02.05.2013 Views

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

• Ekonomierubriek

ANC-wending oor

ontwikkeling?

Deur Johan van Zyl *

I

s ’n nuwe innoverende benadering tot Plaaslike

Ekonomiese Ontwikkeling in die ANC se kaarte?

Op 14 en 15 Augustus verlede maand het ’n

belangrike konferensie plaasgevind, georganiseer deur

DPPR (Departement van Provinsiale en Plaaslike

Regering). Die doel was om hulle nuwe en verfrissende

benadering tot PEO (Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling)

bekend te stel, asook om ingeligte kommentaar

te verkry van ander tersaaklike instansies, veral in

regerings- en verwante kringe. Daarom het hulle dit

dan ook geadverteer as ’n “konsultatiewe konferensie”.

Oorhoofs was twee aspekte van die samekoms

belangrik en insiggewend, naamlik

• ’n sterk nuwe element in die beleidsfokus van

DPPR. Hierdie is veral gemik op die “dringende

behoefte om gemeenskappe op plaaslike vlak

regstreeks te betrek by besluitneming oor die

ekonomiese en maatskaplike vraagstukke wat hulle eie

wel en wee ‘op die grond’ raak”. Daar is gevolglik

verklaar dat ’n “nuwe gelyke vennootskap” tussen

(plaaslike) regering en verteenwoordigende groepe uit

plaaslike gemeenskappe in die praktyk ernstige aandag

moet geniet.

• begrip van DPPR se kant dat so ’n nuwe

benadering polities versigtig gehanteer sal moet word.

Hulle het inderdaad parlementêre goedkeuring verkry

vir die nuwe beleidsbenadering. Nogtans is hulle

klaarblyklik daarvan bewus dat sulke gedagtes bra

vreemd is in die groter politieke kultuur van ons land.

Trouens, bostaande element is sekerlik ’n drastiese

‘paradigmaverskuiwing’. Sal Mbeki (en die kabinet) en

veral tans die skynbaar baie invloedryke Trevor

Manuel – so ’n nuwe inisiatief goedkeur en dan nog

finansier ook?

Die slotopmerkings van die Adjunkminister van

provinsiale en plaaslike regering (me NE Hangana) om

die konferensie af te sluit, is insiggewend.

Die groot vraag wat gestel is, het gelui: “How can

local economic development, as discussed in this

Consultative Conference, hope to address the challenges

faced by South Africa in the global economy?” Die

implikasie is dat Suid-Afrika sal moet soek na ’n

uitvoerbare balans tussen lokalisering en globalisering -

vir die regering sekerlik ’n belowende nuwe aanslag!

Die Beleidsraamwerk

Die DPPR se benadering behels vier strategieë,

* Gemeenskapsekonoom

naamlik:

(a) die verbetering van vertroue in munisipaliteite

deur die mark en die publiek. Dit word beskou as ’n

kritieke eerste stap om investering te kan aantrek en om

lojaliteit in plaaslike gebiede te bou;

(b) identifisering en eksploitering van vergelykbare

en mededingende voordele in die 52 munisipale streke.

Die ontwikkelingsfokus val dus nie soseer op

individuele munisipaliteite nie, maar op die groter

streke waarbinne hulle funksioneer. Die net strek egter

duidelik landswyd;

(c) groter ondersteuning vir sakeondernemings. Dit

behels die bekende markgerigte KMMO- benadering,

dit wil sê, hulp aan klein, middelslag en mikroondernemings.

Dit is ook ’n belangrike faset van die

nuwe ASGISA-program (program vir versnelde en

gemeenskaplike groei in Suid-Afrika) – en kan aldus

dien as ’n sterk aanknopingspunt.

(d) Volhoubare ontwikkelingsgerigte GIP (Gemeenskapsinvesteringsprogramme).

“Empowering and

developing communities is probably the biggest

investment government can make in the development

of local economies”. Hierdie is die groot deurbraak –

maar tegelyk die groot uitdaging! Om ’n GIP

doeltreffend te kan deurvoer, sal baie en diepgaande

institusionele veranderings verg. ASGISA het dit in

hulle bekendstellingsdokument egter reeds duidelik

gestel dat hulle glad nie ten gunste is van institusionele

verandering nie. In die praktyk veroorsaak so ’n

benadering te veel (veral politieke) onsekerhede. Beter

om te hou by die meer konvensionele ...

Prosesvraagstukke

Vervolgens het die Adjunkminister klem gelê op

enkele belangrike prosesse om bostaande ‘WAT om te

doen’ prakties lyf te gee met behulp van riglyne

rondom ‘HOE om dit te doen’. Hier word verdere

innoverende (vir sommige selfs ‘rewolusionêre) aksies

uitgespel. Twee elemente verdien veral aandag:

• Dit is van kritieke belang om groeiende markte

binne plaaslike gemeenskappe te ontwikkel. “At this

stage it is very difficult for people in the ‘second

economy’ to sell goods in the ‘first economy’. This is a

major problem”. Die uitstaande punt hier is dat, byna

vir die eerste keer in amptelike kringe, ons dualistiese

oftewel dubbellaagekonomie korrek vertolk word!

Wanneer ASGISA byvoorbeeld na die ‘tweede

ekonomie’ verwys, bedoel hulle slegs die ou bekende

‘informele sektor’. Daar is geen begrip hier dat die

probleem in werklikheid veel groter is en wyer strek as

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 15 September 2006 | BLADSY 29

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!