01.05.2013 Views

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

Volgens die NNT-loodsstudie was ’n kommerwekkende aantal eerstejaarstudente dus

nié bekwaam in die taal van onderrig nie. Dit was ook die bevinding van ’n onlangse

artikel wat vermeld het dat leerders by sommige skole funksioneel ongeletterd is (Van

der Westhuizen 2010). Hierdie onhoudbare situasie kan moontlik toegeskryf word aan

die skoolstelsel wat leerders toelaat om na die volgende vlak te vorder sonder dat hulle

die nodige vaardighede in die laer vlak verkry het, met die gevolg dat slegs 20 persent

van skoolverlaters universiteit toe kan gaan (Jansen 2009). Van die studente wat die

NSS met vrystelling slaag, sal slegs ’n breukdeel aansoek doen om aan ’n universiteit te

studeer. Die NNT-loodsstudie het getoon dat minder as die helfte van die studente wat

om universiteitstoelating aansoek gedoen het, oor die nodige akademiese geletterdheid

beskik het, en dat slegs 7,5 persent die wiskundige vaardigheid gehad het om op

universiteit te slaag.

Figuur 3: Akademiese Geletterdheid-uitslae van die 2009-NNT (Morris 2009:1)

Om die toelatingsvereistes van die ondersoekte universiteite te vergelyk, is die

verskillende universiteite se dokumente oor toelatingsvereistes bestudeer en vergelyk.

Voorts is sekondêre data van UWK gebruik om die verskille in die TPT’s vir hierdie

universiteite te illustreer.

2. Materiale en metodes

’n Steekproef van 176 studente wat in 2008 met ses of meer aangewese NSS-vakke

gematrikuleer het (sien Tabel 2, Departement van Onderwys 2005) en wat in 2009 in

hulle eerste jaar aan die UWK was, is in hierdie studie ondersoek. Die UWK-data is

gebruik om die TPT’s volgens die toelatingsvereistes vir 2011 vir die nege ondersoekte

universiteite te bereken (sien Tabel 6 en Tabel 7). Die data is ontleed om die TPT’s van

die geselekteerde universiteite te verstaan en te vergelyk (sien Figuur 1).

216

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!