Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

slegs vir vroueskrywers beskore, en hy sien ook nie kans om sy seksuele wasgoed in die

openbaar op te hang (soos Kleinboer) nie.

Van sy siniese vriend kry hy die volgende ses wenke (64):

Skrywe oor enigiets wat esoteries is, want resensente is dol daaroor – “kak soos

intertekstualiteit en so aan […] resensente is mal daaroor en dit laat hulle slim

voel as hulle dit raak sien. Veral Joan Hambidge is goed daarmee en miskien

gooi sy ’n bietjie van Umberto Eco en die semiotiek in. En as jy gelukkig is, dan

fok sy jou nie op met ’n verwoestende resensie nie.”

“Die ander formule is om ’n moderne weergawe van ’n ou storie te doen.”

“En dan kan jy natuurlik heeltemal jags wees en net oor naai skryf.”

“Of jy kan oor dwelmmiddels skryf.”

“[D]aar is eintlik net iets soos tien of so stories […] alles is eintlik ’n klomp kak

wat al reeds geskryf is.”

“[V]eral jong skrywers moet skryf oor die goed waarmee hulle vertroud is.”

Veel later vra Lourens se uitgewer sy hiperpolities-korrekte redakteur: “Maar is dit nie

die doel van skrywers, van kunstenaars om heeltyd die heersende orde te bevraagteken

nie? Om vrae te vra, om heilige koeie te slag om […] die hele openbare diskoers eerlik te

hou nie?” (176).

So word hierdie boek wat “nooit geskryf [is] vanuit die benoude dampkring van die

Afrikaanse literêre wêreld nie” (196) ’n ernstige besinning oor die vraag wat dit beteken

om in die huidige tydsgewrig in Afrikaans te skrywe. Nie in die vorm van ’n

metaroman of postmodernistiese geskrif wat maklik as pretensieus sou kon deurgaan

nie, maar juis in die vorm van ’n (skadelose) ontspanningswerk. Hierdie roman word

sodoende ’n “terugskryf” teen die kanon in, eintlik teen die eietydse bewakers van die

kanon wat politiese korrektheid só verabsoluteer dat eerlikheid by die deur uitgegooi

word.

10. Samevatting

Met hierdie ondersoek wou ek eerstens aantoon dat die middelmootliteratuur, en dus

ook letterkunde, die teenhanger daarvan, onderskei (kan) word as aparte kategorieë.

Werke wat as middelmoot, “middlebrow”, “middelmaat” of selfs “populisties”

beskrywe word, is meestal toeganklik, (lokaal-)realisties en maatskaplik betrokke. ’n

Eenvoudige verhaalstruktuur, ouktoriële vertelwyse, “telling” eerder as “showing”,

blokkarakterisering, groot ooreenstemming tussen storie en verhaal, en beantwoording

aan lesersverwagtings word wyd gesien as kenmerkend van hierdie tipe literatuur (kyk

o.a. Botha, Botha, Olivier e.a. 1990:85-107).

Dit is egter ook so dat bepaalde werke binne ’n bepaalde historiese tyd as middelmoot

geklassifiseer word omdat hulle nie beantwoord aan die heersende ideologiese en/of

poëtikale opvattings nie. Uit Roos (1992:49–51) se opname blyk duidelik dat al drie die

“damesromans” waarna sy verwys wat taal en styl betref, hoegenaamd nie agter staan

by tydgenootlike romans van manlike skrywers soos D.F. Malherbe en Jochem van

Bruggen nie; hier “is ’n skerper toon, ’n meer betrokke tematiek, ’n realistieser

84

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za