01.05.2013 Views

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

kortverhaalsiklus funksioneer. Marais (2001:202–3) koppel dan ook die konsep van

vertelling aan die Suid-Afrikaanse kortverhaalsiklus in Engels:

In a general sense, then, it would appear that the inherent dualism or hybrid

character of this genre – its position somewhere between the novel and the

short story proper – lends it to the type of metafictional interrogations and

technical innovations […] Moreover, it is surely not surprising that in a deeply

ruptured society, such as this, where the national/historical narrative is in the

process of being radically ―rewritten‖/imagined, that narrative fiction tends to

reflect an acute sense of the storied nature of reality.

Die vyf koherensiemerkers in die kortverhaalsiklus wat Dunn en Morris (1995:30–99) in

hulle omvattende bespreking identifiseer – ruimte, ‘n enkele protagonis, ‘n

saamgestelde protagonis, patrone en vertelling – bied ‘n waardevolle beginpunt om te

verstaan hoe die koherensie tussen outonome tekste in ‘n kortverhaalsiklus tot stand

kom.

Die meeste ander beskouings oor die kortverhaalsiklus identifiseer soortgelyke aspekte

wat koherensie daarstel, alhoewel dit selde so duidelik omskryf word soos Dunn en

Morris se kenmerke. Mann (1989:8–14) identifiseer byvoorbeeld ook karakter

(waaronder sy ‘n enkele en saamgestelde protagonis verstaan), tema en ruimte. Nagel

(2004:16) noem dat hierdie drie aspekte die duidelikste koherensiemerkers in die

kortverhaalsiklus is.

Lundén staan egter krities teenoor Ingram (1971), Mann (1989) en Dunn en Morris

(1995) se fokus op aspekte wat koherensie skep, omdat hierdie beskouings dikwels die

eenheid beklemtoon ten koste van die versplinterde aard van die narratief wat tot stand

kom juis deur die spanning tussen outonomie en koherensie. Met verwysing na Mann

(1989) skryf Lundén (1999:24):

[W]hile she brings out many subtle connections between the stories in theme,

plot, myth, imagery, and character, she does not seem particularly aware of the

silences, gaps, lacunae, and contradictions that characterize these composites.

She fails to see how many themes find expression in the narrative strategies of

disruption.

Vir Lundén raak die fokus op eenheid in die kortverhaalsiklus veral problematies

wanneer die genre vanweë sy fragmentariese aard aangewend word om temas van

isolasie te ondersoek, soos in Winesburg, Ohio van Anderson.

Ook Dunn en Morris (1995) se beskouing van die kortverhaalsiklus as ‘n ―saamgestelde

roman‖ is volgens Lundén problematies, veral omdat die koherensiemerkers wat hulle

identifiseer, ook koherensie in die roman skep en dus nie die spesifisiteite van die

kortverhaalsiklus voldoende in ag neem nie. Aangesien karakters, ruimte, tyd, plot en

vertellers die basiese elemente van enige narratief is, kan die kortverhaalsiklus nie op

grond daarvan van die roman onderskei word nie.

Nagel (2004:15) beklemtoon dan ook dat die sentrale onderskeid tussen die

kortverhaalsiklus en die roman die outonomie van die afsonderlike teksgedeeltes is:

Unlike the stories in a cycle, the subordinate units of a novel, its episodes or

chapters, are incomplete in themselves, dependent for artistic completion on the

other units that comprise the whole. When chapters from novels were

145

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!