02.05.2013 Views

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

FAK-Manifes vir Demokratiese Afrikaners - Welkom by die FAK

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

• FAK-nuus

Gemeenskap, die

tergende woord

W

at is gemeenskap? Hoe word verhoed dat

gemeenskappe beperkende, eng wêreldjies

word? Wat is die rol van gemeenskappe in die

hedendaagse politiek? Hierdie en ander vrae het op

Saterdag, 5 Augustus ter sprake gekom in die tweede

debat tussen postnasionale Afrikaner-intellektuele

meestal verbonde aan die redaksie van Die Vrye

Afrikaan – en ander Suid-Afrikaanse intellektuele

hoofsaaklik vanuit ’n sosialistiese of Swartbewussynsagtergrond.

Die deelnemers was Danie Goosen (filosoof,

FAK-voorsitter), Johann Rossouw (redakteur, FAKwoordvoerder),

Francois Bredenkamp (klassikus),

Johan van Zyl (gemeenskapsekonoom), Ntombikaninga

Malinga (politieke ontleder), Rudmilla

Bennyworthy (politieke ontleder), Sipho Seepe

(politieke kommentator), Mandla Seleoane (politieke

filosoof) en Dale McKinley (onafhanklike navorser en

maatskaplike aktivis).

Goosen en McKinley het as inleiers opgetree. In

sy inleiding het Goosen gewys op die hedendaagse

assosiasie tussen die globale kapitalistiese stelsel en

etniese gemeenskappe. Die ironie van hierdie

assosiasie is dat, terwyl die globale kapitalisme etniese

gemeenskappe toenemend onder druk plaas, dit hulle

terselfdertyd in veral die advertensiewese misbruik as

vertoonvenster van sy eie gewaande diversiteit.

Volgens Goosen is menswees ten diepste

medeverskyning, en verskyn mense in die eerste plek

binne gemeenskapsverband aan mekaar. Hierdie

kenmerk van menswees staan dwarsdeur die moderne

era in spanning met die nasiestaat, wat plaaslike

gemeenskappe normaalweg insluk. Die moderne

nasiestaat asook die globale kapitalisme se mensbeeld

is dié van losstaande individue wat per kontrak aan

mekaar verbind is, en waarvan ekonomiese

behoeftebevrediging die hoogste doel is.

Daarenteen het Goosen gewys op die noodsaak

van ’n gemeenskapsgebaseerde mensbeeld, waar mense

mekaar in gedeelde tradisies en deur die gee en neem

van geskenke ontmoet, ’n ekonomie wat allereers op

die geskenk eerder as verbruik gebaseer is.

Vanuit ’n Marxistiese hoek het Dale McKinley

aangevoer dat ’n gemeenskap op die mees basiese vlak

’n groep mense is wat iets gemeen het, waarby basies

enige maatskaplike of verhoudingskonstruksie kan

inpas. Voorbeelde van verskillende groepe wat almal

vandag reg of verkeerd as gemeenskappe beskryf word,

sluit in geografiese groepe (bv. ’n township),

geloofsgroepe, identiteitsgroepe (bv. etnies), verenigings

(bv. straathandelaars), institusionele groepe (soos

studente) en geopolitieke groeperinge (die

“internasionale gemeenskap”).

McKinley het terugverwys na die groot ontleder

van die verhouding tussen kapitalisme en

Protestantisme, Max Weber, wat dit gehad het oor die

verband tussen mense se spesifieke klasseposisie en

gemeenskaplike handeling, bv. die proletariaat wat vir

hul belange saamstaan. McKinley het sy inleiding

afgesluit met ’n pleidooi vir die beëindiging van

uitbuitende arbeidsverhoudinge sodat mense werklik

vry kan wees.

Na ’n aantal los opmerkings vanuit die gehoor

het die debat veral op dreef gekom nà McKinley se

stelling dat die meeste gemeenskappe eintlik

denkbeeldig (illusory) is, en dikwels in reaksie op een

of ander eksterne bedreiging ontstaan. Johann Rossouw

het in sy reaksie verwys na Régis Debray se ontleding

van gemeenskapsvorming, waarvolgens daar

eenvoudig geen kollektief, groep of ‘ons’ sonder ’n

teengroep of ‘hulle’ is nie. In aansluiting hierby het

Sipho Seepe gesê dat die denkbeeldigheid van

gemeenskappe hulle nie minder geldig maak nie, want

“dit is al wat ons het”, terwyl die belofte van ’n beter

samelewing steeds nie verwesenlik word nie.

Desnieteenstaande kan ons ook nie klaarkom sonder

die hoop op ’n beter samelewing nie!

Ook Mandla Seleoane het gewys op die

noodsaak van toekomsgerigte geloof om steeds aan

mense hoop te gee. Terselfdertyd het hy verwys na die

skynbaar onbegryplike verskynsel waarvolgens

werkers passief en onderdanig bly in weerwil daarvan

dat dit teen hulle belange indruis! Johann Rossouw het

geredeneer dat dié verskynsel verstaan kan word aan

die hand van Bernard Stiegler se ontleding van die

“aandagproletariaat”, oftewel daardie mense wat slegs

hulle aandag het om te “verkoop” aan die advertensie-

en kommunikasiebedryf, en wat tot enorme geestelike

uitputting en regressiewe optrede, soos geweld, lei.

Ntombi Malinga het die deelnemers daaraan

herinner dat daar nog meer gedink moet word aan die

verskynsel van “komplekse gemeenskappe”, naamlik

dat almal van ons lede van verskillende soorte

gemeenskappe is, en dat ons voortdurend in onsself

hierdie kompleksiteit moet hanteer. In aansluiting

hierby het Rudmilla Bennyworthy gevra dat die begrip

van ’n Suid-Afrikaanse nasie nie vergeet moet word

nie.

Mandla Seleoane het die deelnemers hierop

vertel van ’n interessante verwikkeling in Middelburg

op die Hoëveld. Volgens Seleoane het hy in ’n

onlangse gesprek met die voormalige MK-vegter en

eerste burgemeester van Middelburg na 1994, Ben

Mokwena, gehoor hoe Mokwena, nadat hy op bevel

www.vryeafrikaan.co.za DIE VRYE AFRIKAAN | 15 September 2006 | BLADSY 31

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!