02.05.2013 Views

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Libanese en 300 000 Israeli’s). Sulke verskuiwings as

gevolg van ’n oorlog is gewoonlik eenmalig.

Daarenteen is internasionale verhuisings van

arbeidskrag struktureel en raak dit 175 miljoen mense.

Want vanweë verhoogde produktiwiteit kan

ekonomiese groei, wanneer dit aanwesig is, rykdom

skep, maar nie meer genoeg werksgeleenthede nie.

Selfs China, wat ’n groeikoers van oor die 9% beleef,

skep ongeveer 10 miljoen werksgeleenthede per jaar,

wat twee maal minder is as die aantal mense wat nuut

tot sy arbeidsmark toetree ... (16).

Die origes moet hulle by armoede berus, of

emigreer. Maar in die geheim. Want “die markekonomie,”

soos die historikus Eric Hobsbawm opmerk,

“bevoordeel die vrye sirkulering van alle

produksiemiddele. Met die uitsondering van

arbeidskrag wat grotendeels onder staatsbeheer bly”

(17). Hordes mense, dikwels jonk en gesond, waag

hulle lewens (ons het dit in Melilla gesien, en ook in

die Kanariese eilande), om die planeet se skaars eilande

van voorspoed te bereik. Meer as 20 miljoen van hulle

het dit reggekry in die VSA (18), wat soos Europa nou

die kwessie van onwettige immigrante ooreenkomstig

nasionale veiligheidsmaatreëls hanteer. Maar die bom

van onwettige immigrasie het nog nie ontplof nie. Dié

grootskaalse menslike drama sal alle ontwikkelde

gemeenskappe swaar tref.

Tiende oorweging. Op 14 Julie 2006

bombardeer Israeliese vliegtuie die brandstof-reservoirs

van die kragsentrale van Jiye, suid van Beiroet.

Ongeveer 15 000 ton olie word in die see gestort.

Begin Augustus bereik die swart gety ’n derde van

Libanon se strande, beweeg tot by die Siriese kuste, en

bedreig Ciprus, Sirië, Turkye, Griekeland ... en Israel

(19).

Hierdie ekologiese ramp, ’n “indirekte

gevolg” van die vyandelikhede, herinner daaraan dat

omgewingsverwante probleme hoogs strategies gaan

word. By die G8-spitsberaad in Gleneagles in Julie

2005 was die stryd teen aardverwarming reeds een van

die onderwerpe op die agenda. Teen slegs enkele grade

minder of meer sal die aarde nie meer dieselfde planeet

wees nie. Die styging van die seevlak sal ongekende

rampe teweegbring. Drastiese maatreëls is nodig. En

terselfdertyd beweeg ons nader aan die punt waar daar

nie meer genoeg olie – waarvan die verbruik die

kweekhuiseffek vererger – ontgin sal kan word om aan

die vraag te voldoen nie.

In hierdie kort oorsig oor die nuwe toestand

waarin die wêreld verkeer, blyk laasgenoemde

kwessies – die klimaatsgevaar en die einde van die

olietydperk – twee van die grootste uitdagings te wees

wat die mensdom die hoof sal moet bied.

(1) Op 15 Julie 2005 sluit die Chinese generaal Zhu Chenghu,

hoof van die nasionale verdedigingsuniversiteit, nie die

moontlikheid uit dat China ’n eerste kernaanval op die VSA

mag loods indien sy belange rakende Taiwan bedreig word

nie. Kyk Martine Bulard, “Sjina skud die orde in Asië”, Die

Vrye Afrikaan, 17 Augustus 2005,

http://www.vryeafrikaan.co.za/lees.php?id=314.

(2) Le Monde, 10 Augustus 2005.

(3) Newsweek, 24 Julie 2006.

(4) Kanaal van die Libanese Sjiïtiese Hezbollah.

(5) International Herald Tribune, Parys, 14 Junie 2006.

(6) Ter wille van die beginsel wat neokonserwatiewes na aan

die hart lê, dat demokrasieë nie onderling oorlog maak nie.

Dit veronderstel dat Israel vreedsaam naas ’n demokratiese

Palestina sou kon bestaan. Jerusalem het egter pas die

teendeel bewys. En die feite toon dat Washington die ergste

“vriendelike outokrasieë” bymekaarmaak (Egipte, Saoedi-

Arabië, Jordanië, Azerbeidjan, Pakistan) – lande wat nooit as

“gevorderde bastions van tirannie” bestempel is nie, maar wat

hulle verarmde, onderdrukte bevolking, sat van korrupsie, in

die arms van radikale Islamitiese organisasies dryf.

(7) Le Monde, 19 Julie 2006.

(8) Die verslag Guerre et paix au XXIe siècle, gepubliseer

deur die Human Security Center van die universiteit van

Brits-Columbië in Vancouver (Canada), dui op afname in die

aantal konflikte sedert die einde van die koue oorlog. Binne

die Europese Unie het die twee moorddadigste gewapende

organisasies, die Ierse Republikeinse Leer (IRA) en die

Baskiese Euskadi ta Askatasuna (ETA), besluit om die

gewapende stryd op te sê. Die IRA het sy kampvegters op 29

Julie 2005 aangesê om “hulle wapens neer te lê”, en die ETA

kondig op 22 Maart 2006 ’n “permanente wapenstilstand”

aan.

(9) ’n Verslag van Human Rights Watch reken dat “die

marteling van prisoniers in Irak deur die Amerikaanse

weermag toegelaat is”. Le Monde, 25 Julie 2006.

(10) Die Los Angeles Times onthul op 6 Augustus 2006 dat

die gruweldade wat deur die Amerikaners in Viëtnam

gepleeg is, meer was as wat gedink is.

(11) Cf. Joe Klein, “The Iran factor”, Time, 24 Julie 2006.

(12) Le Point, Parys, 20 Julie 2006.

(13) Aan ontwikkelingshulp het dié land slegs 18 miljard

bestee, oftewel 0,16% van die BBP!

(14) In 2005 het die VSA produkte ter waarde van 47,8

miljard dollar aan China verkoop, terwyl hy die ekwivalent

van 201,6 miljard uit dié land ingevoer het, dus ’n 153,8

miljard voordeel vir Beijing wat boonop Amerikaanse

skatkiswissels ter waarde van 320 miljard in besit het.

(15) Cf. Capital, Augustus 2006.

(16) Le Figaro, 20 Junie 2006.

(17) L’Express, 8 Junie 2006.

(18) International Herald Tribune, 29 Junie 2006.

(19) Cf. Caroline Pailhe, “Israël, Palestine, Liban: Le chemin

le plus long vers la paix”, GRIP, Brussels, 8 Augustus 2006.

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 15 September 2006 | BLADSY 21

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!