02.05.2013 Views

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

• Briewe

Na aanleiding van die hoofartikel in Die

Vrye Afrikaan van 18 Augustus

(“Waarheid en vrede sneuwel”) skryf

prof. Lawrie Schlemmer, redaksionele

raadslid van Die Vrye Afrikaan, uit

Houtbaai:

S

over my kennis van die opset in Israel en die

naasliggende gebiede strek, is daar inderdaad

mense en groeperinge binne Hamas en moontlik

Hisbollah wat onder sekere omstandighede daarvoor te

vinde sou wees om Israel se bestaansreg te erken en om

’n weg na vrede te soek. So ook is daar Israelis, selfs

binne die mees behoudende elemente van Sionisme,

wat ook vir een of ander skikking te vinde sou wees

mits die sekuriteit in hul land verseker sou kon word.

Die brutaliteit van die Israeli bombardemente kan nie

verstaan word sonder die wete dat Hisbollah en Hamas

doelbewus hul oorlogsmasjinerie binne woonwyke

oprig nie.

Die heersende omstandighede en natuurlik die

huidige geweld van weerskante verydel egter enige

vreedsame strategiese toenadering. Beroepe op Israel,

Hamas, Hisbollah en die streeksmagte wat hulle

ondersteun om uit eie inisiatief gewelddadige optredes

ter wille van ’n soeke na ’n skikking te staak, is

tevergeefs. Solank leidende kragte binne Hisbollah,

Hamas, Iran en ander oorde en organisasies met

diepgaande ideologiese en teologiese motiverings tot

die uitwissing van Israel verbind is en hul strategiese

sienings binne eie geledere afdwing, sou ’n

skietstilstand op sy eie slegs die onderliggnde pobleem

uitstel en dalk verdiep. Slegs ’n internasionale

vredesmag tussen die vegtende partye sal die meer

gematigde moontlikhede tyd gun om te ontwikkel.

Selfs dit sal egter vir Israelis nie die toekomstige

bedreiging vanuit Iran kan besweer nie. Volgehoue

inisiatiewe deur ’n invloedryke internasionale

taakspan sal dus ook nodig wees. Intussen help dit

weinig om enige kant te kies.

Oor dieselfde artikel skryf Elsa Lamb uit die Klein-Karoo:

K

link ook maar na propaganda, in hierdie geval teen

Israel. Is die dreigemente vir vernieteging van die

Staat van Israel ook propaganda?

Na aanleiding van Hans Pienaar se artikel “Che Guevara –

die ongeëerde held van die SA rewolusie?” skryf Philip du

Preez uit Pretoria:

M

nr. Hans Pienaar is in hierdie artikel ongelukkig

heeltemal vervreemd van die werklike volgorde

van gebeure asook sommige feitelikhede met

betrekking tot Suid-Afrikaanse en Kubaanse betrokkenheid

in Angola in 1974/1975. Dit is jammer dat

mnr. Pienaar deur middel van die hoogs gerespekteerde

Die Vrye Afrikaan ’n beeld by die lesers kan skep wat

skerp van die waarheid verskil, naamlik dat Kuba

magte na Angola gestuur het “in 1974 nadat Suid-

Afrika die land binnegeval het”. Die waarheid is dat die

eerste RSA-magte in Augustus 1975 die SWA/

Namibiese grens na Angola oorgesteek het. Dit het

gebeur op versoeke van die leiers van Unita en die

FNLA sedert ongeveer Mei 1975. Hulle het onder meer

as motivering vir hul versoeke bewys gelewer van

Kubane in Luanda en elders in Angola voor daardie

datum (Mei 1975). Dit is onvanpas om hier uit te brei

oor die redes vir Suid-Afrika se besluit om gehoor te

gee aan die versoek van Unita en die FNLA, behalwe

om te sê dat dit die Suid-Afrkaners se mening was dat

Unita en die FNLA in daardie stadium groter steun

onder die Angolese bevolking geniet het as die MPLA

wat deur die USSR en Kuba ondersteun is. Ek vertrou

dat Die Vrye Afrikaan se lesers verskeie van mnr.

Pienaar se ander uitlatings in die artikel as sy eie

mening, waarmee baie kenners nie saamstem nie, sal

beoordeel, soos bv: Castro se generaals se vernuf en

die lugmag se oorheersing van die lugruim is reeds deel

van die geskiedenis. Dis glad nie onmoontlik dat hulle

Neto en sy MPLA so bekyk het, en gou gesien het dat

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 15 September 2006 | BLADSY 25

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!