01.05.2013 Views

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

“morele debatte” en die stories hervertel asof dit gaan om avonture van die bure. Veral

bring Vaessens die morele standpunte van die verskillende personasies in kaart en dui

hy die simboliese ruimtes aan waarbinne die romans hulle afspeel. Maar oor die manier

waarop morele kwessies aan die orde gestel word, swyg Vaessens; ook oor skryfwyses,

stilistiese en retoriese repertoire en die skryftradisie waarbinne die werk staan (2010:3).

Al die aspekte waarna ’T Hart hier verwys, word gewoonlik gesien as kenmerkend van

letterkundige werke. ’n Ander vraag wat gestel sou kon word, is in watter mate die

skrywers wat Vaessens uitkies, werklik as verteenwoordigend van die eietydse

Nederlandse romans gesien kan word en of maatskaplike betrokkenheid vir hulle almal

vooropstaan.

In sy Kellendonk-lesing maak die digter Komrij (2011) ’n hele paar stellings wat met die

voorafgaande verband hou en inspeel op die hele polemiek van “straatrumoer” sonder

om maar een maal na enige kritikus, skrywer óf boek te verwys. Die skrywer is die

draer van maskers wat aan hom ook ’n sekere immuniteit verleen, asof hy beskut is

deur die hortus conclusus , die ommuurde tuin. Van die skrywer kan verwag word dat

hy met beide bene binne die maatskappy staan, maar nie as persoon wat ou vroutjies

die straat oorhelp of “outentieke” karakters skep wat vir die gemiddelde leser bestem is

nie, “het befaamde middelbare meisje dat verslingerd is aan chicklit en dat soort Kluunliteratuur”

(Komrij 2011:15).

Skrywers skryf nie altyd oor hulself nie en daar hoef nie altyd empatie met

romanpersonasies te bestaan nie: “[W]at ons word aangesmeerd als ’maatschappelijk

bevlogen’ of ’uit het leven gegrepen’ literatuur is welbeschouwd een literatuur die

parasiteert op een verstikkende alledaagsheid en ons geen enkel uitzicht of vergezicht

biedt” (Komrij 2011:18). Wat Komrij die markgedrewe moderne era verwyt, is die

beheptheid met die sogenaamde “realistiese weergawe” soos wat die mense dan graag

sou wou hê. En die aandrang daarop dat “toeganklike” werke “na die mense gebring”

moet word.

Waarvoor Komrij pleit, is geen estetiese houding van afsydigheid nie. Maar die

literatuur kan nooit straatrumoer wees nie. Literatuur behoort tot die siel van die

gemeenskap en behoort ernstig opgeneem te word. Dit kan lughartig wees, maar blote

verstrooiing kan dit ook nie wees nie. Groot literatuur, “dat complex van traditie, topoi

en grandiose verhaallijnen”, is opgeoffer aan politieke gedienstigheid. Sonder sy

afstand en sy “maskers” is die literatuur gedoem.

8. “The middlebrow talks back”: Die weerwraak van die

middelmoot

Van Boven (2009:288) wys daarop dat die term middlebrow een is wat moeilik as neutrale

beskrywende term gebruik kan word, al is daar baie pogings in hierdie verband. ’n

Verdere groot probleem is om die sosiologiese standpunt (wat deur o.a. Bourdieu

voorgestaan word en deur Huigen aangehang word) te versoen met ’n meer teksgerigte

benadering (soos in Angelsaksiese studies) waarna Van Boven verwys. Van Boven

(2009:288) staan ’n benadering voor wat “middlebrow” sien as ’n groep werke met ’n

generiese identiteit van sy eie – omdat, sê sy, “we anders niet verder komen dan een

herhaling van het beeld van de middlebrow-roman als […] the ‘other’ of the modernist

or avant-garde novel”.

In haar benadering fokus sy dus op die “middlebrow”-romans as ’n groep werke met ’n

eie posisie en eie agenda, dus vermenging van hoë en triviale elemente. Verder gaan sy

79

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!