02.05.2013 Views

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

weefsel van gemeenskappe nie aan die ontbindende

werking van staatsentralistiese magte of die heerskappy

van die mark uitgelewer is nie.

Die FAK is daarvan oortuig dat die weg na

ekonomiese herstel van Afrika in en deur die

gemeenskappe en hul produktiewe deelname aan die

ekonomiese lewe sal geskied.

Die FAK is ook daarvan oortuig dat die

ekonomiese eise wat vandag aan die gemeenskappe

van Afrika gestel word, nie van die kulturele eise

geïsoleer kan word nie. Die taalsosiologie het dit reeds

telkemale in die jongste verlede bewys: ‘ekonomie’ en

‘kultuur’ gryp in op mekaar. Waar die een ’n

skeppende werklikheid is, het dit ook ’n positiewe

uitwerking op die ander een. Waar moedertale bevorder

word, daar het dit ook ’n skeppende gevolg op die

ekonomie. Kortom, waar die veelheid van Afrika-tale

bemagtig word, daar sal die gemeenskappe ook

bemagtig word om op ’n selfstandige wyse aan die

ekonomie deel te neem.

9). Die FAK strewe ’n verstandige verhouding met

die regering na. Daarmee word bedoel dat

Afrikaners met betrekking tot die regering

anderkant die uitsiglose spel tussen ‘samewerking’

en ‘opposisie’ behoort te tree. Sowel die een as die

ander kan, gegewe die eise van die tyd, nodig wees.

Enersyds behoort Afrikaners hul samewerking

aan die regering te bied waar dit enigsins moontlik is.

Andersyds behoort Afrikaners hulself die reg

voor te behou om hulself krities uit te laat oor praktyke

wat nie hulself en die demokratiese bedeling dien nie,

soos met die ondemokratiese gevolge verbonde aan die

beleid van verteenwoordigendheid, die miskenning van

Afrikaans in die openbare lewe, die omvattende

psigiese en maatskaplike ontwrigting wat misdaad en

die geweld teen die boeregemeenskap tot gevolg het,

die skokkende omvang wat emigrasie vanweë

bogenoemde faktore onder ons mense aangeneem het,

ensovoorts.

10). Die FAK strewe skeppende bondgenootskappe

na tussen die veelheid van selfrespekterende

gemeenskappe in Suid-Afrika, Afrika en elders in

die wêreld (soos met die stamlande van Afrikaners).

11). Die FAK glo daarin dit ´n ander wêreld as die

een van totale verbruik en geweld moontlik is.

Daarom vind die FAK aansluiting daardie

demokratiese kragte wat vandag in die

alterglobaliseringsbeweging vir ´n demokratiese,

vreedsame wêreldorde werk.

12). Die FAK beskou die ekologie nie as ´n

onderdeel van die ekonomie nie, maar as die

voorwaarde daarvan. Daarom is die FAK verbind

tot ´n ekonomiese bestel waarin selfstandigheid

eerder as rykdom nagejaag word, en waarin die

ekonomie en die ekologie in harmonie staan. So ´n

ekonomie is nie een waarin die mensgemaakte

massa-armoede van ons tyd enige plek het nie.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 15 September 2006 | BLADSY 15

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!