02.05.2013 Views

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Kapitalistiese materialisme en

die etiek van die omgewing

WAT IS VOLHOUBAARHEID? DIE BEGRIP VAN

VOLHOUBAARHEID KOM UIT DIE BEWUS-

WORDING DAARVAN DAT MENSE NATUURLIKE

HULPBRONNE NODIG HET VIR OORLEWING.

HIERDIE HULPBRONNE WISSEL VAN SKOON LUG

EN WATER TOT BOUSTOWWE SOOS HOUT EN

METAAL.

Deur JWH Ferguson *

H

ierdie bewussyn was nie altyd daar nie, maar het

eers gedurende 1972 gestalte gekry toe

verteenwoordigers van 28 lande, insluitende die VSA,

bymekaargekom het vir die Stockholmse konferensie

oor die menslike omgewing. Hierdie konferensie het

die noodsaak beklemtoon van sterk optrede om skade

aan die menslike omgewing te beperk. Een van die

uitkomste van die konferensie was Earthwatch, ’n

wêreldwye omgewingsopname. Die Stockholmkonferensie

het daartoe gelei dat die Wêreldkommissie

vir die Omgewing en Ontwikkeling van die VN in

1987 die sogenaamde Brundtlandverslag uitgebring

het, genoem na Me. Gro Harlem Brundtland, die

Noorweegse voorsitter van die komissie. Die

Brundtlandverslag het beklemtoon dat baie armoede

wêreldwyd meegebring word deur ’n verswakkende

omgewing, en het volhoubare ontwikkeling gedefinieer

as “ontwikkeling wat a) die behoeftes van die huidige

geslag aanpak b) sonder om die behoeftes van

toekomstige geslagte in gevaar te stel”. Daar is baie

bykomende definisies vir volhoubaarheid, maar die

meeste daarvan sluit hierdie twee beginsels in. Hierdie

etiese reëls is ook beliggaam in die verskillende

verdrae wat gesluit is tydens die spitsberade in Rio de

Janeiro (die sg. Aardeberaad, 1992) en later in

Johannesburg (2002). Die beraad in Rio de Janeiro het

’n breë raamwerk gestel vir ’n verskeidenheid van

internasionale ooreenkomste. Die bekendste hiervan

was die Konvensie oor Biodiversiteit, wat gehandel het

oor die volhoubare benutting van en toegang tot

biodiversiteitshulpbronne. Dis ironies dat die VSA tot

op hierdie tydstip nog nie hierdie konvensie bekragtig

het nie: 188 ander lande het wel. Die oogmerk van

hierdie verdrae was om op internasionale vlak gestalte

te gee aan beleidstellings wat volhoubaarheid inhou,

soos verwoord in ’n dokument, Agenda 21. Die begrip

volhoubaarheid is baie verbreed binne die Suid-

Afrikaanse verband, gesien die politieke verlede van

ons land. So byvoorbeeld verklaar die Nasionale

Omgewingsbestuurswet (nr. 107 van 1998; NEMA) as

een van sy grondbeginsels dat “ontwikkeling

* Sentrum vir Omgewingstudies, Universiteit van Pretoria

volhoubaar moet wees in soverre dit die maatskaplike,

omgewings- en ekonomiese aspekte betref” (let op die

volgorde), asook dat “alle omgewingsbestuur mense en

hul behoeftes voorop (moet) stel en hul fisiese,

sielkundige, ontwikkelings-, kulturele en maatskaplike

behoeftes (moet) dien”. Die vraag wat ontstaan, is in

watter mate die voldoening aan maatskaplike behoeftes

die beskerming van die fisiese omgewing kan

beïnvloed (voordelig of nadelig), en of die klem nie

besig is om weg te skuif van ons onvervangbare

natuurlike hulpbronne, wat die hoofdryfveer agter

internasionale omgewingsbeleid sedert die Stockholmkonferensie

was nie.

Ekonomiese ontwikkeling

en volhoubaarheid

Paul Ehrlich, die bekende Amerikaanse bioloog, het ’n

sterk argument daarvoor uitgemaak dat lande wat

ekonomies onderontwikkel is, ’n baie kleiner per

capita-effek op die omgewing het as ontwikkelde

lande. Hierdie stelling is in ’n groot mate waar, want

inwoners van sentraal-Afrika het nie luukse

motorvoertuie met V8-enjins, dubbelverdiepinghuise of

rekenaarspeletjies nodig nie, en daarom is hul per

capita-omgewingsimpak baie laag. Byvoorbeeld,

inwoners van Bangladesh gebruik sowat 144 olie-kgekwivalente

per capita per jaar om energie te verskaf

vir oorlewing, terwyl die vergelykbare syfer vir die

VSA sowat 8 000 is, ’n vyftigvoudige verskil.

Sommige mense romantiseer om hierdie rede

onderontwikkeling. Wat waar is, is dat Westerse

ekonomiese ontwikkeling ’n groot omgewingseffek het

op enige land, selfs in die geval van onderontwikkelde

lande. ’n Land soos die Verenigde Arabiese Emirate se

per capita-energieverbruik het oor veertig jaar

toegeneem van ’n syfer vergelykbaar met dié van

Bangladesh tot 11 331, die hoogste verbruiksyfer ter

wêreld. Die dryfveer hieragter was natuurlik die

besteding van die reusagtige inkomste uit olieverkope

gedurende hierdie tydperk. Die VSA het tans ook een

van die hoogste per capita-omgewingsimpakte ter

wêreld met betrekking tot energiegebruik, vrystelling

van kweekhuisgasse en verskeie ander maatstawwe.

Kapitalisme en in die besonder materialisme het dus ’n

baie nadelige uitwerking op die volhoubaarheid van

omgewingshulpbronne. Die vraag is in watter mate

Westerse ekonomiese ontwikkeling gaan voortduur

voordat ons natuurlike hulpbronne soos olie, goud,

water en ander hulpbronne opgebruik is. ’n

Ekonomiese groeikoers van 6% (soos die Suid-

Afrikaanse regering in die vooruitsig stel) behels die

ooreenstemmend versnelde gebruik van beskikbare

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 15 September 2006 | BLADSY 67

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!