Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

en maak dikwels op ’n kritiese sosiale bewustheid aanspraak. Oor die algemeen is

hierdie genre meer “cool” en meer beredeneerd as ander rap-genres, en fokus dit

dikwels bewustelik op sosiopolitieke vraagstukke (Jazz-rap:

http://www.allmusic.com/).

3.4 Realiteitsrap

Krims (2000:70) beskou realiteitsrap as die mees kultureel “gelade” van die verskillende

rap-genres – en terselfdertyd een van die mees kommersieel-winsgewendes. Hierdie

genre (spesifiek die subgenre “gangsta rap”) het dikwels ’n pedagogiese funksie.

Warner (1998:33) beskryf dit as verteenwoordigend van ’n “organiese intellektualisme”

wat ’n diepgaande dog gekompliseerde straatkennis openbaar.

Soos hier bo aangedui, weerspieël die lirieke die realiteite van ghetto- en ander

laervlaksamelewingskontekste – dikwels verbandhoudend met heersende

mediadebatte (Danielsen 2008:405). Die musikale style kan wyd varieer, maar oor die

algemeen bevat dit die digte aanwending van klanklae wat ’n oormatige gebruik van

geblikte “samplings” 14 insluit (Krims 2000:73). Net soos by pierewaaier-rap kom

lewende instrumentasie, wat R&B-style insluit, ook voor. Die styl word egter oor die

algemeen deur ’n bepaalde “hardheid” gekenmerk, wat ook in die lirieke met

manlikheid en “ghetto-sentrisiteit” verbind word. ’n Aggressiewe vierslagmaat word

dikwels aangetref, asook klanklae wat “uit stemming” met mekaar is en botsende

klankkleure (timbres) bevat (Krims 2000:73).

4. “Cooler as ekke”

Soos hier bo verduidelik, beskou Krims (2000:14) die musikale ontleding van rapmusiek

nie as ’n abstrak-teoretiese aktiwiteit wat van die sosiokulturele konteks

daarvan losgemaak kan word nie; eerder bepleit hy ’n benadering waar die musikale

poësie van rap-genres op ’n betekenisvolle wyse inspeel op die kulturele wêreld wat dit

ontsluit.

Krims (2000:15) se siening kom dus daarop neer dat rap-musiek as ’n spieël van sosiale

kontekste kan funksioneer, en dat die wyse waarop dit gestruktureer is – die rymstyl,

die tekstuur, die klankkleur, en die onderwerpe – ’n bepaalde kultureel-omlynde

wêreld voorstel.

Die siening dat musikale betekenis nie slegs met formele elemente saamhang nie, maar

binne ’n bepaalde konteks gekonstrueer word, is nie uniek aan Krims (2000) se werk

nie. Martin (1995:57) voer byvoorbeeld aan dat “the meanings of music are neither

inherent nor intuitively recognised, but emerge and become established (or changed or

forgotten) as a consequence of the activities of groups of people in particular cultural

contexts”.

Soortgelyk argumenteer Cook (2001:180) dat musikale betekenis nooit “alleen” staan

nie, maar dat dit altyd deur die interpretatiewe bril van sosiale bemiddeling gestalte

aanneem (Cook 1998:v) – ’n perspektief waarvolgens musikale betekenis gekonstrueer

en nie gereproduseer word nie. Binne die konteks van rap-musiek is Krims (2000) se

benadering egter uniek in dié opsig dat sy genremodel ’n oorspronklike interpretatiewe

raamwerk bied waardeur kulturele prosesse en identiteite aan die hand van ’n

kontekstuele begrip van spesifieke klankformasies verstaan kan word.

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za