FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK
FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK
FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Afrikaners en die Toekoms

’n Kultuurstrategiese beoordeling

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners

16 September 2006

A

1. Inleiding

frikaners word vandag met ’n wesenlike vraag oor

die toekoms gekonfronteer: Is daar nog vir

Afrikaners as ’n unieke kultuurgemeenskap ’n toekoms

waarbinne hulle saam met die veelheid van ander

demokratiese gemeenskappe in Suid-Afrika ’n vrye,

gelukkige en voortreflike lewe kan najaag?

Om enigsins op ’n sinvolle wyse op dié vraag te

kan antwoord, word in die FAK-Manifes op ’n enigsins

omvattende wyse stilgestaan by ’n kultuurstrategiese

waardering van die stand van Afrikaners vandag. Veral

die volgende vier sake word hieronder uitvoerig ter

sprake gebring.

1. In die eerste afdeling word stilgestaan by die

uitgangspunt ten grondslag van hierdie kultuurstrategiese

beoordeling. Dit verwys na die voorwaarde

vir die verwesenliking van ons menswees. Ons gaan

hieronder uit van die standpunt dat ons menswees tot

sy reg kom in die balans tussen ons universele

mensheid (dit wat ons almal met mekaar deel) en dit

wat ons as ’n besondere kultuurhistoriese gemeenskap

kenmerk.

2. In die tweede afdeling word aangevoer dat

genoemde balans, wat dit vir ons moontlik maak om ’n

sinvolle bestaan te voer, vandag aan ernstige vorme

van ontwrigting onderwerp word. Dit hou verband met

die werking van twee historiese kragte: Vanweë die

proses van globalisering en die werking van die

nasiestaat (in sowel die apartheidsjare as vandag) word

die balans tussen die algemene en die partikuliere

versteur en word ons menslikheid en diepste op die

spel geplaas.

3. In die derde afdeling word met behulp van

die kultuurstrategiese onderskeid tussen ‘oordrag’

(kontinuïteit) en ‘kommunikasie’ (diskontinuïteit)

aangevoer dat Afrikaners die afgelope dekade ernstige

gebreke in hul vermoë tot oordrag en dus tot die

kontinuïteit van hulself as kultuurgemeenskap vertoon.

As die era van apartheid gekenmerk is deur ’n

oormatige klem op oordrag en kontinuïteit (met ’n

verlies aan openheid, ’n sin vir die ander en skeppende

denke), het Afrikaners vandag met die teenoorgestelde

te doen, naamlik ’n oormatige beklemtoning van

kommunikasie (met ’n verlies aan sin vir die toekoms).

4. Alhoewel die fokus van die FAK-Manifes

hoofsaaklik op ’n analise van die huidige stand van

Afrikaners val, word in die vierde en laaste afdeling

afgesluit met enkele riglyne vir ’n vrye, gelukkige en

voortreflike bestaan as unieke kultuurgemeenskap.

Die FAK-Manifes het nie in isolasie ontstaan

nie. Buiten dat dit sy ontstaan te danke het aan verskeie

interne gesprekke wat die FAK binne die bestek van ’n

jaar oor die saak gevoer het (onder meer binne die

konteks van sy lyfblad, Die Vrye Afrikaan), is dit ook

die gevolg van verskeie gesprekke wat hy landwyd met

gewone mense sowel as met leidinggewende figure uit

die georganiseerde kultuurlewe die afgelope 18 maande

gevoer het.

2. Uitgangspunt: Hegel se

“Konkrete Universaliteit”

Wanneer oor die stand van Afrikaners vandag nagedink

word, moet dit binne die breedste moontlike geestelike

horison gesitueer word. Die vraag is hoe ons universele

menswees tot sy of haar reg kan kom? Nog pertinenter:

Hoe kan die menswees van Afrikaners vandag tot hulle

reg kom? Die eerste paragrawe wil ’n antwoord op dié

belangrike vraag wees.

Vanuit ’n kultuurpolitieke perspektief gesien,

speel ons menswees af en kom dit ook tot sy of haar reg

in die spanningsveld tussen die universele en die

partikuliere, tussen die feit van ons algemene menswees

is en die feit dat laasgenoemde sigself tegelyk nie anders

as in en tussen ’n groot verskeidenheid van partikuliere

gemeenskappe manifesteer nie. Ons menswees speel nie

af in ’n pure abstrakte ruimte en tyd bokant die veelheid

van gemeenskappe en tradisies verhef nie, maar juis in

en tussen hulle. Slegs vanweë die beliggaming van ons

menswees in die veelheid van spesifieke gemeenskappe

kan dit hoegenaamd gestalte kry.

Tussen ons universele menswees en die

veelheid van gemeenskappe bestaan daar nie ’n blote

toevallige of ekstrinsieke verband nie, maar ’n

intrinsieke verband. Ons universele menswees kom met

ander woorde nie anders tot sy reg as in en deur ons

deelname aan ’n veelheid van gemeenskappe nie. In en

deur dié deelname gee ons hoegenaamd inhoud aan wat

dit beteken om mens te wees. Ons is daarom ook nie

soos wat dikwels beweer word in die eerste plek

vryswewende individue wat in beginsel bokant ons

gemeenskappe verhef staan en wat as’t ware slegs

agterna besluit tot watter gemeenskap ons wil behoort

nie. Vanweë die intrinsieke verband waarvan hierdie

sprake is, is ons altyd alreeds deel van ’n bepaalde

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 15 September 2006 | BLADSY 6