02.05.2013 Views

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

• Dossier: Midde-Ooste

Tien oë vir ’n oog…

IN EEN VAN DIE MESOPOTAMIESE VERTREKKE

VAN DIE LOUVRE-MUSEUM STAAN ’N IMPO-

SANTE TWEE-EN-’N-HALF-METER-HOË BASALT

BEELDHOUWERK UIT OM EN BY 1730 VOOR

CHRISTUS. AAN DIE BOPUNT, VOOR SHAMASH,

SONGOD EN SIMBOOL VAN GEREGTIGHEID,

TROON KONING HAMMURABI, EN ONDER HOM

VERSKYN SY REGSKODE, EEN VAN DIE OUDSTES

TER WÊRELD. ONDER DIE WETTE WAT IN

WIGVORMIGE TEKENS OPGETEKEN STAAN,

FIGUREER DIE BEROEMDE TALION, WAT DIT

HET OOR DIE WEDERKERIGHEID VAN MISDAAD

EN STRAF.

Deur Dominique Vidal *

O

p hierdie beginsel steun die Ou Testament

wanneer dit (in Levitikus 24:17-22) sê (ou

vertaling...): “Iemand wat

moord pleeg, moet die doodstraf

kry. As iemand ’n ander

se dier doodmaak, moet hy

dit vervang. Die beginsel is:

’n lewe vir ’n lewe. As

iemand ’n medemens beseer,

moet aan hom presies

dieselfde gedoen word: as hy

iemand se been gebreek het,

moet sý been ook gebreek

word; as hy iemand se oog

beskadig het, moet sý oog

ook beskadig word; as hy

iemand se tand uitgeslaan

het, moet sý tand ook

uitgeslaan word”. Elders maan Levitikus (19:18) egter

tot versoening: “Jy mag nie wraak neem of ’n grief

koester teen jou volksgenoot nie …”.

Die Nuwe Testament (Matteus 5:38-39) neem

lynreg standpunt teenoor die Talion in wanneer Jesus

sê: “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘´n Oog vir ’n

oog en ’n tand vir ’n tand.’ Maar Ek sê vir julle: Julle

moet julle nie teen ’n kwaadwillige mens verset. As

iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die

ander wang na hom toe.” Die Koran weer weifel

(Soeraat II, vers 178): “Die Talion is aan julle

voorgeskryf wat betref doodslag: ’n vryman vir ’n

* Assistant-redakteur, Le Monde diplomatique, en Midde-

Oosterse kenner. Uit die Frans vertaal deur Sonya van

Schalkwyk-Barrois, sonyavs@yahoo.com

vryman, ’n slaaf vir ’n slaaf, ’n vrou vir ’n vrou. Maar

hy wat op die een of ander wyse deur sy broer vergewe

is, moet aan ’n gepaste versoek toegee en bereidwillig

skadevergoeding betaal.”

’n Mens twyfel of mnre Ehud Olmert en Amir

Peretz ooit in die geskiedenisboeke opgeteken sal

word, tensy dit dan is as aanstokers van ’n oorlog wat

so teenproduktief is as wat dit bloedig is. In ieder geval

sal hulle die skeppers wees van ’n nog erger weergawe

van die Bybelse gesegde: “Tien oë vir ’n oog en tien

tande vir ’n tand.” Want die operasies wat so digterlik

“Somerreëns” en “Nuwe koers” heet, het die lewens

geëis van 160 Israeli’s (van wie die oorgrote

meerderheid soldate was) en 1 400 Libanese en

Palestyne (onder wie ’n oorweldigende meerderheid

burgerlikes), gevoeg by Hisbollah se verliese wat na

beraming tussen 80 (volgens dié beweging) en 500

(volgens Israel) kan wees (1). Hierdie telbord – wat

proporsioneel dié van die tweede Intifada en sy

onderdrukking oortref (ongeveer 1 000 Israeli’s en 4

300 Palestyne gedood) – opper ’n knellende vraag,

waarop die smouse belas met

die “verkoop” van hierdie

barbarisme ’n antwoord sal

moet gee: is die lewe van ’n

Israeli, na hulle mening, tien

keer soveel werd as dié van ’n

Arabier?

Kenmerkend van

sogenaamde “asimmetriese”

konflikte, is hierdie ongelykheid

voor die dood ’n

Achilleshiel vir onwrikbare

ondersteuners van Israel.

Bernard-Henri Lévy het dit

duidelik aangevoel toe hy in

sy notas in Le Point van 20

Julie skryf: “Ek sou nietemin graag aan dié wat [van

wanbalans] praat, wou vra hoe hulle sou reageer as

terroristekommando’s op ons grondgebied sou kom,

met totale minagting, selfs ontkenning van ons grense,

om Franse soldate te ontvoer (2).” André Glucksmann

verkies weer om terug te kap: “Die verontwaardiging

van vele verontwaardigdes maak my op my beurt

verontwaardig. (...) Sommige Moslem sterftes word so

lig soos ’n veer geweeg, ander weeg tonne. Dit is

dubbele standaarde (3)”. En die bohaai rondom die

gestorwenes in Kana te vergelyk met die stilte rondom

dié in Irak, Tsjetsjnië en Darfoer.

Maar sou die media se onverskilligheid jeens

laasgenoemde regverdig dat hulle eersgenoemde

verswyg? André Glucksmann sou moeite hê om dit te

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 15 September 2006 | BLADSY 43

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!