Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

Dit is nie die geval met wat tradisioneel in Afrikaans die eenheidsbundel genoem word

nie. Die mate van koherensie in die eenheidsbundel is meestal beduidend minder as in

die kortverhaalsiklus, want by die eenheidsbundel skep die gedeelde tema, stemming

of verteltegniek hoogstens ‘n geheelindruk, maar sonder dat die afsonderlike verhale

binne bundelverband ‘n bykomende betekenis of interpretasiemoontlikheid verkry wat

verlore gaan wanneer die verhale in isolasie gelees word. Gevolglik is die hantering van

elemente wat eenheid in die eenheidsbundel skep, soms minder funksioneel of word dit

‘n ―kunsmatigheid‖ (Aucamp 1978:56). In die kortverhaalsiklus, aan die ander kant, is

die skakeling tussen verhale meestal funksioneel beide op kortprosa- en eenheidsvlak.

Daar bestaan egter nie deurlopende konsensus oor die funksionaliteit van

eenheidsmerkers in die interpretasie van hierdie tipe tekste nie.

Die resepsie van ’n Wêreld sonder grense belig ook ‘n ander kwessie oor die

kortverhaalsiklus. Aucamp (1984:12) noem in sy resensie van die teks ‘n aantal

voorbeelde van ―aaneengeskakelde kortverhale‖ in die Engelse en Duitse letterkunde,

onder andere Winesburg, Ohio van Anderson en Dubliners van Joyce. Alhoewel Aucamp

nie spesifiek die term gebruik nie, beskou teoretici van die kortverhaalsiklus hierdie

twee Engelstalige kortverhaalbundels as voorbeelde van die kortverhaalsiklus. Aucamp

is egter huiwerig om ’n Wêreld sonder grense met hierdie vorm te verbind, aangesien die

spanning tussen outonomie en koherensie in Strachan se teks anders is as in dié van

Anderson en Joyce:

Tog is al die verhale in die gemelde bundels [onder meer Anderson se

Winesburg, Ohio en Joyce se Dubliners] outonoom, soos bloemlesings keer op

keer uitwys, al sou die tematiese of streeksverwantskap tussen verhale hóé

sterk wees. Dis hier waar Strachan se bundel problematies word. Behalwe dat

sommige karakters deurlopend is, is daar ook kruisverwysings wat die

outonomie van afsonderlike tekste raak. Die openingsverhaal, ―Herinnering‖,

en ―Grootmanne se hoesgoed‖, is waarskynlik die beste voorbeelde van

selfstandige kortverhale, maar die slotteks, ―Visioen‖, steun byvoorbeeld swaar

op die leser se voorkennis van Jock. (Aucamp 1984:12)

As gevolg van hierdie kwessies oor outonomie van die afsonderlike tekste in die bundel

beskou Aucamp ’n Wêreld sonder grense eerder as ―‘n bepaalde soort roman‖. Die

wisselende mates van outonomie van die tekste in ’n Wêreld sonder grense – met sekere

tekste wat as outonome kortverhale beskou kan word (soos ―Grootmanne se

hoesgoed‖) en ander wat nie op sigself heeltemal geslaagd is nie en eerder ander tekste

in die bundel ondersteun (soos ―Die muurprent‖) en nog ander wat nie eintlik

outonoom kan funksioneer nie, maar tog funksioneel vir die bundel is juis omdat dit ‘n

verdere interpretatiewe sleutel verskaf (soos ―Visioen‖) – veroorsaak dat teoretici

verskil in hulle klassifikasie van die teks: volgens Aucamp (1984) is hierdie teks eerder

―‘n bepaalde soort roman‖ omdat nie al die tekste outonoom kan funksioneer nie; Van

Coller (1984) beskou ’n Wêreld sonder grense as ‘n prosasiklus; vir Anker (2008:99) is die

teks eerder ‘n novelle; Snyman (2011) en Scheepers (2010) beskou albei hierdie teks as ‘n

eenheidsbundel; en Smuts (1984) kom tot die slotsom dat ’n Wêreld sonder grense ‘n

nuwe subgenre daarstel en ‘n hibriede vorm iewers tussen die eenheidsbundel en die

episodiese roman is. Tog raak hierdie teoretici sonder uitsondering een van die sentrale

kwessies van die kortverhaalsiklus aan, naamlik die spanning tussen outonomie en

koherensie. Dit is sentraal tot die kortverhaalsiklus, soos Ingram (1971:19) aandui:

"Every short story cycle displays a double tendency of asserting the individuality of its

components on the one hand and of highlighting, on the other hand, the bonds of unity

which make the many into a single whole.‖

122

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za