FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK
FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK
FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
as vyandig ervaar. Hierdie ambisie voed ’n haat jeens

die Sjiïete wat al hoe meer algemeen in Soennitiese

omgewings voorkom, konserwatief en andersins. In

Irak is daar nou selde ’n Soennitiese prediker wat nie

na Sjiïete as rawafidh (apostate) verwys nie – ’n

neerhalende term wat lankal gebruiklik geword het in

die woordeskat van djihadi’s soos Aboe Moessab al-

Zarkawi (vorige leier van Al-Kaida in Irak).

Die verwysing na “nasionalisme” is eintlik nie

voldoende om die gedrag van die Irakkese Sjiïete

tydens die konflik met Iran te verklaar nie, hoewel dit

in ag geneem moet word. Die proses van nasionale

opbou, wat in die eerste helfte van die twintigste eeu

begin is, het toe nog nie heeltemal misluk nie. In die

1970’s het die regime nog aktief hulpbronne na die

Suide versprei – dis waarom daar in dorpe soos

Diwaniya en Nassiriya groot kontingente vir die polisie

en die weermag gewerf is. Die plattelanders het nie die

kragtige landbouhervorming wat met die staatsgreep

van die Baath-party ingestel is, vergeet nie.

“Progressiewe” politiek het aan die regime die

ondersteuning van baie arm Sjiïete verseker.

Terselfdertyd het die totalitêre karakter van die regime

gelei tot uitwissing van die geloofsirkels van Najaf en

die uitroeiing van politieke projekte wat met die Baathparty

meeding – naamlik kommunisme en Islamisme.

Uiteindelik het die populêre weermag van meer as 500

000 man ook ’n sleutelrol gespeel deur die Sjiïete

onder dwang teen Iran te mobiliseer.

’n Keerpunt is bereik met die oorlog in 1991

en die opstande daarna, wat ’n fase ingelei het van

groeiende differensiasie tussen die kollektiewe

identiteite: toestemming tot outonomie, burgeroorlog

en toe die (ekonomiese) ontwikkeling van Kurdistan;

elders, die verwerping van die Staat se kliëntgerigte

verskaffingsmodel, wat vervang is deur ’n ekonomie

van roofsug en bevoordeling – ’n ekonomie gebaseer

op familiebande en ’n blinde vertroue in die Staat.

Hierdie verskuiwing is veral pynlik ervaar deur die

Sjiïtiese gemeenskappe wat voorheen die grootste

voordeel getrek het uit die moontlikhede van

maatskaplike vooruitgang wat deur die regime gebied

is – staatsamptenare, soldate en kleinhandelaars. Maar

dit het nie die Soennitiese Arabiere of die Christene

gespaar nie, selfs al het hulle oor die algemeen relatief

beter toegang tot hulpbronne gehad via hul

familiebande in Irak of in die buiteland. In die Suide is

daar by die verarming ’n politiek van ekonomiese

weerwraak gevoeg wat bedryf is teen die Sjiïtiese

buurte wat in 1991 by opstande betrokke was: ’n dorp

soos Hilla het tot 2003 slegs een of twee uur

elektrisiteit per dag ontvang. Dit het veroorsaak dat

werkswinkels en fabrieke verskuif is en het ’n uittog

van die arbeidsmag teweeggebring.

Nogtans het die begrip van die “Sjiïtiese

gemeenskap” as martelaar nie werklik posgevat voor

die val van die regime in 2003 nie – gesien as die

ondergang van die Soennitiese orde. Die sektariese

karakter van die toekenning van poste in die politieke

sisteem, soos bedink deur die Amerikaanse

administrasie, het oorgegaan in ’n vorm van

“wedywering tussen slagoffers”: elke akteur grond sy

mededinging om ’n magsposisie op die gewig van die

onreg wat hy verduur het. Die kampvegters van die

Opperste Vergadering vir die Islamitiese Revolusie in

Irak (OVIRI), gelei deur Abdoel Aziz Al-Hakim,

beklemtoon sodoende die talle martelaars in die familie

van hul leier, asook sy sleutelrol in die opstande van

1991. Die getroue militante van Moqtada al-Sadr,

daarenteen, verwyt hulle daarvoor dat hulle ballingskap

gekies het, dat hulle Irakkese oorlogsgevangenes

gemartel het ten bate van die Iraniërs en dat hulle die

rebelle in 1991 deur ’n voortydige onttrekking in Iran

in die steek gelaat het. Op hulle beurt word hulle

daarvan aangekla dat hulle die belange van die regime

dien en ’n hele aantal agente vanuit hul geledere

gewerf het.

Die herinterpretasie van die Irakkese

geskiedenis ingevolge ’n Soenniet-Sjiïet-tweedeling

gee die doodsteek aan “Irakkese nasionalisme”.

Irakiërs van verskillende agtergronde het nie meer

enige gemene verwysings nie: die merkers van hul

gemeenskaplike geskiedenis – soos die einde van die

monargie (1958), die staatsgreep deur die Baath-party

(1968), die Golf-oorlog (1991) en die Anglo-

Amerikaanse inmenging – is bitter twispunte wat die

sektariese skeiding weerspieël; nasionale hulpbronne

word nie meer herverdeel nie, maar opgeraap en

skaamteloos geprivatiseer; instellings word verskeur en

in eensydige vestings omskep. In die retoriek oorleef

daar wel vae verwysings na ’n Irak wat die skeidings te

bowe kan kom, maar die definisie hiervoor ontbreek

helaas. In die praktyk lê die reaksie op die verkiesing,

die arbitrêre geweld, die nepotisme en weergalose vlak

van korrupsie die belangrikheid van vertroue op iets

anders as ’n nasionale vlak bloot.

Hierdie situasie omskep Iran derhalwe nie in

’n nasie wat – noodwendig of “deur aanneming” – vir

die Irakkese Sjiïete is nie. In die suide van die land is

daar gemengde gevoelens jeens die Persiese bure.

Moqtada al-Sadr gebruik byvoorbeeld ajatolla Ali Al-

Sistani se Irannese herkoms om hom te bespot. Die

inwoners van die dorp al-Amara geniet dit om na dié

van Kout as “Perse” te verwys – in hulle oë ’n erg

minagtende term. Terwyl die portrette van ajatolla

Ruhollah Khomeini en sy opvolger Ali Khamenei oral

te siene is, erken slegs enkele figure op die politieke

verhoog die Irannese begrip van velayat-e faqih

(dogmatiese regering), pilaar van die Islamitiese

republiek van Iran. Die houding van ajatolla Sistani

teenoor sy Irannese eweknieë was nog altyd

diplomaties – hy vermy dit om sekere rooi lyne oor te

steek – en volkome onafhanklik. Dit sou verder

voorkom asof hy in Iran, in sy hoedanigheid as

vertolker van die geskrewe tekste, ’n belangriker rol as

die “gids” (ajatolla Khamenei) speel.

Iran plaas sy kaarte in Irak met groot

omsigtigheid op die tafel en oefen sy invloed deur talle

kanale uit. Teheran verkies die deelname van sy

bondgenote aan die politieke proses, om dit sodoende

beter te oriënteer, terwyl hy alles doen om bande met al

die politieke akteurs te smee, insluitende Moqtada al-

Sadr, geswore vyand van die OVIRI. Op ’n meer

plaaslike vlak borg Iran klein groepe, soos Tha’r Allah

in Bassora, sonder om sy rol daarin noodwendig uit te

basuin: aanvalle teen die koalisie word nie links en regs

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 15 September 2006 | BLADSY 49