02.05.2013 Views

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Irak en ooreenstemmend met sy “Nuwe Midde-Ooste”projek,

weier die VSA om die Land van Seders in die

wentelbaan te laat van die Siries-Irannese spil, waarvan

Hisbollah volgens hom ’n blote uitvloeisel is: hy

beplan dus om laasgenoemde uit te wis. Die resolusie

veroordeel enige verlenging van die mandaat van die

Libanese president, Emile Lahoud, (wat beskou word

as hoofsteun van wat die VSA tot “terroriste”organisasie

verklaar het); dit eis die onttrekking van

Siriese troepe, die ontplooiing van die Libanese

weermag in Suid-Libanon en die ontwapening van alle

burgermagte – met ander woorde Hisbollah − wat egter

in Libanon en die res van die Arabiese wêreld as

“weerstandsbeweging” bestempel word, maar ook

Palestynse organisasies wat nog daar is.

Met ongebruiklike stiksienigheid neem die

Franse diplomatieke diens die leiding in hierdie

resolusie, ongetwyfeld ter wille van versoening met die

VSA ná die onenigheid aangaande Irak. Maar

terselfdertyd dompel dit Libanon in ’n volslae

destabilisering en neem hom terug na die situasie

waarin hy tussen 1975 en 1990 was: ’n gevegsterrein

vir al die vyandelike magte van die Midde-Ooste. Die

planne om die suide van Libanon opnuut te beset, word

dus van stapel gestuur. Aan hulle kant werk die VSA

en Frankryk ná die moord op Rafik Hariri aktief mee

om ’n plaaslike mag in Libanon tot stand te bring wat

gunstig teenoor die Amerikaanse denkwyse sal staan:

dié sogenaamde mag van 14 Maart word saamgebind

rondom die Hariri-familie en mnr. Joumblatt.

Die Veiligheidsraad buit boonop die moord op

die voormalige premier uit om ’n indrukwekkende

reeks resolusies aangaande die saamstelling van ’n

internasionale ondersoekkommissie te aanvaar, gevolg

deur verdere resolusies vir ’n internasionale hof, asook

herbevestiging van die noodsaak dat die Libanese

regering resolusie 1559 toepas. Hierdie bedrywigheid

van die VN se hoogste liggaam vorm ’n vreemde

kontras met sy passiwiteit toe Israel in Julie 2006 die

ganse Libanese volk gyselaar gehou het, hele streke

verwoes, honderde inwoners doodgemaak en

tienduisende ander tot ’n gevaarlike uittog gedwing het

Klaarblyklik bly Libanon ’n aansienlike

steurnis vir Israel en die “internasionale gemeenskap”,

wat hierdie buitensporige aggressie steun of lafhartig

laat voortduur, nes die gewelddadigheid wat teenoor

die res van Palestina uitgeoefen word. Die VSA en

Israel slaag in 2006 ewe min as met die “chirurgie” wat

hulle in 1982 toegepas en Libanon vir jare in lyding

gedompel het, as Palestina vandag.

Hou die “oorlog tussen beskawings”, die

teoretiese raamwerk vir die leerstelling van oorlog teen

“terrorisme” en “Islamitiese fascisme” wat die

Amerikaanse administrasie sedert 1992 voorhou, nie

die gevaar in dat Libanon opnuut tot ’n bloedige

interne oorlog tussen gemeenskappe gedryf sal word

nie? Sal Libanon se roeping as simbool van

godsdienstige pluralisme, wat die Israeli’s so dwars in

die krop steek, teen hierdie jongste mishandeling

staande kan bly? Dit is gerusstellend om te sien dat die

meerderheid Christene in Libanon, in teenstelling met

hulle gemoedstoestand in 1975, hul intellektuele en

politieke erfenis wat hierbo beskryf word, terugvind.

Generaal Michel Aoun, voormalige

bevelvoerder van die Libanese weermag wat tevergeefs

in 1989-1990 probeer het om Sirië uit Libanon te dryf,

kom nou na vore as die mees gewilde man in die

Christen-gemeenskap. Self ’n boorling van die

suidelike voorstede van Beiroet, verklaar hy sy

solidariteit met die nuwe teëspoed wat die land tref,

maar erger nog die Sjiïete-gemeenskap wie se

woongebiede verwoes is. Deur dit te doen, rig hy ’n

skans op teen ’n nuwe onenigheid tussen

gemeenskappe wat die ongehoorde geweld van die

Israeliese optrede hoop om te skep. So ’n onenigheid

sou die beste middel vir die Joodse staat en sy

bondgenote in Washington wees om opnuut, soos in

1982, te poog om hierdie “rebelse” volk te breek en as

satelliet in te lyf.

Sal die propagandistiese sirenes van ’n

“botsing tussen beskawings” en die uitputting van ’n

hele land wat sedert 1975 alleen, saam met die

Palestyne, die aanslag van die Israeliese

oorlogsmasjinerie moes verduur, nie uiteindelik die

einde beteken van die bewonderenswaardige weerstand

wat die Libanese burgerlike samelewing teen al hulle

teëspoed bied nie? Sal die tallose leemtes en vaaghede

van die Veiligheidsraad se resolusie 1701 nie gebruik

word om Israel en die VSA toe te laat om hulle wil op

die Libanese regering af te dwing en in sy binnelandse

aangeleenthede in te meng, soos wat hulle voortdurend

sedert die aanvaarding van resolusie 1559 probeer doen

nie? Baie Libanese wil graag hê dat hulle land neutraal

in die konflik tussen Israel en Palestina moet word,

hom van sy Siriese hinterland moet afsny, en die soort

Monte Carlo word vir ryk olie-emirs in die nuwe

Midde-Ooste wat George Bush beloof het. Maar dié

ou, papbroekige droom sal Libanon nie in staat stel om

die historiese uitdagings waarvoor hy te staan kom, die

hoof te bied nie. En wat teenswoordig by almal spook,

is die skim van ’n burgeroorlog waartoe die VSA Irak

onder die dekmantel van “demokratisering” dryf, en die

botsing tussen Soenniete en Sjiïete wat die Arabiese

regimes met hulle onderhorigheid aan die VSA in die

streek aanblaas.

Hierdie disintegrasie dra by tot Israel en die

VSA se planne. Dit berei die weg na nog groter chaos

en lyding. Sal Libanon hom kan verdedig en die

merkwaardige vlaag van eensgesindheid onder al sy

gemeenskappe in die aangesig van hierdie aggressie

kan laat standhou? Slegs die toekoms sal ’n antwoord

hierop kan gee.

(1) Cf. Histoire du pluralisme religieux dans le bassin

méditerranéen, Parys : Geuthner, 1998.

(2) Cf. Youakim Moubarac, un homme d’exception, Beiroet:

La Librairie orientale, 2004.

(3) Die Egiptiese president Anwar El-Sadat gaan in 1977 na

Jerusalem, en sluit daarna in 1978, onder Amerikaanse

beskerming, ’n vredesverdrag met Israel: hierdie gebeure

ontketen opnuut geweld in Libanon (cf. Le Liban

contemporain. Histoire et société, Parys: La Découverte,

2005). Die Siriese front – op die besette Golanhoogland –

beleef daarenteen tot vandag toe ’n kalmte wat in teenstelling

staan met die langdurige destabilisering van Libanon.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 15 September 2006 | BLADSY 41

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!