02.05.2013 Views

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

• Dossier: FAK-Manifes

Afrikaner-manifeste:

Die verlede van die toekoms

MENSE SE TOEKOMSVERWAGTINGE IS

BEPALEND VIR HULLE OPTREDE IN DIE HEDE EN

HULLE OORDEEL OOR DIE VERLEDE. DIT GELD

IN MENSE SE INDIVIDUELE LEWENS TEN

OPSIGTE VAN HULLE PERSOONLIKE WELSYN EN

VOORUITGANG EN GELD OOK EWESEER IN HUL

GROEPSVERWAGTINGE EN VOORUITSIGTE.

Deur Pieter Kapp *

D

it is die toekomsverwagting van ’n groep/

gemeenskap/kultuur/volk/staat wat die energie

genereer om skeppend met

die hede om te gaan in die

geloof dat hulle daardeur ’n

beter weg na die toekoms

skep. Die geskiedenis van

die Westerse beskawing is

ondenkbaar sonder die

stroom literatuur wat bedoel

is om hierdie toekoms bepalend

te beïnvloed. Die

oorgrote meerderheid daarvan

bly in die privaat domein

van die skrywer(s) en die

intellektuele gemeenskap.

Enkeles word bepalende

dokumente in die geskiedenis. Dit gebeur omdat dit

wat oorspronklik vir ’n spesifieke individuele

omstandigheid verwoord is, in die loop van die

geskiedenis ’n veel wyer toepassing vind. Daardeur

word dit manifestasies in die openbare domein. Dit

funksioneer as ’n stel waardes en beginsels waaroor ’n

bepalende konsensus gegroei het en wat daarom die

besit van die groter eenheid word. Die status van so ’n

verklaring of manifestasie word bepaal deur die mate

waarin dit in die openbare domein – hoofsaaklik, maar

geensins uitsluitend nie, die politieke terrein – inhoud

aan verskillende beleidstandpunte kan gee. Talle volke

en belangegroepe het sodanige manifeste wat hulle

toekomsideale en posisionering verteenwoordig. Daar

is egter drie sodanige stelle dokumente wat in die loop

van die geskiedenis ’n buitengewone internasionale

status en erkenning ontwikkel het. Elkeen het in die

besondere omstandighede van sy tyd ontstaan, met ’n

beperkte toepassing op net een belang, maar omdat die

geskiedenis die beginsels daarin vervat voortdurend

opnuut geïnterpreteer en veel algemener toegepas het,

het dit die status van klassieke manifeste met

* Besoekende navorsingsgenoot, Departement Geskiedenis,

Universiteit van die Vrystaat, pkapp@telkomsa.net

internasionale betekenis en toepassing ontwikkel. Die

eerste is die drie basiese manifeste of oktrooie waarop

die Britse parlementêre monargie gebaseer is: die

Magna Carta of Great Charter van 1215, die Petition

of Rights (1415) en die Bill of Rights (1689). In die

geval van die VSA is dit Declaration of Independence

(1776) en die Bill of Rights wat die eerste twaalf

artikels van die Amerikaanse grondwet soos in 1791

finaal bekragtig is, verteenwoordig en wat as die basis

van die moderne republikeinse demokrasie dien. Die

derde dokument is die Franse Verklaring van die Regte

van die Mens (1789) wat die basis vorm van die klem

op menseregte in die hedendaagse wêreld. Twee

Westerse dokumente wat as

manifeste ’n belangrike maar

omstrede en veel minder

algemeen aanvaarde rol speel,

is Adam Smith se The Wealth

of Nations (1776) wat die

intellektuele basis van klassieke

kapitalisme sou vorm en

Karl Marx se Das Kapital

(1848) wat die basis van die

klassieke sosialisme en

kommunisme sou vorm.

Bogenoemde dokumente

vertoon bepaalde gemeenskaplike

kenmerke. Hulle

begin almal as individuele

klagtes, besware of verset. Dit ontwikkel vanweë

bepaalde omstandighede spoedig tot algemene klagtes

en verset wat dan op grond van algemene beginsels en

belange verwoord word in eise of vereistes wat gestel

word om te verseker dat soortgelyke griewe in die

toekoms op billike en deelnemende wyse gehanteer sal

word. Daardie eise en beginsels is aanvanklik net van

toepassing op ’n geselekteerde groep – dit is eksklusief,

maar word in die loop van die geskiedenis toenemend

inklusief om alle belange te kan insluit.

’n Afrikaanse tradisie?

Is daar in Afrikaans vir Afrikaners tekste/uitsprake/

geskrifte wat beskou kan word as manifeste waarin

hulle toekomsverwagtinge en die basiese beginsels van

hoe die samelewing bestuur en ontwikkel behoort te

word, verwoord word en wat die vermoë bevat het om

van eksklusief na inklusief ontwikkel te word? Daar

het nog altyd ’n boeiende debat geheers oor die vraag

in hoeverre Afrikaners se denke oor hulle toekoms ’n

historiese diepgang verteenwoordig.

Hoewel Afrikaanse denke al lank besig is om

so ’n proses te deurloop op grond van geskrewe

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 15 September 2006 | BLADSY 56

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!