01.05.2013 Views

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

die vermoë om navorsing op ’n nuwe manier te benader. In die buiteland het die begrip

digitale geesteswetenskappe onlangs opgang begin maak (vir ’n oorsig oor dié

ontwikkeling, sien Hockey 2004:3–17). Frischer (2009:15) definieer digital humanities as

“the application of information technology as an aid to fulfill the humanities’ basic tasks

of preserving, reconstructing, transmitting, and interpreting the human record”.

Inligtingstegnologie is onder andere al aangewend in die leksikografie (Wooldridge

2004), die linguistiek (Hajič 2004), die historiografie (bv. Thomas 2004; Schwarte,

Haccius, Steenbuck en Steudter 2010), en die letterkunde (bv. Rommel 2004). In alle

fasette waarmee die geesteswetenskappe hulle bemoei, kan tegnologie dus aangewend

word, en behoort dit gebruik te word ten einde nie binne die “data-tsoenami” verlore te

raak nie.

Digitale dokumente skep die geleentheid om navorsing anders te benader, veral deur

die ontleding van groter datastelle (Borgman 2010:8). Schreibman, Siemens en

Unsworth (2004:xxvi) let daarop dat ’n rekenaar ’n navorser in staat stel om

verbintenisse tussen tekste en terme, patrone, samevoegings en afwesighede te

identifiseer wat die navorser nie daarsonder sou kon doen nie. Vir hulle bied die

digitale geesteswetenskappe “a new horizon for humanities scholarship, a paradigm as

powerful as any that has arisen in any humanities discipline in the past”.

Craig (2004:282–5) noem ook hoe rekenaarmatige stilistiese analise kan help om dispute

oor skrywerskap van ouer tekste op te los, en die impak wat dit kan hê op ons begrip

van die literêre kanon. Die volume inligting wat hiervoor ontleed moet word, is egter

veels te groot vir ’n mens om akkuraat te verwerk en dus skep die rekenaar

moontlikhede om tot heel nuwe insigte rakende die (Afrikaanse) literêre sisteem te

kom. Deur middel van digitale koerantartikels kan ’n navorser byvoorbeeld uitvind

wanneer ’n term sy verskyning gemaak het, of wanneer ’n kwessie in die media

opgeduik het – so het ’n Amerikaanse navorser byvoorbeeld ’n vroeër gebruik van die

woord jazz ontdek as wat voorheen bekend was (Bingham 2010:228). Data-ontginning is

ook al gebruik om sentimentaliteit in 19de-eeuse Amerikaanse fiksie te ontleed (Horton,

Taylor, Yu en Xiang 2006), asook die representasie van geslagtelikheid in Shakespeare

se werke (Hota, Argamon, Koppel en Zigdon 2006).

Die digitalisering van analoogdokumente is egter die fondament waarop alle ander

tegnologiese middele berus: sonder bruikbare digitale weergawes van dokumente

bestaan daar geen moontlikheid om gevorderde sagteware aan te wend om groter

volumes data te verwerk nie. Borgman (2010:11) is deel van ’n koor navorsers binne die

digitale geesteswetenskappe wanneer hy vra dat ’n “kritiese massa” digitale

hulpbronne opgebou word om meer algemene studies met ’n groter reikwydte te

bemagtig. Schwarte e.a. (2010:9) voer aan:

The study of history usually requires the extraction of relevant data out of large

corpora. This data extraction is typically very time-consuming if done

manually; time which is afterwards lacking for the actual research. It is

therefore urgently necessary to make data on the one hand accessible, and on

the other hand automate the process of data extraction and presentation.

Digitale dokumente het ook verskeie ander voordele bo analoogdokumente, en hier

word slegs ’n paar genoem in navolging van Rothenberg en Bikson (1999:69):

Digitale dokumente kan foutloos gekopieer word, wat beteken dat dit aan

studente en kollegas deurgegee kan word sonder om die kwaliteit van die

dokument te verminder. ’n Kenmerk van analoogkopiëring (fotostate) is dat

50

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!