02.05.2013 Views

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

of:

Goud en silwer het ek lief,

met hul kartelrandjies –

Lank aan Pa my bedelbrief,

Kort bly die kontantjies.

Platsak sit ek tuis en kwyn,

En ek sien van verre

Net die maan se silwerskyn,

Goudlag van die sterre.

Dis miskien die allergrootste kompliment aan Eitemal

dat mense vandag waarskynlik glad nie weet wie die

pas aangehaalde woorde geskryf het nie. Vir hulle was

die woorde altyd daar, onvervreembaar deel van die

lied wat hulle sing; en hiermee word Mark Twain se

uitspraak omtrent ’n volksliedjie bevestig: “A song that

nobody ever wrote.”

Eitemal se liedtekste in die bekende FAKvolksangbundel

moet teen twee agtergronde gesien

word.

As voorsitter van die Johannesburgse

Kunsvereniging (1928-1935) het Eitemal dikwels

sangkompetisies vir solo- en koorsang gereël. Geskikte

musiek moes uit nood vertaal word, en hiermee het hy

sy leerskool as liedteksskrywer deurloop.

’n Tweede agtergrond is Eitemal se referaat

“Kulturele betekenis van die volkslied” (kyk Die

Huisgenoot van 29 Januarie 1932) wat by ’n

Kultuurkongres in Desember 1931 gehou is. Dié

referaat is ook ’n credo wat Eitemal se hele filosofie

omtrent volksang binne die volkslewe uiteensit – “’n

ritmies-melodiese vertolking van daardie volk se

innerlike wese,” sê hy op een plek.

Daarom verset hy hom dan ook heftig teen

“vreemde aangewaaide sentimentaliteite”, en teen die

“oorryp produkte van ’n oorryp, dekadente

beskawingslewe”.

Die ironie is dat so baie van die liedere wat in

die FAK-bundel opgeneem is, uit Europese tale vertaal

is, meestal uit Duits; ook die meerderheid van Eitemal

se liedtekste. (Herskeppings of herdigtings sou ’n beter

benaming wees as “vertalings”.)

Die Duitse Hoogromantiek, met sy hernieude

belangstelling in die volkse, is ’n onloënbare

kultuurelement in die Afrikaanse kultuurlewe van voor,

tydens en selfs ná die Tweede Wêreldoorlog. Sekerlik

het die Wandervögel-kultuur en die daaruitvolgende

Hitler Jugend-kultus hul intrede gedoen in die stap- en

piekniek-musiek van die Afrikaner; beslis in dié van

my generasie. Male sonder tal het ek in my

bergklimjare geluister “na my eie voeteval/op pad oor

berg en dal”.

As gewikste redenaar kry Eitemal dit byna reg

om die verduitsing van die Afrikaanse kultuur goed te

praat. “Volksliedere,” sê hy, “is die grootste

wêreldwandelaars,” waarmee hy op hul aanpasbaarheid

aan nuwe kulture dui.

Die verafrikaansing van “Sarie Marais”, “Die

brug op ons plaas”, “Wanneer kom ons troudag,

Gertjie?” is dus vir Eitemal aanneemlik, want “selfs as

ingeburgerde volksliedere is hulle frisser, gesonder,

lewenskragtiger as sommige van die goedkoop

ballademusiek . . . vandag.”

Of dié vertalings, mooi soos hulle is, die

“tuisnywerheid” voldoende gestimuleer het, bly ’n ope

vraag. ’n Veel sterker invloed op die tuisnywerheid

was die Musiek & Liriek-beweging van die 1980’s,

onder leiding van Merwede van der Merwe en Rosa

Keet.

Daar is ’n sterk ooreenkoms tussen sommige

gedigte in Weerklankies (1928) en Phaeton en ander

verse (1931) en Eitemal se “toegepaste verse”

(liedtekste), veral die sangerige verse wat soms met hul

titel reeds hul singbaarheid verklaar, soos “’n

Cabaretliedjie”, “’n Somerliedjie”, “Ligte liedjie”.

Dis tog jammer dat laasgenoemde lied later, in

Jan Bouws se verwerking, as “Ou Magjaar se liedjie”

bekend geraak het: die oorspronklike titel was minder

dubbelsinnig. Eitemal het inderdaad, ná die lees van ’n

bundel Engelse vertalings van Hongaarse (Magjaarse)

volksliedjies, tot sy eie skepping gekom (“Ligte

liedjie”); maar baie mense dink tot vandag toe dat Ou

Magjaar ’n volksmens is, stellig bruin, baie soos “Ou

Sagrys” en “Ou Flenterkatiera” van WEG Louw.

(Interessant dat albei Louw-broers in die 1930’s tot die

herontdekking van die volksliedjie gekom het – Duitse

invloed?)

Die drinklied speel ’n opvallende rol in

Eitemal se digwerk, en weer moet gevra word: Duitse

invloed? Dink aan “Kom nou kêrels”, ’n tradisionele

studentelied, verwerk deur Dirkie de Villiers, wat só

begin:

Kom nou kêrels, laat ons sing,

Skuif die boeke nou opsy!

Al die bitter jermiades,

al die skandes en die skades

van die bloktyd is verby.

Talle van Eitemal se liedtekste was “blitsarbeid”, soos

DJ Opperman Eitemal se opdragwerk noem. Soms, só

het Eitemal hom in ’n gesprek met my herinner, het hy

sommer ’n paar liedtekste op een aand geskryf. Enkele

liedtekste toon dan ook spore van oorhaastigheid, soos

’n “magtige dreuning” wat “gesweef” kom, of die twee

g’s wat onmiddelik op mekaar volg in die reël “Hoe

sag gly ons bootjie”, en betekenisverwarring kan skep.

Die hang na die retoriese en die clichématige

wat Eitemal se poësie soms ontsier, val minder op in sy

liedtekste. Die clichématige is trouens tiperend van die

meeste liedtekste, soos byvoorbeeld dié van Noël

Coward, wat toevallig ook hoogs produktief was in die

1920’s en 1930’s. Dis of ritme en klank die

clichématige in ’n liedteks demp of selfs besweer, soos

in die volgende strofe van Eitemal:

Hoor die blomme en die blare

Bewend van die winter praat,

Doodgedoemde martelare,

Siek, en van die son verlaat.

Selfs met bogemelde toegewing moet erken word dat

sommige van Eitemal se liedtekste reddeloos verouder

het. Party van sy nasionale oproepe, nogal bombasties

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 15 September 2006 | BLADSY 71

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!