02.05.2013 Views

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

wat hom aan die einde van 2005 buite aksie gestel het,

sal hy nog ’n tyd lank in die pad staan van enige hoop

op vrede met die Palestyne.

Itzhak Rabin was die enigste van hierdie

generaals wat ’n ware politikus geword het. Maar drie

skote, op 4 November 1995 deur ’n fanatieke verregse

Jood afgevuur, het sy lewe beëindig en ook die pogings

wat aangewend is om ’n onafhanklike Palestynse

entiteit te skep op die terrein wat sedert 1967 beset

word. Alles hang dus af, nie van die rang wat ’n man in

die weermag bereik het nie, maar van sy

wêreldbeskouings, van oortuigings en politieke moed.

Nie net in Israel nie: Generaal Charles de Gaulle,

“vader” van dekolonisering, het niks gemeen –

behalwe miskien die strepe op sy uniform – met

generaal Raul Salan, vegter van Franse Algerië nie.

Dit is toevallig dat die huidige leier van die

Israeliese regering, Ehud Olmert, en sy Minister van

Verdediging, Amir Peretz, albei ’n onindrukwekkende

militêre agtergrond het. Soos alle Israeli’s het hulle in

die weermag diensplig gedoen, maar hul kennis van

verdediging bly uiters beperk. Dis sekerlik waarom die

stafhoof, Dan Haloutz, hulle so hartlik verwelkom het:

sodat hy hulle makliker om die bos kan lei. Selfs die

Marokkaans-gebore Peretz, van die Arbeidersparty,

wat nog altyd ’n vakbondslid was en pasifistiese

oortuigings het, het in dié strik getrap.

Sedert sy nominasie en veral sedert die

aanvang van operasies in Gasa (28 Junie), het duidelike

harmonie geheers tussen die generale staf en “sy”

minister ... byna. Laasgenoemde het oordryf deur

byvoorbeeld te spog dat dit hý was wat die lugmag

opdrag gegee het om eers Palestynse en toe Libanese

residensiële areas te teiken. ’n Spotprent wat deur

Haaretz gepubliseer is, beeld twee generaals uit wat

toekyk hoe Peretz opdragte gee aan ’n klein soldaatjie

naby ’n gebombardeerde Palestynse area; die een

fluister vir die ander: “Hy het vinnig sy les geleer.”

Dis wat duidelik was op 12 Julie. In plaas

daarvan om die twee Israeliese soldate wat deur

Hisbolla gevange geneem is, te ruil vir vegters van dié

organisasie wat in Israel se hande is (’n transaksie wat

die Minister van Buitelandse Sake, Tzippi Livni,

uiteindelik teen middel-Augustus oorweeg het as laaste

uitweg), het Peretz hom geskaar by die opinie van die

generale staf, wat hom ’n ware “vuurstorm” beloof het

– een wat “binne enkele dae” al die Hisbolla-vestings

sou vernietig, 300 slagoffers tussen die Libanese

burgerlikes en hoogstens 90 in die Israeliese weermag

en algemene bevolking sou hê. Die generaals het

bevestig dat Israel se vermoë om weerstand te bied teen

Hisbolla en dus teen die Arabiese wêreld herstel moet

word. Deur by te voeg dat die verwoesting van die

militêre middele van die Sjiïtiese burgermag die

situasie in Libanon heeltemal sou verander, maak hulle

dieselfde fout as hulle Amerikaanse “oueres” in Irak: ’n

mag wat diepgewortel is in die menslike en politieke

samestel van ’n gemeenskap kan nie op militêre wyse

uitgewis word nie.

Niks is egter meer onvoorspelbaar as die

ontwikkeling van ’n oorlog nie, selfs wanneer die een

kant veel groter as die ander is. Pleks van lourierkranse

om hulle hoofde moet Haloutz, Peretz en Olmert

toekyk hoe hul gewildheid kwyn en boonop voor ’n

kommissie van ondersoek verskyn. Dit roep wrede

herinneringe op: na die verrassing van 1973,

waartydens Egipte en Sirië ’n week lank die stryd

gevoer het met Israeliese magte, het dié wat gelei is

deur Shimon Agranat ’n aardskudding op die Israeliese

politieke toneel veroorsaak. Eweneens, kort na die

slagting van Sabra en Chatila (1982), het die magte van

Itzhak Kahane generaal Sharon gedwing om sy

portefeulje as Minister van Verdediging af te lê.

Hoe ver sal die kommissie van ondersoek

gaan, wat middel-Augustus deur die Minister van

Verdediging op die been gebring is? Sal dit aan die

volk kan verduidelik waarom die inligtingsdienste nie

die Hisbolla-operasie sien kom het nie, nóg die swaard

van Damokles gemeet het wat dié se vuurpyle vir die

noordelike derde van Israel verteenwoordig? Sal dit

aan die armstes kan verduidelik waarom hulle weens

die gebrek aan middele om elders in die land

beskutting te soek, tevrede moes wees met

tuisgemaakte skuilings? En aan die soldate verduidelik

waarom die weermag hulle nie opgelei het om guerillamagte

te beveg nie? “Om ons só na die slagveld te

stuur,” verduidelik een van hulle, “is soos om ’n

chirurg wat jare laas sy hand aan ’n skalpel gesit het, te

vra om ’n ingewikkelde operasie uit te voer en te hoop

dat dit suksesvol sal wees.” Maar bowenal moet ’n

antwoord gesoek word op ’n baie belangrike vraag: Is

dit nie tyd vir die Joodse Staat om sy toekoms te

waarborg nie? Nie deur middel van duidelik

misleidende militêre mag nie, maar deur grondige

vredesamesprekings met sy Palestynse, Siriese en

Libanese buurlande? Die eensydigheid wat Sharon en

Olmert verdedig, lyk taamlik uitgedien.

Wat die oorlogsmisdade betref wat gedurende

die twee-en-dertig vreeslike dae van konflik gepleeg is,

is dit verkieslik om te vertrou – en sodoende agter die

kap van die byl te kom – op die skepping van ’n

internasionale tribunaal. Maar sal dit ooit gebeur?

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 15 September 2006 | BLADSY 47

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!