01.05.2013 Views

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

the study, “Generic markers in the short story cycle: Part 2: An application to Die dag toe ek

my hare losgemaak het by Willemien Brümmer”, the theoretical issues discussed in this

article are used as point of departure to determine how the tension between autonomy and

coherence functions in Die dag toe ek my hare losgemaak het.

Keywords: short story cycle, composite novel, autonomy, coherence, generic markers, unified

volume of short stories, coherence markers, Willemien Brümmer, Die dag toe ek my hare

losgemaak het

Opsomming

Hierdie artikel vorm die eerste deel van ‘n tweedelige studie oor die kortverhaalsiklus

in Afrikaans, met spesifieke verwysing na Die dag toe ek my hare losgemaak het (2008) van

Willemien Brümmer. Die belangrikste eienskap van hierdie genre is die aanwesigheid

van spanning tussen die korter, outonome tekste waaruit die siklus bestaan en die

groter, koherente geheel van die bundel. In hierdie artikel, wat die teoretiese onderbou

van die studie vorm, word eerstens aandag gegee aan die onderskeid tussen

eenheidsbundels en kortverhaalsiklusse. Tweedens word teoretiese genrekwessies

rondom die kortverhaalsiklus breedvoerig aan die hand van die beskouings van Ingram

(1971), Mann (1989), Dunn en Morris (1995), Lundén (1999) en Nagel (2004) ondersoek

om ‘n bruikbare omskrywing van die kortverhaalsiklus daar te stel. Laastens word

uitgebrei op ‘n aantal koherensiemerkers wat volgens Dunn en Morris (1995) skakels

tussen afsonderlike verhale in ‘n kortverhaalsiklus kan bewerkstellig, naamlik ruimte,

‘n enkele protagonis, ‘n kollektiewe protagonis, tekstuele patrone en vertelling. Hierdie

teoretiese beskouing word in die tweede deel van die studie (―Generiese merkers in die

kortverhaalsiklus: Deel 2: ‘n Toepassing op Die dag toe ek my hare losgemaak het van

Willemien Brümmer‖) aangewend in ‘n ontleding van Die dag toe ek my hare losgemaak

het om te bepaal hoe die generiese kodes van die kortverhaalsiklus in hierdie teks tot

stand kom en wat die effek van die spanning tussen die outonome kortverhale en die

groter siklus is. Gesamentlik poog hierdie twee artikels om ‘n bydrae te lewer tot ―‘n

beskrywing van en terminologie vir die genre in Afrikaans‖ (Snyman 2011) deur

eerstens ‘n kritiese oorsig van internasionale beskouings oor die kortverhaalsiklusgenre

te bied en tweedens ‘n toepassing daarvan aan die hand van ‘n Afrikaanse

voorbeeld te onderneem.

Trefwoorde: kortverhaalsiklus, saamgestelde roman, outonomie, koherensie, generiese

merkers, eenheidsbundels, koherensiemerkers, Willemien Brümmer, Die dag toe ek my

hare losgemaak het

1. Inleiding

Die afgelope paar jaar verskyn ‘n beduidende aantal tekste wat opgebou is uit ‘n aantal

korter tekste wat elk ‘n afgeronde geheel is, maar tog op een of ander wyse met mekaar

skakel sodat die korter tekste saam ook een of ander tipe geheel vorm. Alle paaie lei deur

Die Strand (2008) word byvoorbeeld op die flapteks aangebied as Corlia Fourie se

―tweede roman‖, maar Harper (2008:13) noem in haar resensie dat ―elke hoofstuk

eintlik ‘n kortverhaal is wat ook selfstandig kan staan. Sommige hoofstukke is

inderdaad voorheen as kortverhale gepubliseer.‖ Tog is die groter geheel ook ‘n

eenheid wat as ‘n langer prosateks beskou kan word, aangesien die verskillende

114

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!