Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
3.3.4 Tekstuele patrone

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

Die vierde koherensiemerker wat Dunn en Morris (1995:15) identifiseer, is tekstuele

patrone, waaronder hulle twee subtipes onderskei, naamlik storiepatrone en

motiefpatrone:

The text-pieces of a pattern-related composite novel […] may feature identical

story patterns or reflect identical, sharply etched motif patterns. In some works,

then, pattern recurs exactly in each text-piece so that the same outline is visible

in and interconnects them all. In other composite novels an identical pattern

may structure one text-piece after another until, after having thus set a pattern

precedent through repetition, a final text-piece startles (or encapsulates)

through variation.

Lundén (1999:24) is skepties oor Dunn en Morris se beskouing van patrone en meen dat

dit volgens hulle beskouing maar bloot ‘n ander term vir tema is. In ‘n sekere mate is dit

waar vir motiefpatrone, aangesien motiewe in ‘n literêre werk gedeeltelik die tema

vergestalt, soos Du Plooy (1992:326) uitwys:

Wanneer ‘n motief herhaaldelik in ‘n bepaalde werk voorkom en ‘n bepalende

en organiserende invloed in daardie literêre werk word, word so ‘n motief die

draer van die tema […] Die motief is ‘n konkrete tekselement en die tema die

abstrakte betekenis van die teks as geheel.

‘n Afrikaanse voorbeeld in hierdie verband is Barnard se Duiwel-in-die-Bos. Smuts (1982)

toon aan dat die titel die kern van die geheel vorm. Die teenstelling tussen goed en

kwaad vorm die sentrale tema, en die verskillende gesigte van kwaad sluit in

seksualiteit, geweld, vrees en stilte. Die ontwykende aard van boosheid word in elke

verhaal verder ontwikkel, sodat die bundel as geheel die tema van boosheid vergestalt

op ‘n wyse wat nie in een van die afsonderlike verhale realiseer nie.

Soos in die volgende artikel aangetoon sal word, bevat ook Die dag toe ek my hare

losgemaak het ‘n aantal motiewe wat die tema ontwikkel. Belangrike motiewe in hierdie

verband is glas en kos, soos Cochrane (2008:9) aandui:

Daar is ‘n aantal motiewe in die bundel teenwoordig wat herhaaldelik in die 12

verhale voorkom. Hierdie motiewe funksioneer as bindingselemente en snoer

die individuele verhale as ‘n eenheid saam.

Eerstens vervul die breekbaarheidsmotief wat deur konstante verwysings na

glas, kristal en porselein ondersteun word, ‘n belangrike funksie deur die

psigiese, emosionele en fisieke breekbaarheid van die karakters te beklemtoon.

Tweedens funksioneer kos en die voorbereiding [...] daarvan as verdere

bindingsmotief waardeur die emosionele leefwêrelde (van ontnugtering tot rou

selferkenning) van karakters weerspieël word [...] In elkeen van hierdie gevalle

belig die kosmotief ‘n ander aspek van die onderskeie karakters se bestaan.

Storiepatrone, die tweede patroontipe wat Dunn en Morris (1995:15) onderskei, skakel

soos motiewe ook met die tema van ‘n teks. Dit gaan hier om ooreenstemmende

plotlyne wat die leser deur die identiese of ooreenstemmende aksie of struktuur in elke

verhaal as ‘n eenheid kan herken. As voorbeeld noem hulle Stein se Three lives en H.D.

se Palimpsest (1926). In Three lives speel al drie tekste af in die fiktiewe dorpie

141

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za