02.05.2013 Views

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

• Dossier: FAK-Manifes

Afrikaners:

Burgers eerder as verbruikers

IEMAND MOET NOG EENDAG ’N ROMAN SKRYF

OOR WAT WERKLIK GEBEUR HET MET DIE

LEGENDARIESE “KRUGER-MILJOENE”. DIE

WYSE WAAROP DIE GOUDBATES VAN DIE OU

ZUID-AFRIKAANSCHE REPUBLIEK IN 1900 UIT

PRETORIA VERWYDER IS TERWYL DIE BRITSE

MAGTE AL AAN DIE BUITEWYKE VAN DIE STAD

WAS, EN LATER TERUGGESMOKKEL IS NA DIE

VEROWERDE REPUBLIEK, SAL BELANGRIKE

ELEMENTE VAN SO ’N VERHAAL VORM.

Deur Jaap Steyn *

M

aar die hooftema van die verhaal sal nie soseer

die spioenasie- en smokkelsages wees nie, maar

wat die gebeurtenisse ons

vertel omtrent die betrokkenheid

van Afrikaners van

’n eeu gelede by hul

gemeenskap.

Politieke kluisenaarskap,

sosiaal-kulturele isolasie

en ’n toewyding aan persoonlike

verryking sou, soos

vandag, ook destyds die

maklikste gewees het. Die

verlore oorlog het immers

die soort gevolge gehad wat

nie onbekend aan ons tyd is

nie.

Gustav Preller, gewese

amptenaar van die departement van mynwese, wou

emigreer (na Argentinië). Genl. Jan Smuts was

swartgallig oor die toekoms en skryf in ’n pessimistiese

brief: "The spirit of South Africa is crushed by the

disappointment, the ruin, the losses of the past ... I

sometimes ask myself whether South Africa will rise

again." Genl. JBM Hertzog het met ’n gevoel van

magteloosheid deur die strate van Bloemfontein gestap

en is aangegryp deur die ellende van sy volksgenote

wat hom hulpeloos, stom en verdwaas aangestaar het.

Pres. MT Steyn, dodelik siek, is na Nederland gebring

vir behoorlike behandeling.

Baie gou was hulle almal egter betrokke by

hulle mense en het so ’n wending aan die geskiedenis

van Suid-Afrika gegee.

Interessant is Smuts iemand na wie baie

Afrikaners vandag met nuwe oë kyk. Hy was gemoeid

met die “Kruger-miljoene” – wat in werklikheid maar

* Taalsosioloog en skrywer van Van Wyk Louw: ’n

Lewensverhaal (Kaapstad: Tafelberg, 1998)

net ’n paar duisend pond was. Ondanks sy aanvanklike

pessimisme het hy volgens ’n Afrikaans-nasionale

historikus, D.W. Krüger, besef dat die Afrikaners se rol

glad nie uitgespeel was nie, en dat hulle groter behoefte

gehad het as aan stoflike hulp alleen.

Hy vat (Die Kruger-miljoene, 73-74) Smuts se

opvattings saam: “Vir hom was die voortbestaan van

die Afrikanerdom, verarmd en politiek magteloos, op

die spel. Noodleniging was wel noodsaaklik, maar die

beskikbare fondse, versprei oor ’n groot aantal

behoeftes, sou min beteken. Pleks daarvan kon die geld

tot groter positiewe resultate lei indien dit vir hoër

oogmerke gemobiliseer en aangewend word.”

Dié “hoër” oogmerke was die handhawing van

die taal deur middel van eie skole en die

instandhouding van ’n volksbewussyn. ’n Eie pers was

nodig om die mense weer polities bewus te maak.

Hiervoor was die

ZAR-bates, wat in die oorlog

na Nederland oorgeplaas is,

van groot waarde. ’n Gewese

staatsekretaris van die ZAR,

dr. W.J. Leyds, het die geld in

die geheim vir nasionale

doeleindes na die Transvaalse

Afrikanerleiers gestuur.

Die Britse regering het

alles in sy vermoë gedoen om

dit in die hande te kry. ’n

Wydvertakte Britse geheime

diens in Europa het briewe

tussen Afrikanervriende onderskep

en die Milner-bewind

in Suid-Afrika op die hoogte gehou van party van

Leyds se stappe om die geld aan genls. Louis Botha en

Smuts in Pretoria te besorg. Alfred Milner het sekere

mense en instellings laat dophou om vas te stel wie

bystand kry en van wie af dit kom.

Nieteenstaande al die Britse stappe het die

bietjie republikeinse geld die leiers bereik. Binne ’n

paar jaar het hulle ’n hele netwerk van persorgane

gevestig en skole met ’n Afrikaanse gees opgerig,

waarin Engels nie die enigste voertaal was nie.

Die geld was net genoeg om ’n begin te maak.

Die gemeenskap self moes alles in stand hou.

Koerantberigte van dié tyd lewer getuienis van mense

se offervaardigheid. Sommige het ’n groot deel van hul

karige inkomste afgestaan aan skoolgeld, of het basaars

en konserte gehou om skole aan die gang te hou. Het

Westen, tans Volksblad, het jare lank gevaar geloop om

te sluit, en het soms sy plattelandse lesers gevra om

maar hul intekening met plaasprodukte te betaal as

hulle nie die geld in die hande kon kry nie.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 15 September 2006 | BLADSY 53

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!