01.05.2013 Views

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

In die jare dertig van die 20ste eeu het verskeie mense gevoel dat daar ’n nuwe

kategorie geskep behoort te word – “[there were] many people who were too

respectable to be called lowbrows and were too Philistine in their tastes to be called

high” (Peterson 1997:84). Widdemer (1933) het toe die term middlebrow geskep, ’n term

wat later al wyer bekend geraak het. Lynes (1954:313) het reeds in 1949 beweer dat:

the militant highbrow […] sees the prime threat to highbrow purity coming not

from the entertainment-oriented lowbrow, but from the middlebrow, whom he

regards as “a pretentious and frivolous man or woman who uses culture to

satisfy social or business ambitions: who, to quote Clement Greenberg in

Partisan Review, is busy devaluating the precious, infecting the healthy,

corrupting the honest, and stultifying the wise”. (Aangehaal deur Peterson

1997:85)

Vroeg reeds was daar by baie skrywers ’n belangstelling in die sogenaamde “laer”

kunsvorme soos jazz, en veral ná die Tweede Wêreldoorlog was daar groeiende

belangstelling in volkskuns, veral by die intellektueles. By konserwatiewe humanistiese

intellektuele (soos T.S. Eliot) en selfs Marxiste (soos Theodor Adorno) was daar in die

jare veertig en vyftig van die 20ste eeu die gevoel dat die hoër vorme bedreig word

deur die massakultuur wat hulle eintlik verdoem het. In die Nederlandse letterkunde is

die name van Ed du Perron en Menno ter Braak bekend, en hier te lande ook die

geskrifte van N.P. Van Wyk Louw, wie se vers-epos, Raka (1942), in wese hieroor

handel. Selfs vandag bestaan die onderskeid tussen hoë en lae kultuur in byvoorbeeld

die geskrifte van Allan Bloom (Peterson 1997:86).

Dit was veral Bourdieu (1984, 1986 en 1993), bekend as die “smaaksosioloog”, wat

daarvan uitgegaan het dat smaak ’n kriterium was vir die tref van ’n klasonderskeid.

Dit is egter veel minder die geval as in Frankryk, waar klasonderskeidinge meer rigied

is. Daar is ’n groeiende eklektisisme in die VSA en daarom word al hoe meer gepraat

van die “kulturele omnivoor”.

Peterson en Kern (1996) gaan op die spoor van DiMaggio (1987) en Lamont (1992) van

die veronderstelling uit dat daar in die jare negentig belangrike kulturele verskuiwings

ten aansien van smaak plaasgevind het. Daar is ’n verskuiwing van die “highbrow

snob” na wat hulle die omnivoor noem. Eersgenoemde het slegs belangstelling in hoë

kultuurvorme, terwyl laasgenoemde oop is vir verskeie kultuuruitinge. Laasgenoemde

houding beteken nie dat onderskeidings tussen vorme van kultuur geminag word nie;

dit is meer ’n houding van kultuurrelativisme waarbinne dinge begryp en geniet word

binne eie verband en volgens eie voorwaardes.

Daar word verskeie redes deur hulle aangevoer vir hierdie verandering in smaak:

a. Daar is strukturele verandering wat verband hou met veral die media wat hoë

kunsvorme wyer beskikbaar gestel het en van sy eksklusiwiteit en ontoeganklikheid

ontneem het. Terselfdertyd het die media ook die verskillende soorte estetiese smake

van mense aan mekaar bekend gestel. Hierdie vermenging is uiteraard ook teweeg

gebring deur migrasie en klas-mobiliteit.

b. Daar was verder ’n belangrike verskuiwing in waardes. Ná die Tweede Wêreldoorlog

is enige vorm van uitsluiting en eksklusiwiteit én van verskille tussen mense eintlik

verdag.

c. Daar was ook fundamentele veranderings in die domein van die kunste, waar die

begrip van intrinsieke waarde aanvaarding verloor het: “It became increasingly obvious

72

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!