FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK
FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK
FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
States to play.’

Slegs ’n jaar later het Mbeki Bush besoek en hom

die volgende meegedeel: “I appreciate very much the

commitment you have demonstrated now for some

years with regard to helping us to meet our own

domestic South African challenges, as well as the

challenges on the African continent.” In daardie

stadium het die openbare samelewing in die VSA se

sienswyse teen die aanwesigheid van Washington se

troepe in Irak gedraai. Met herinneringe van die

mislukte VSA-sending in Somalië het Mbeki Bush

geweldig gehelp met sy aanbod van Afrika-soldate –

nie VSA-soldate nie – om die kontinent te polisieer.

“We’ve got the people to do this – military, police,

other – so long as we get this necessary logistical

support. I think that’s what’s critically important”, het

hy verklaar. Bush het heelhartig saamgestem, maar met

dien verstande dat die opening van basisse in kritieke

Afrika-terreine hierby uitgesluit word.

VSA - militêre hulp was ’n sensitiewe kwessie, want

om die ‘kritiek belangrike’ logistieke steun te verkry, eis

Bush ’n besonder gewigtige quid pro quo: blootlegging

van die Internasionale Kriminele Hof (International

Criminal Court). In 2003 was Suid-Afrika een van die

lande wat glo VSA - militêre hulp ter waarde van ’n paar

miljoen dollar ingeboet het omdat dit ingestem het om met

die Hof saam te werk teen VSA -burgers – byvoorbeeld die

Pentagon en Staatsdepartemente se oorlogsmisdadigers –

as en indien hulle aangekla en verhoor sou word. In 2005

het dit egter aan die lig gekom dat Washington in plaas

daarvan om Pretoria ten opsigte van militêre hulp op die

swartlys te plaas, bloot militêre befondsing vir Suid-Afrika

deur sy Europese beheerpos in Stuttgart gekanaliseer het

sodat twee addisionele bataljonne vir Afrika-sendings

beskikbaar gestel kan word. Op sy beurt sou dit weer

Washington se imperiale las met betrekking tot die

polisiëring van Afrika verlig.

In ruil hiervoor het Mbeki ’n setel in die VN-

Veiligheidsraad verlang. Tydens die ernstigste veldtog

in Augustus 2005 het hy nie sy sin gekry nie,

gedeeltelik vanweë opposisie teen sy Bantustanleiersrol

deur die AU (Afrika-Unie), wat ’n kompromis

verwerp het wat twee Afrika-setels sonder vetoreg

behels, asmede setels vir Duitsland, Japan, Indië en

Brasilië. Feitelik het Mbeki die AU ’n globale neo-

apartheidsoplossing aangebied waarvolgens die nuwe

lede aan die tafel mag sit, maar oneindig minder mag

het as die vyf staande permanente lede, wat vetoreg oor

Veiligheidsraadaangeleenthede kan uitoefen.

Dit het nie veel verskil van die

apartheidshervormingstrategie wat in 1983 deur PW

Botha voorgestel (en deur die ANC, die UDM (United

Democratic Movement) en ander aktiviste verwerp is)

om die mag van die meerderheid met behulp van

eiesoortige burgerskapregte te verskraal nie.

Om enigsins vertroue in die VN te stel as oord vir

progressiewe steun – of selfs wrywing teen die mag van

die VSA – was in daardie stadium in elk geval ’n

dwaling. ’n Formidabele blok van neokonserwatiewe

en neoliberale manne (en soms vroue) het al aan die

stuur van multilaterale sleutelinstellings gestaan. Die

Europese Unie se keuse van die Spaanse

neokonserwatiewe Rodrigo Rato as besturende direkteur

van die Internasionale Monetêre Fonds in mid-2004 is in

Januarie 2005 opgevolg deur die nuwe hoof van

UNICEF (United Nations Children’s Fund), Bush se

landbouminister Ann Veneman (ook al was die VSA en

Somalië die enigste twee verteenwoordigers uit 191

lande wat geweier het om die VN se Konvensie oor die

Regte van die Kind te onderskryf). ’n Maand later is

die uittredende neoliberale hoof van die WHO

(Wêreldhandelsorganisasie), Supachai Panitchpakdi

van Thailand (wat beide VSA - en EU-belange van

2003-05) gedien het, gekies om die VN se Konferensie

oor Handel en Ontwikkeling te lei. In Bush se grootste

staatsgreep is Paul Wolfowitz – ’n deurtrapte

oorlogsmisdadiger – in Maart 2005 verkies om die

leisels van die Wêreldbank op te neem, kort na ’n paar

raadplegende telefoonoproepe van Bush aan Mbeki en

’n paar ander nasionale regeerders. Teen die aanbreek

van die April 2005-byeenkomste is die

komiteevoorsitter en SA Minister van Finansies, Trevor

Manuel, tot morele steun aan die nuwe leiers

gereduseer: ‘… both Rodrigo here and Paul Wolfowitz

are wonderful individuals, perfectly capable’

(Wêreldbank 2005). Die Europese Unie se taai

handelsonderhandelaar, Pascal Lamy, het ’n paar weker

later die direkteurskap van die

Wêreldhandelsorganisasie gewen. As finale maatreël

om te verseker dat Washingon se instruksies aan Kofi

Annan so eksplisiet as moontlik bly, het Bush John

Bolton as VSA -ambassadeur aan die VN aangestel.

Maar Washington het ook op sy vriende in Pretoria

gesteun vir bystand.

Die imperiale agenda

Wat voer VSA -beplanners in die mou in Afrika? Die

tydperk in die 1990’s na die mislukte ingryping in

Somalië, toe Washington se leunstoelvegters Afrika uit

die sig laat gly het, kon moontlik tot ’n einde gekom

het met 11 September. Een van die skerpste kritici van

die VSA se Afrikabeleid, Bill Martin (2004), voer aan

dat “The discourse of internal and international

terrorism is thus not simply substituting for the

ideology of the Cold War, but is forging new military

and ideological networks as capable of repressing

internal dissent as pursuing ‘foreign’ terrorists.”

Die VN het ’n Africa Contingency Operations and

Assistance Programme ingestel om gunsteling-militêre

magte te steun. Weermaggeneraal Charles Wald, wat

die Afrikaprogram van die Europese Bevelsgroep

aanvoer, het die BBC vroeg in 2004 meegedeel dat hy

beoog om vyf brigades met 15,000 man in

samewerking met streeksvennote insluitende Suid-

Afrika op die been te bring.

Afrika bly ’n belangrike gebied in Washington se

offensiewe teen militante Islamitiese netwerke, veral in

Algerië en Nigerië in die noordweste, Tanzanië en Kenia

in die Ooste, en Suid-Afrika. Beheer oor Afrikaimmigrasie

na die VSA en Europa is van kardinale

belang, deels vanweë die uitbreiding van die VSA styl

van gevangeneming via privaatsektorfirmas soos

Wackenhut, wat in geprivatiseerde Suid-Afrikaanse

gevangenisbestuur belê het, saam met die berugte

Lindela-uitleweringskamp vir ‘onwettige immigrante’.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 15 September 2006 | BLADSY 62