Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

Die tekste wat saam ‘n kortverhaalsiklus vorm, kan tot verskillende genres

behoort, maar is meestal kortprosa, soos in Die dag toe ek my hare losgemaak het

van Brümmer en Duiwel-in-die-Bos van Barnard.

Hierdie tekste moet grootliks prosa wees om dit van ander siklusse te

onderskei, hoewel ‘n verskeidenheid tekste – literêr en andersins – deel daarvan

kan vorm. In Alle paaie lei deur die strand word die omslagfoto byvoorbeeld in

die teks herhaal (ble. 121 en 135) en kan dit as ‗n outonome betekenisdraende

visuele teks beskou word. Tog vervul dit ook ‘n spesifieke funksie binne die

groter geheel, naamlik om die begin van die verskillende fases in Stella se lewe

aan te dui. Dit sou ook byvoorbeeld teoreties haalbaar wees om ‘n

kortverhaalsiklus te skep op dieselfde wyse as wat George Weideman in

Verskombuis (2006) die literêre genre poësie met die nieliterêre genre resepte

afwissel.

Hoewel kortverhaalsiklusse saamgestel kan word uit ‘n verskeidenheid tekste

en genres, en nie al hierdie tekste noodwendig literêr hoef te wees nie

(byvoorbeeld as daar visuele tekste of instruktiewe tekste, soos resepte,

voorkom), moet die meerderheid tekste in die bundel literêr wees, hoe arbitrêr

hierdie maatstawwe ook al is. ‘n Mens kan byvoorbeeld nie ‘n foto-essay ‘n

kortverhaalsiklus noem nie.

Die verskillende tekste waaruit die kortverhaalsiklus opgebou is, moet

grootliks outonoom wees, hoewel nie al die tekste noodwendig outonoom hoef

te wees nie. In ’n Wêreld sonder grense is daar byvoorbeeld duidelik outonome

kortverhale, soos ―Herinnering‖ en ―Grootmanne se hoesgoed‖, maar ook

tekste wat nie heeltemal outonoom kan funksioneer nie, soos die slotteks,

―Visioen‖, wat ―swaar [steun] op die leser se voorkennis van Jock‖ (Aucamp

1984:12).

Die tekste in ‘n kortverhaalsiklus moet op so ‘n wyse verband hou dat die totale

betekenis van die siklus meer is as die som van die betekenisse van die

outonome tekste.

Hierdie tekste moet ook as ‘n kortverhaalsiklus in ‘n enkele band uitgegee

word, sodat die leser dit van meet af as ‘n geheel kan lees en om dit van langer

prosasiklusse te onderskei.

In hierdie afdeling is die algemene kenmerke van ‘n kortverhaalsiklus uiteengesit aan

die hand van die belangrikste teoretiese bydraes oor die genre. Hieruit blyk dat die

belangrikste generiese merkers van die kortverhaalsiklus die spanning tussen

outonomie en koherensie behels. Hierdie spanning tussen die outonome korter tekste

en die koherensie van die groter geheel is meer prominent as in die geval van die

eenheidsbundel, aangesien die betekenis van die totaal groter is as die som van die dele.

Daar is ook aangetoon dat teoretici tot op hede nie ‘n bevredigende naam vir hierdie

genre kon voorsien nie. Die belangrikste argumente in hierdie verband is in hierdie

afdeling uiteengesit en krities bekyk. Die oorspronklike term wat Ingram (1971)

voorgestel het, naamlik short story cycle, wat as kortverhaalsiklus vertaal word, is vir die

doeleindes van hierdie artikel gekies om na hierdie genre te verwys, omdat die sikluskonsep

die spanning tussen outonomie en koherensie ondervang. Dit moet egter nie

gesien word as ‘n voorskriftelike term vir die genre nie, maar bloot as ‘n term wat hier

funksioneel gebruik kon word om die genre in Afrikaans te ondersoek.

135

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za