02.05.2013 Views

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

genoeg in die naam van die stryd teen apartheid

kontinueer.

Watter patrone of strukture kenmerk die

nasiestaat? Die belangrikste imperatief van die

moderne nasiestate is om die ruimte waaroor hulle

heers, te standaardiseer. Om dit te kan doen, is

“kennis” deur die nasiestate toenemend as ’n blote

instrument van burokratiese standaardisering ervaar.

Met behulp van dié herdefiniering van kennis het

nasiestate daarin geslaag om uniforme strukture aan hul

onderskeie grondgebiede neer te lê, dit is uniformiteite

waarvan die omvang tot op datum ongekend in die

geskiedenis van die mensdom was. Eén simboliese

orde en één materiële orde, soos gemanifesteer in eén

onderwysstelsel, één universitêre stelsel, één

gesondheidstelsel, één weermag, één polisie, één

vervoer-, pos- en telekommunikasiestelsel, één mark,

één geldstelsel, en - les bes - één taal is aan die ganse

werklikheid opgedwing.

Vanweë sy wil tot standaardisering ervaar

nasiestate altyd weer die veelheid van gemeenskappe

as ’n hindernis, dit wil sê die veelheid van

gemeenskappe met hul veelheid van kennisideale en

simboliese ordes, hul veelheid van herinneringe en

geskiedenisse, hul veelheid van deugde en ook

praktyke waarbinne hul deugde gekultiveer kan word,

en natuurlik ook hulle veelheid van tale, idiome en

aksente. Ter wille van standaardisering moet die

veelheid altyd weer opgeruim en onder die

uniformerende koördinate van sy burokratiese

rasionaliteit tuisgebring word. Uniformiteit is sy

hoogste imperatief. Met verwysing na die Franse

nasiestaat, miskien dié nasiestaat in die era van die

modernisme, skryf Eric Hobsbawm dan ook:

“Ethnicity, history, the language or patois spoken at

home, were irrelevant to the definition of ‘the

nation.’” 2

Om hul uniforme wil op almal af te dwing,

beroep meerderhede (dikwels ’n bepaalde etniese

meerderheid) hulself meestal op die “meerderheidsbeginsel”.

Laasgenoemde beginsel is in die begin van

die modernisme en met die opkoms van die nasiestate

tot ’n soort heilige beginsel uitgeroep. Voortaan is die

wese van die demokrasie daarmee geïdentifiseer. Met

behulp van die meerderheidsbeginsel het die nasiestate,

ten spyte van al die geweld teen minderhede en die

ondemokratiese optrede wat daarmee gepaard gegaan

het, dan ook ‘legitimiteit’ aan die proses van

standaardisering verleen.

Minderhede het daarenteen in die era van die

nasiestate eerder van dinge soos militêre, ekonomiese

en politieke mag gebruik gemaak om die ander

gemeenskappe aan hul wil te onderwerp en ’n uniforme

standaard op alles af te dwing. Maar watter weg ook al

gevolg is, die effek is altyd weer dieselfde:

Gemeenskappe word dikwels deur nasiestate onder

druk geplaas en selfs uit die weg geruim. Vóór die era

van die nasiestate was daar tientalle tale in Frankryk,

Engeland, Nederland en elke ander gebied in Europa,

die Amerikas en Afrika. Ná die vestiging van die

2 E. J. Hobsbawm, Nations and Nationalism Since 1780

(Cambridge University Press, 1990), p. 88.

nasiestate is hulle meestal en selfs binne enkele

dekades met slegs één taal vervang.

Apartheid was ’n tipiese manifestasie van ’n

nasiestaatlike minderheidsregering wat sy wil tot

standaardisering by wyse van ekonomiese, militêre en

politieke mag op ander gemeenskappe afgedwing het.

Vandag het ons met die teenoorgestelde situasie

te doen: Aan die hand van die meerderheidsbeginsel

word opnuut ’n proses van standaardisering deurgevoer.

Die effek daarvan op die verwikkelde tekstuur

van gemeenskappe is soortgelyk as dié in apartheid. In

terme van die wyse waarop die staat homself in al sy

geledinge opstel, is daar eenvoudig nie ’n diepgewortelde

sin vir die plurale nie. Vanweë sy strukturele

wil tot standaardisering sal dit ’n bo-menslike ingrype,

’n ware deus ex machina verg as daar hoegenaamd iets

tereg kom van die inheemse tale in Suid-Afrika. Die

heersende regering en die staat kan homself nie in

hierdie verband van sy verantwoordelikheid verskoon

deur die vinger te wys na die sogenaamde mense op

grondvlak wat hulle kinders na Engelse skole toe stuur

nie. Die feit is dat hyself alreeds by voorbaat deur ’n

kragtige netwerk van simbole die boodskap uitgestuur

het dat Engels die statustaal in die land is. En dat ons

almal eintlik niks is as ons nie eers dié magtige en

voortreflike taal bemeester het nie. Hyself is die

grootste agent van eentaligheid. Sy gebare tot die

teendeel grens aan geveins.

Die effek van die beleid van verteenwoordigendheid

as ’n praktiese manifestasie van die

meerderheidsbeginsel is verwoestend op die gedagte

van veeltaligheid ... en in die praktyk veral verwoestend

op die status en gebruik van Afrikaans. Prof. Koos

Malan het reeds in verskeie publikasies daarop gewys:

Deur die beleid van verteenwoordigendheid word ’n

stuk standaardisering ongeag welke talige tekstuur ook

al bruut op almal afgedwing. Op grond van die eis dat

die wil van die meerderheid binne elke konteks

verteenwoordig moet word, kan Afrikaans haarself in

bykans geen enkele instelling in die ganse land

handhaaf nie. Vanaf die kleinste tot die grootste

instellings moet almal in gelid met die wil van die

meerderheid gebring word.

Maar dit gaan hier nie net oor instellings wat

voor die wil tot standaardisering in ’n monolitiese

eentaligheid forseer word nie. Dieselfde meerderheidslogika

word ook dwarsoor die land teen die simboliese

universum van ’n gemeenskap soos die Afrikaners

gemobiliseer, met vernietigende implikasies vir die

respek wat ons demokrasie vir die veelheid van verhale,

geskiedenisse en herinneringe behoort te betoon. Die

wyses waarop die pleknaam-kwessie hanteer word, is

hiervan ’n voorbeeld. Die voorgestelde wysigings van

name soos Lydenburg en Potchefstroom, wat ’n

besondere betekenis in die geskiedenis van Afrikaners

het, is ’n flagrante vergryp teen die gedagte van ’n land

wat op ’n plurale etos gegrond is. As dit ’n demokrasie

is, is dit die demokrasie waarin die wil van die

meerderheid (en téén die uitdruklike bepalings van die

grondwet) die enigste effektiewe stem in instellings

geword het. Gemeet aan enige gebalanseerde opvatting

van die demokrasie is dit nie ’n demokrasie nie. Kortom,

deur die beleid van verteenwoordigendheid vertoon die

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 15 September 2006 | BLADSY 9

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!