01.05.2013 Views

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

180

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

‘n Interessante perspektief kom na vore wanneer Mia se ontwikkelingsgang met dié van

haar pa gekontrasteer word. Mia beskou haar pa in die openingsverhaal as iemand wat

beskut in sy glaspot bly en deur haar ma teen die aanslae van die lewe beskerm word.

Mia, daarenteen, wil ―self loop‖, soos Mathilde, en die wye wêreld verken. Dit

veroorsaak dat sy gereeld seerkry, maar hierdeur juis bemagtig word om haar depressie

sinvol te bestuur, soos uit die slotverhaal blyk. Haar pa neem baie langer om sy

depressie te aanvaar en word weens depressie gehospitaliseer wanneer Mia as ‘n

volwassene vir hom ‘n maaltyd voorberei. Daarteenoor word Mia reeds voor haar

swangerskap gedwing om haar depressie te aanvaar. Die kontras tussen Mia en haar pa

in dié opsig suggereer dat depressie alleenlik deur direkte konfrontasie oorwin kan

word.

5.2.4 Die gesin as eenheid

Verskeie perspektiewe op die gesin word in hierdie kortverhaalsiklus gegee en daar is

‘n konstante spanning tussen die gesin as ‘n destruktiewe mag en die gesin as sublieme

eenheid. Verhale wat hier veral belangrik is, is ―Skeikunde-eksperiment‖,

―Kunstenaars‖, ―Ragel is ek gedoop‖, ―Skerwe‖ en ―Om die waansin vry te spring‖. Die

oomblikke waarin die gesinslede na mekaar kan uitreik (soos in die slot van die eerste

verhaal, waarin Mia se pa hulle gesinsband deur die eenhorinkie bevestig, of die slot

van ―Kunstenaars‖, waarin Mia en haar pa mekaar aanvaar en hulle ooreenkomste

herken), word moontlik gemaak slegs deur die voorafgaande krisismomente van

selferkenning: Mia se pa moet byvoorbeeld een van sy depressiefases herleef en deur ‘n

proses van selferkenning gaan voordat hy en Mia na mekaar kan uitreik. Die spanninge

wat daar in gesinsverband voorkom, soos in ―Skerwe‖, waarin Mia se pa haar met ‘n

bord gooi, vorm dan ook deel van die proses waardeur elke familielid moet groei om

mekaar te verstaan en uiteindelik na mekaar uit te reik.

5.2.5 Eensaamheid en die soeke na vervullende verhoudings

Die verhale ―Het jou!‖, ―Ons probeer harder‖, ―Toe Toorvoet stil geword het‖, ―Die dag

toe ek my hare losgemaak het‖, ―Die sneeukoningin‖ en ―The persistence of memory‖

is hier van belang. In dié verhale is weer eens sprake van die dinamiese patroon van

herhaling en ontwikkeling en word aangetoon hoe herhaaldelike pynlike ervarings Mia

verhinder om funksionele verhoudings aan te knoop en in stand te hou. Mia se

verhouding met mans verskil van die verhouding wat sy met haar ouers het, wat ten

spyte van die problematiese aard daarvan steeds ‘n mate van geborgenheid waarborg.

Die verhoudings wat Mia met mans het, is tekenend van ‘n onvermoë om iemand ten

volle te begryp. Andries in ―Die sneeukoningin‖ begryp byvoorbeeld nie Mia se

komplekse psigologiese ervaring van verhoudings nie en draai verward weg van haar

(107).

Van Niekerk (2008:22) merk tereg op dat Mia uiteindelik besef ―hoe mense met mekaar

saamleef: elkeen in sy eie kapsule, onbereikbaar‖.

Isolasie, die onvermoë tot kommunikasie en die skanse tussen Mia en die wêreld kom

as tematiese variasies ter sprake in ―Skeikunde-eksperiment‖, waar Mia en haar pa elk

in ‘n glasstruktuur bestaan en mekaar gevolglik nie kan verstaan nie. Binne

familieverband is daar egter tog sprake van begrip vir en empatie met mekaar, wat

verder ontwikkel deur Mia se selfaanvaardingsproses. In kontras hiermee bly enige

poging tot sinvolle kommunikasie met iemand anders onmoontlik.

180

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!