FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK
FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK
FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
ek slaat hom met my beiteltjie

en dié was sterk genoeg:

daar spring die klippie stukkend

so skoon soos langs ’n voeg:

toe, onder my tien vingers bars

die grys rots middeldeur

en langs my voete voel ek

die sagte aarde skeur,

die donker naat loop deur my land

en kloof hom wortel toe –

só moet ’n beitel slaan

wat beitel is, of hoé?

Dan, met twee goue afgronde

val die planeet aan twee

en oor die kranse, kokend,

verdwyn die vlak groen see

en op die dag sien ek die nag

daar anderkant gaan oop

met ’n bars wat van my beitel af

dwarsdeur die sterre loop.

’n Literêre snuffelaar sal nóg ’n literêre bron agter “Die

Plukker” sien oprys, soos die plukker al hoër met sy

trapleer na die uiteindelike perske klim, naamlik ’n

onsterflike fragment van Sapfo, wat só klink in die

Afrikaanse vertaling van prof. P.J. Conradie:

Soos ’n soet appel rooi word op die punt van ’n tak

Hoog in die top van die boom; die appelplukkers het

dit vergeet –

Nee, hulle het dit nie heeltemal vergeet nie, maar hulle

kon nie daarby

kom nie.

Terug na “Die beiteltjie”:

Dit het in Oktober 1949 onder die titel “Vir

die speletjie” in Standpunte verskyn. Van Wyk Louw

se voorlopige titel is van belang in soverre dit die spel

beklemtoon; die ernstige spel. In een van sy essays loof

Van Wyk Louw dan ook “die ligte, ligtende erns”. Is

dit toevallig dat Louw dié gedig in die veertigerjare

geskryf het toe Johan Huizinga se Homo ludens opgang

gemaak het in literêre kringe? Huizinga se

uitgangspunt, bondig saamgevat, kom hierop neer: As

’n kultuur homself te ernstig bejeën, en die perk van

die spel verlaat, versaak dit sy eie heil.

Dit strek Deon Opperman tot eer dat hy Van

Wyk Louw se spel met gedagtes en woorde tot in die

fynste geledinge van sy vers gevolg het.

Maar Opperman slaan teen die einde ’n eie

koers in in “Die Plukker”. Anders as Sapfo en Van

Wyk Louw, vertoef hy nie in die esoteriese sfeer van

hoër lugte nie; hy kom terug met sy vrug van groot

waarde wat hy, Nagmaalsgewyse, met aardlinge wil

deel. In dié sin is Opperman ook ’n erfgenaam van

Albert Schweitzer, wat geglo het dat dié wat baie aan

talent en genade ontvang het, dit met die medemens

moet deel.

Daar word soms gesê dat “Die beiteltjie” van

Van Wyk Louw op Afrikaans slaan. Só ’n vertolking

vereng die betekenis van Van Wyk Louw se credo,

want credo is “Die beiteltjie” beslis. Dit stel die geloof

in die mag van ’n kunsmedium wat, as dit met respek

gebruik en onderhou word, uiteindelik ontsaglike

wêrelde van die gees kan verower. “Die beiteltjie” is ’n

credo vir alle kunste en alle kunstenaars; en dieselfde

kan van “Die Plukker” gesê word, met dié pluspunt, dat

Opperman in die sleutel van die humanisme dink.

Toe ek “Die Plukker” in 1995 gelees het, wou

ek my geesdrif daaroor onmiddellik met ’n

gelykgestemde gees deel. Ek het Deon Opperman se

teks “Die Plukker” aan Amanda Strydom gestuur, met

dié opdrag: Maak ’n lied daarvan, en neem dit op in jou

repertorium.

En Amanda hét. Saam met Lize Beekman het

sy musiek geskryf vir “Die Plukker”, en dit spoedig op

laserskyf opgeneem – Amanda Strydom: Vrou by die

spieël (JNSD 43).

En nou moet die bloemlesers van Groot

Verseboek en Poskaarte hulle kant bring, en “Die

Plukker” van Deon Opperman ook vir ’n niekabaretgehoor

bestendig. Dis ’n stralende vers – “’n

goue glans tussen groen” (1) - wat ’n wins vir enige

bloemlesing sal wees.

(1) Uys Krige, “Die Lied van die Lemoen”, Die goue kring.

Kaapstad: Human & Rousseau, 1976 Dis opvallend dat Deon

Opperman nie ’n appel of ’n lemoen as hemelvrug kies nie,

maar ’n perske.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 15 September 2006 | BLADSY 76