FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK
FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK
FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
om organisasiemandate uit te voer (deur bv. ’n swart

persoon of ’n vrou in ’n komitee te hê), is hierdie

praktyk onvrugbaar as die geteikende persoon bloot

daar is om gesien, maar nie gehoor te word nie. Swart

mense en vroue wat in sodanige strukture dien, voel

dikwels gefrustreerd omdat dit nie ongewoon is nie dat

hulle bydraes geïgnoreer word. As ’n mens in

aanmerking neem dat om te praat nie slegs ’n proses is

waardeur ons idees van een kop na ander koppe

verplaas nie, maar ook ’n belangrike aspek van selfheid

(positiewe selfbevestiging), kan niks meer vernederend

as ’n daad van nie-erkenning wees nie.

Terwyl die boorling (native) in bogenoemde

voorbeelde sy stem geheel en al ontsê word, word hy of

sy in sommige omstandighede toegelaat om ’n opinie

te verwoord, solank dit deur die stem van ’n

nieboorling (non-native) verwoord of op een of ander

manier versag word. In so ’n geval word iemand ’n

woordvoerder vir die swart stem of probeer hy

kwalifiseer. Waarom daar nie na die swart stem as

sodanig geluister word nie, is ’n saak van kommer.

Waarom moet die swart stem verpak word in ’n ander,

histories bevoorregte posisie voor dit ’n gehoor kan

bereik? Die deurlopende miskenning van hulle stemme

het al menige swart mens gefrustreer. ’n Kwalifikasie

is hier aan die orde: ek betoog nie dat sekere

standpunte aanvaar moet word bloot omdat hulle deur

swart mense verwoord word nie, maar eerder dat die

idee van dialoog die gelykheid van die deelnemers aan

die gesprek vooronderstel, sodat alle stemme gehoor

moet word. Dialoog erken die Ander, met wie ’n mens

kan saamstem of verskil. Enigiets anders is

skyndialoog. Ek is bevrees dat transformasiepogings in

die meeste organisasies deurspek geraak het van

skyndialoog wat daarop gerig is om die staat te paai.

Tot die mate waartoe swart mense bereid en gewillig is

om gekoöpteer te word in vernederende,

skyndialogiese ontmoetings waar hule opinies nie

ernstig opgeneem word nie, en solank hulle bereid is

om verdra te word omdat hulle nie moeilikheid maak

nie, het ons die transformasieprojek in die steek gelaat.

Begrip van die

Ander se leefwêreld

Terwyl die verskraling van transformasieprobleme tot

kommunikasiemislukkings (mis-verstand) op

ideologiese selfmoord neerkom – die soort selfmoord

dikwels deur transformasiekonsultante gepleeg – is

bereidheid om met die leefwêreld van die Ander om te

gaan, insluitend om vlot in die ander se taal en

kommunikasiepraktyke te wees, steeds kritiek.

Histories het die las van om tot terme te kom met en

selfs aan te pas by die veelvuldige leefwêrelde wat ons

diversiteit as ’n nasie vorm, vierkant op die skouers

van die (voorheen) ontkieserdes gerus. Dus, terwyl dit

as vanselfsprekend beskou is dat swart mense Engels

en Afrikaans vir onderwys- en beroepsdoeleindes moes

leer, het dieselfde nie die blanke bevolking gegeld nie.

In die swart bevolking het vlotheid in Europese tale

(hoofsaaklik Engels) ’n doel in sigself geword: dit is

beskou as blyk van ’n meerdere intellek (en is ryklik

beloon).

Tot vandag en in weerwil van grondwetlike

waarborge bly Afrikatale onsigbaar in openbare en

akademiese diskoers. ’n Mens sou dit miskien verstaan

as die meerderheid Suid-Afrikaners vlot was in die

betrokke Europese tale (terwyl kennis geneem word dat

oortuigende argumente ten gunste van Afrikatale ook

uit ander hoeke gevoer kan gevoer word), maar dit is

nie die geval nie. My ervaring in klasgee by ’n tersiêre

instelling vir meer as tien jaar het my tot die

gevolgtrekking gebring dat op die intreevlak die

meerderheid swart Suid-Afrikaanse leerders Engels nie

voldoende bemeester het nie om dit as denkinstrument

in te span (d.i. om abstrakte wetenskaplike idees te

hanteer en weer te gee), en dit sluit nie noodwendig

voormalige model C-leerders uit nie. Die meeste swart

leerders is gewoond aan kodewisseling in hulle

alledaagse gesprekke. Hierdie modus van

kommunikasie word ook deur swart onderwysers op

alle vlakke van skoling gebruik. Die kort en die klaar

daarvan is dat daar ’n gaping bestaan tussen die

alledaagse leefwêreld van die swart leerder en die

onderwysomgewing, met die onderrigtaal (en watter

sosiale en kulturele praktyke ook al daarin ingebed is)

wat ’n reuse bydrae tot hierdie gaping lewer. In

weerwil van dwingende getuienis van sielkundige

studies wat dui op die meerderwaardigheid van

moedertaalonderrig in veral die vroeë vormingsjare, het

hierdie kwessie nie die aandag wat dit in Suid-Afrika

verdien, geniet nie. Die vraag na die verband tussen

transformasie en taal is natuurlik nie beperk tot die

opvoedkundige sfeer nie: dit deurtrek alle aspekte van

ons lewens, insluitend die ekonomie en die staatsdiens.

Hiermee ’n anekdotiese voorbeeld: Ek het al meer as

een keer voorvalle meegemaak waar ’n swart kliënt

gevra is om eenkant toe te staan omdat die bankteller

nie met haar kon kommunikeer nie, en dit in ’n bank

waar die meerderheid kliënte ooglopend swart Afrikane

was. Dit het nogal ’n hele rukkie geneem vir die tolk,

’n skoonmaker, om tot haar redding te kom!

Transformasie moet daarom aandag skenk aan die

vraagstuk van taal, met inbegrip van die magsdinamika

ingebed in die praat van ’n taal.

Laat ek my nou bepaal by die vraag na die

verstaan van die Ander se kommunikatiewe praktyke

(in plaas daarvan om taal as sodanig te verstaan). Ook

hier het apartheid ons ’n gevoelige slag toegedien. Die

geografiese skeiding van swart en wit gemeenskappe

het beteken dat daar min of geen geleenthede was om

informeel te verkeer nie (om maar te swyg van op ’n

gelyke basis), selfs in situasies waar die betrokke

gemeenskappe ’n hanetreetjie van mekaar gewoon het.

Na 12 jaar van demokrasie bly ruimtelike hindernisse

verskans, ofskoon op ’n sielkundige vlak. Swart

beweging (incursion) na “wit ruimte” is nie geëwenaar

deur wit beweging na “swart ruimte” nie. Dit is egter

nie my bedoeling om oor ras, ruimte en een of ander

weergawe van die kontakhipotese hier te praat nie: Ek

stel die kwessie hier aan die orde ten einde voor te stel

dat in weerwil van die demokratiese bedeling bly die

geleenthede vir wit mense om hulleself volledig in die

leefwêreld van die swart mens te dompel so seldsaam

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 15 September 2006 | BLADSY 37