FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK
FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK
FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
in aanslag, klink ver verwyder van die politiek van die

nuwe millennium; en talle van Eitemal se

liefdesliedjies is vir die eietydse smaak te onskuldig en

simplisties.

Het dié vereenvoudiging dalk met die tipiese

idealisme van die romantikus te maak? Ek herinner my

hoe Eitemal op ’n BTK-toer in die 1970’s opgegee het

oor jong BTK-lede, almal studente, wat dan ook “in hul

erotiese lewe kerngesond” sou wees. (’n “Kerngesonde

erotiese lewe” is natuurlik ’n verskuiwende begrip.

Wat vir een mens ’n elikser is, is vir die ander gif; en

so was dit van altyd af.)

Die (Suid)-Afrikaner het sedert 1931 (die jaar

van Eitemal se referaat) ’n stadskultuur ontwikkel,

plaasromantiek van die óú soort is vir altyd daarmee

heen. Die volgende reël van Eitemal gaan hoegenaamd

nie meer op nie: “Die liefde is nog ’n natuurlike uiting

van somerwarme lewensvolheid, die beminde is ’n fris,

gesonde Boerenooi, wat jy met ’n spogperd moet

benader voor die huwelik, en met ’n rooiwielwa en ’n

rooi span osse moet wegneem na die huwelik.”

Die verse en liedtekste waarin Eitemal op sy

boertigste is, toon ’n veel sterker oorlewingsvermoë as

sy sentimentele verse. Die ruie boerehumor van sy

Wes-Transvaalse verhale in Skaduwees teen die muur

weer vanself sedeprekery, en so ook die humor in

byvoorbeeld die slotstrofe van “Die kreukels in haar

rok”:

Ek ken ’n Boerenooi

Met wange glad te rooi,

Doedeldidado, doedeldidaho!

En oog wat nie meer jok

En kreukels in haar rok.

Doedeldidado, doedeldidaho!

(Net jammer van die gejodel doer op die vlak van Wes-

Transvaal.)

Daar is ook ander tekste in die FAK-sangbundel, van

ander skrywers, wat nie rekening hou met die

dilemmas van eietydse Afrikaanssprekendes nie; jong

mense vir wie selfs Koos du Plessis se “Sprokie vir ’n

stadskind” te romanties is.

Desondanks en desnieteenstaande kan

eietydse liedteksskrywers baie van Eitemal, ons eerste

liedteksskrywer, leer. Sy liedtekste is toeganklik en

hoogs singbaar, en hieraan, onder andere, dank hulle

hul oorlewing. Hoeveel van vandag se liedtekste gaan

nog na sewentig jaar met oorgawe gesing word? (Laat

maar vir een oomblik van die Duitse “bloudruk”

vergeet word.)

Dis jammer dat Eitemal so skraps toegegee

het aan sy “dekadenter” self; soms in “’n liedjie van

verlange”, soms in ’n versigtige kabaretliedjie; dikwels

in drinkliedere, soos in die volgende eieskepping:

Nog ’n skuinse grappie, kêrels,

Nog ’n glasie wyn,

En die gore werklikheid

Sal in mis verdwyn.

Vonkelwyn en skaterlaggies

Sprinkel oor ons leed,

Tot ons al die muf misérie

Om ons heen vergeet.

Styf gearm huis toe slinger

Onder singlawaai,

Wyl die dronk ou wêreld om ons

Rondomtalie draai.

Bogemelde gedig, “Drinklied”, pleit om toonsetting,

selde deur wie, man of vrou, maar verkieslik uitgevoer

deur ’n man, want manlike erotiek lê smeulend ingebed

in hierdie “dekadente” teks.

Die tweespalt in Eitemal se psige is nooit

bevredigend opgelos nie. Hy het, soos talle

baanbrekers, voorrang verleen aan wat hy gevoel het sy

openbare taak is, eerder as om te doen wat hy wíl doen

en wat vir hom persoonlike plesier verskaf.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 15 September 2006 | BLADSY 72