01.05.2013 Views

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

Figuur 1. ’n Model vir ’n toekomsstudiebenadering

Bron: Eie samestelling

6. Die rol van netwerk-, tegnologiese en transformasiedryfkragte

Toekomsinsig kan makliker verkry word binne die konteks van ’n makroraamwerk wat

die veranderende aard van die menslike beskawing uiteensit. Volgens Toffler (1970)

kan die geskiedenis van die beskawing aan die hand van drie tipes samelewings

ontleed word. Hierdie siening is gegrond op die beginsel van “golwe”, waarvolgens

elke golf die ouer samelewing en sy kultuur oorheers. Die eerste golf is die agrariesgeoriënteerde

samelewing wat die eerste jagter-insamelaarfase van die mens se

ontwikkeling vervang het. In hierdie samelewing is die landbou die dominante

aktiwiteit. Die tweede golf volg ná die opkoms van industrialisasie. Die hoofkenmerke

van die tweede golf is die kerngesin, nywerheidsgeoriënteerde onderwysstelsel,

korporasies, standaardisering, sentralisering, gefokustheid en sinchronisasie. Die derde

golf is die postindustriële samelewing waarin inligting die primêre ekonomiese

dryfkrag word. Tydens dié golf word demassifikasie, diversiteit, kennis-gebaseerde

produksie en ’n versnelling van verandering die primêre kenmerke (Toffler 1981:181–2).

Sedert die laat 1950’s is verskeie samelewings, veral in die ontwikkelende wêreld, besig

om weg te beweeg van die tweede golf van ’n nywerheidsoorheersende ekonomie na ’n

derdegolf-ekonomie wat in wese die huidige inligtingstydvak is. Die mens bevind hom

237

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!