02.05.2013 Views

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

onne, is die einde van die debat nog nie sigbaar nie.

Dit is trouens ’n ope vraag of die einde van so ’n debat

ooit bereikbaar of wenslik is.

Die pogings van enige groep/volk/kultuur/

staat om hul eie toekomsideale en verwagtinge in ’n

verklaring tot woorde en waardes te bring, hang nou

saam met die vraag hoe hulle hulleself sien. Wat is

hulle identiteit, wat is hul waardes en wat is hul

belange op ’n gegewe tydstip? Vir Afrikaners het die

vraag al so dikwels konkrete vorm aangeneem met vrae

soos: Wie en wat is ’n Afrikaner? Wat is die verband

tussen identiteit en nasionalisme? Hoe word verskillende

identiteite in ’n gemeenskaplike omvattender

bewussyn versoen of verteenwoordig? Wanneer het ’n

Afrikaanse identiteit en Afrikaanse denke ontstaan? Is

daar iets soos Afrikanerdenke? Op hierdie vrae is ’n

verskeidenheid antwoorde gegee wat ter wille van

hanteerbaarheid tot die volgende eenvoudige en basiese

beskouinge gereduseer kan word:

• Die aanspraak dat so ’n bewussyn van eie

identiteit en eie toekomsverwagting reeds vroeg in die

Kompanjietyd onder die dominante Nederlandse

koloniste ontwikkel het. Dit is soms teruggevoer na die

instelling van die Vryburgers in 1657. Ander het dit

gekoppel aan die verset van die koloniste teen Willem

Adriaan van der Stel in 1706, en nog ander aan die

verset van die Kaapse koloniste teen die onbevoegde

bestuur van die VOC sedert 1779, in die geskiedenis

bekend as die Patriotte-beweging, en koppel hierdie

beweging dan aan die sogenaamde republikeinse

strewe van Swellendam en Graaff-Reinet in 1795. In

die geskiedskrywing word ook debat gevoer oor die

vraag in hoeverre die Groot Trek ’n uitdrukking van ’n

nasionale bewussyn by Afrikaners verteenwoordig. Die

opstand teen die Britse anneksasie van die Transvaal in

1881 en die ontstaan en ontwikkeling van die

Genootskap van Regte Afrikaners in 1875 en die

Afrikanerbond in 1879 word almal as fases in hierdie

ontwikkeling gesien. Elkeen van hierdie standpunte het

sy bepaalde voorstanders wat daarin die werklike

oorsprong van ’n Afrikaanse toekomsverwagting en

toekomsideaal en die manifestering van ’n duidelike

nasionale politieke bewussyn meen terug te vind. Elk

van die ander mededingende groepe in die Suid-

Afrikaanse samelewing speel dan ’n marginale rol in

die ontwikkeling van hierdie bewussyn en word as

probleme of uitdagings gesien wat gehanteer moet

word.

• ’n Tweede standpunt is dat identiteitsbewussyne,

en die daarmee gepaardgaande

vooropstelling van die eie groep se belange en

toekomsverwagtinge, ’n moderne twintigste-eeuse

politieke konstruksie is wat op die verlede teruggekaats

word om eietydse magsbelange te dien. Oorspronge en

tradisies word dan “uitgevind” of gebeure word so

vertolk dat dit kan dien as bewys vir die ontstaan en

ontwikkeling van so ’n strewe of bewussyn.

• ’n Derde standpunt verwerp die gedagte dat

toekomsideale uit idealistiese oorwegings van

belangrike beginselsake soos vryheid, selfbeskikking,

of demokratisering ontwikkel. Ras en klas is vir hierdie

beskouinge die twee bepalende faktore op grond

waarvan groepe hulself identifiseer. Dit is dus ’n klas

of ’n rassebewussyn wat primêr bepaal hoe mense oor

hulself en die toekoms dink en wat gewortel is in hulle

sosio-ekonomiese posisie en verhoudinge.

Tien basiese “manifeste”

Die Afrikaner se vroeë geskiedenis is arm aan enige

intellektuele inhoud van betekenis. Pogings om ’n

Afrikaanse bewussyn ver terug te voer in die

geskiedenis na byvoorbeeld die stryd teen Willem

Adriaan van der Stel of die uitsprake van die onsekere

karakter Hendrik Bibault is onoortuigend. Die

koloniste in die VOC-tydperk het aan hulleself gedink

as vry mense in ’n Hollandse samelewing, bestuur deur

’n onbevoegde handelsmaatskappy. Tog het die eerste

tekens van ’n eie identiteitsbewussyn wel in hierdie tyd

sy kop uitgesteek. Dit was egter die Britse oorname

van die Kaap wat koloniale Afrikaners/Hollanders

toenemend voor die vraag sou plaas: wie is ons en wat

is ons rol en plek in hierdie samelewing? Soos in die

geval van die klassieke Westerse manifeste het konflik

die rede verskaf waarom mense oor hulleself en die

toekoms moes begin dink en daarvan rekenskap gee.

Dit was konflik teen die mag van die burokrasie,

konflik teen die Britse mag en konflik met inheemse

groepe oor grond en water en sekuriteit wat die lont

van die selfondersoekproses na die toekoms aangesteek

het.

Die woelige geskiedenis van Afrikaners vanaf die

1830’s het eintlik ’n goeie teelaarde gebied vir die

ontwikkeling van individuele standpuntstellings wat

die potensiaal sou hê om uit te styg tot intellektuele

erfgoed wat as bakens op die pad van Afrikanerdenke

oor hulself beskou kan word. Watter tien

dokumente/geskrifte/uitsprake sou histories as die

betekenisvolste beskou kan word? Dit sal uit die aard

van die saak van historikus tot historikus verskil. My

persoonlike keuse sou die volgende wees:

1. Vier dokumente uit die tydperk 1779-1795

(die tydperk van die Amerikaanse en Franse

Rewolusies en die Patriotteverset in Nederland) waarin

die Kaapse koloniste in hulle versoekskrifte en verset

duidelik ’n meer algemene denke verteenwoordig as

die tradisionele partikuliere klagtes. In die

Burgermemorie van 1779 word die kolonie as ’n

burgerstaat (‘n staat waarin die belange van die burgers

primêr is) beskryf en word geëis dat die burgers

inspraak in die regering moet kry wanneer sake wat die

burgery raak, ter sprake kom; dat hulle die reg moet hê

om hul eie verteenwoordigers te kies en dat hulle groter

vryheid in ekonomiese bedrywighede moet geniet. In

die petisie van 1784 gaan hulle verder en beroep hulle

op die Switserse, Nederlandse en Amerikaanse

voorbeelde en stel dit as beginsel dat hulle staan op

“het eene ontegenspreeklijke en onbetwisbare

waarheid: dat alle beschaafden Volkeren des

Aardbodens insonderheid der recht der Nature,

onmiddelijk van God Almagtig hebben ontfangen wat

die reg op sekuriteit van persoon en besit behels en wat

deur die verteenwoordigers van “Volkstemme,

geroepen en gesteld worden”. In die verklaring van die

Extra Ordinaire Heemraad en Gecombinnerde

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 15 September 2006 | BLADSY 57

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!