FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK
FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK
FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
laat plaasvind nie: dit plaas ’n vraagteken oor die

volhoubaarheid van kernkrag.

Bestaan die politieke wil om

volhoubaarheid te bereik?

’n Belangrike bron van kommer vir sover dit die

omgewing betref, is die internasionale uitvoer van

gevaarlike afval vanaf ontwikkelde lande na

onontwikkelde lande. Laasgenoemde lande kan ’n

bedryf uit afval maak deur dit teen betaling te ontvang

en te berg. Natuurlik is dit ’n vuil spel, letterlik en

figuurlik. Die Basel-Konvensie van 1989, met inbegrip

van wysigings wat later aangebring is, plaas streng

beperkings op die oorgrensbeweging van gevaarlike

afval. Weereens het die VSA tot nog toe nie die

konvensie bekragtig nie, terwyl die EU die konvensie

in sy geheel in hul wetgewing ingebou het. Daarom is

daar waarskynlik wel internasionale vordering op

hierdie gebied.

Die implementering van die Kyoto Protokol is

’n voorbeeld van die internasionale pogings tot

volhoubare ontwikkeling wat moontlik kan misluk

weens gebrek aan die volle saamwerking van alle

partye. Die Kyoto Protokol is ’n internasionale verdrag

waarin 162 lande onderneem het om teen 2008 hul

vrystelling van sg. “kweekhuisgasse” (hoofsaaklik

koolstofdioksied en metaan) te verminder tot 5%

benede die die vlakke waarop dit teen 1990 was.

Menslike vrystelling van kweekhuisgasse in die

atmosfeer is hoofsaaklik die gevolg van die opwekking

van industriële energie en is een van die belangrike

faktore wat aardverwarming teweegbring. Lande wat

die verdrag onderteken het, het by implikasie

onderneem om hul industriële prosesse aan te pas om

minder kweekhuisgasse vry te stel en om dus die koste

van die vrylating van hierdie gasse te internaliseer. Die

implementering van sulke veranderinge is duur en sal

die pryse van energie beïnvloed. Die toestand word

versleg deur die feit dat die koste van internalisering

uiteindelik die vrystelling van kweekhuisgasse oor die

afgelope 15 jaar en langer sal moet neutraliseer. Die

Westerse wêreld het dus verskeie dekades “op skuld”

geleef in terme van die internalisering van die

skadelike uitwerking van kweekhuisgasse en die Kyoto

Protokol verseker dat ’n deel van hierdie skuld nou

ingevorder word. Die VSA en Australië het tot dusver

in gebreke gebly om die verdag te bekragtig: hulle

standpunt is dat die internalisering van die effekte van

kweekhuisgasse te duur is en hul ekonomieë sal skaad.

Die meerderheid van die besware wat die VSA opper

oor die geldigheid van wetenskaplike teorieë oor

aardverwarming het te make met die genoemde

ekonomiese agenda. Die Europese lande het so sterk

gevoel oor die implementering van die Kyoto Protokol

dat hulle op eie houtjie voortgegaan het met die

bekragtiging en implementering daarvan in hul eie

lande, onafhanklik van die standpunte van die VSA en

Austalië. Die bekragtiging daarvan deur Rusland het

die finale stukrag verleen om die verdrag te in werking

te stel in lande wat dit wel bekragtig het.

'n Duidelike voorbeeld van die gebrek aan wil

om volhoubaarheid te bereik, is die geskiedenis van die

oorbenutting van die wêreld se visbronne. In weerwil

van die Internasionale Konvensie oor Visvangs en die

Benutting van Mariene Hulpbronne (1958) sowel as

uitvoerige wetenskaplike inligting en voorspellings oor

die vernietiging van hierdie hulpbron is die meeste

visbronne van die wêreld sódanig oorbenut dat hulle

nie binne ons leeftyd na die oorspronklike vlakke van

beskikbaarheid voor oorbenutting kan herstel nie. Die

Voedsel- en Landbou-Organisasie (FAO) van die VN

verklaar dat die meerderheid van die visbronne óf ten

volle, óf oorbenut word en dat visvangste uit die see

ondanks nuwe tegnologie sedert 1987 staties was.

Verskeie visindustrieë in die noordelike halfrond het

verdwyn. In hierdie gevalle het goeie wetenskaplike

kennis nie die politieke wil aangewakker nie.

Uiteindelik bepaal die aantal mense die

hoeveelheid hulpbronne wat benodig word, synde dit

binne ’n bepaalde land of wêreldwyd. Die beperking

van bevolkingsgrootte is ’n baie onpopulêre onderwerp

in die onderontwikkelde wêreld. Die vraag of

volhoubaarheid van hulpbronne binne die bestaande

kapitalisiese stelsel behaal kan word, kan nie met ’n

duidelike “ja” of “nee” beantwoord word nie, maar

hang grotendeels af van die lewenstandaard waarop ons

staatmaak. Indien die materialistiese Amerikaanse

leefstyl aanvaar word, is die moontlikheid van

volhoubaarheid uiters skraal - trouens, die VSA

eksploiteer op sommige maniere die dissipline wat

ander lande aan die dag lê ten opsigte van

omgewingsbenutting. Indien die Europese, meer

besuinigende lewenstyl aanvaar word, asook die

mentaliteit wat daarmee saamgaan, is daar ’n

moontlikheid dat ons langer sal kan oorleef met die

bestaande hulpbronne.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 15 September 2006 | BLADSY 69