’n balans tussen die universele en die konkrete,

waar staan Afrikaners vandag?

3. Historiese konteks

As mense het ons vandag met twee historiese kragte te

doen waardeur die feit van gemeenskap op die spel

geplaas en ons menslikheid as gevolg daarvan aan ’n

diepliggende vorm van ontwrigting onderwerp word.

Ons verwys na die hegemonie van die neoliberale

globalisme, wat die mens tot verbruiker reduseer,

asook na aspekte van die nasiestaat en die wyse waarop

laasgenoemde gestalte binne die Suid-Afrika gekry en

steeds kry. Ons staan by elkeen van dié ontwrigtende

kragte ten opsigte van ons menswees stil.

3.1. Die neoliberale globalisme

Dié orde het simbolies sowel as materieel ’n bykans

onbetwiste gesag oor die ganse kultuurpolitieke

landskap van die hedendaagse mens verwerf. Kritici

van dié orde verwys daarna as die “kultuur van die

dood”. Waarom? Omdat dit in gevolge die mensbeeld

wat ten grondslag daarvan lê, mense tot blote

verbruikers reduseer wat slegs hul eie korttermyn

belange in die hier en nou van die ekstatiese

verbruikersmoment najaag. Enige visie op die mens as

synde gerig op transendente ideale en op die poging om

oor geslagte heen kontinuïteit daaraan te gee, word

daarmee radikaal afgewys. As daar van iets soos

transendente ideale in dié kultuur sprake is, lê dit

ironies genoeg in die wêreld van verbruik self

opgesluit. Dit wat heilig is, word met die ervaring van

verbruik hier en nou geïdentifiseer.

Die strategie wat deurgaans deur die globale

kultuur ingespan word om sy ryk van verbruik te

vestig, is teoreties relatief eenvoudig: Mense word

vanuit hul netwerke van gemeenskappe geabstraheer en

as hiperverbruikers, dit wil sê as vryswewende

individue met ’n eindelose hoeveelheid behoeftes en

begeertes, herdefinieer. Alhoewel dit ’n strategie is wat

die kapitalisme reeds vanaf die vroeë modernisme teen

gemeenskappe ontplooi het, kon dit vanweë die invloed

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 15 September 2006 | BLADSY 7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!