Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

waarmee jy so dweep” en “Adeline verswyg maar vir hom dat die lied ‘Lied der

Meermädchen’ wat sy soëwe gesing het uit ‘Oberon’ afkomstig is” (193).

Louis Cloete is die voorloper van die Dertigerdigter:’n gekultiveerde man wat poësie

uit Frans vertaal, maar wat vir sy tesis Afrikaanse volkliedjies as onderwerp het! (169).

Daar word verwys na tradisionele Afrikaanse verse soos “Di steweltjies van Sannie”,

“Wanneer kom ons troudag Gertje” (197) en “Mooie meisies, fraai bloeme” (198), maar

daar word ook verwys na Leipoldt se digbundel Uit drie wêrelddele (1923) wat die

nasionale en lokale verbystrewe. Dit waarvoor in hierdie roman gepleit word, het

duidelik nasionalistiese ondertone: trots op Afrikaans en die Afrikaanse kultuur (24, 29,

38, 53, 117, 137, 138), moedertaalonderrig (247) en ’n eie Afrikaanse geesteslewe, maar

óók waardering van die klassieke en Europese (111 en 112). En hoewel dit lyk asof daar

’n voorkeur vir blote realistiese kuns uitgespreek word (138, 139, 154), word óók gepleit

vir representasie van die skoonheid van die menslike liggaam (217). In feite is hierdie

roman ’n besinning oor die rigting van die (Suid-)Afrikaanse kuns en literatuur in ’n

tydperk toe emansipasie nog net ’n ideaal was en beliggaam dit baie van die ideale wat

veral deur Van Wyk Louw verwoord is.

Hoewel hierdie roman vanweë onder andere die (vroulike) tematiek deur kritici

bestempel is as ’n “damesroman” en derhalwe as middelmoot-literatuur, is dit steeds ’n

besinning oor die Afrikaanse geesteslewe én veral die (rigting van) die Afrikaanse

letterkunde. Met veel van die aspekte wat destyds sentraal gestaan het in die poëtikale

opvattings van die (manlike) kritici (soos E.C. Pienaar), is die skryfster dit oneens –

veral die blote aandrang op nasionalistiese kuns. Daarom vorm hierdie roman deel van

’n sterk kontradiskoers.

9.2 Die swart sluier

As gekyk word na die vroeëre definisies van middelmoot-literatuur as toeganklike

literatuur, voldoen die poësie van Joan Hambidge in hoë mate daaraan. 2 Dit is

toeganklike poësie; dit beantwoord gewoonlik aan die verwagtinge van Hambidgelesers,

daar dit dikwels bepaalde stylgrepe vertoon (byvoorbeeld die intertekstualiteit;

die parodie); dit is vol patos en patetiek; dit is dikwels praatverse wat die “gewone

praattaal” representeer. Dit is veral die selfbewustheid (wat ooreenstem met die die

literêre funksie van Roman Jakobson) en die talle verwysings (na filmsterre, digters,

skrywers en dergelike) wat aandui dat dit nie as middelmoot bedoel is nie.

Hambidge se roman Die swart sluier (1998) word egter wél doelbewus aangedien as

“hygroman”, dit wil sê behorende tot die ontspanningsliteratuur, hoewel dit eintlik

geen roman is nie, maar verskeie novelettas. Dit is reeds die storie, wat handel oor ’n

skrywer, Sonja Verbeek, haar liefdesverhouding(s) en haar besoek aan die Welkomse

Leeskringseminaar, wat die leser laat vermoed dat daar ’n slang in die gras van dié

liefdesparadys is. In wese is hierdie roman ’n persiflage van ’n bepaalde subgenre,

naamlik die hygroman, maar dit is ook ’n satire op die Afrikaanse literêre kanon én al

die bisarre prosesse van kanonisering. Beroemde (of dan bekende) figure uit die kanon

skuur skouers met ewe bekende romankarakters, wat vanselfsprekend aanleiding gee

tot vermaaklike tonele.

Knap is die gebruikmaking van bepaalde beskrywings uit bekende Afrikaanse romans,

soos die beskrywing van die “Allesverloren se plastiekswaan” wat Leroux se

Welgevonden oproep. Die satire strek egter verder as bloot literêre alliansies en

onderonsies (ook van amoreuse aard). Daar word die spot gedryf met literatore se

voortdurende verwysing na Franse (taal)filosowe (19), wat vanselfsprekend ook

selfspot is, die opgeblase styl van skrywers word geparodieer (32), bepaalde tekste (Die

82

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za