01.05.2013 Views

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

sou wees. Gevolglik was die ideaal om onder meer die oudste beskikbare persone in

Kharkams te betrek. Daarnaas moes die uitspraak van persone uit verskillende (jonger)

groepe ingesluit word.

’n Ideale groep sprekers sou gebalanseerd verteenwoordigend moes wees van beide

geslagte en van verskillende ouderdomsgroepe, met, natuurlik, hoofsaaklik ’n aantal

bejaardes aan die een kant, en ewe veel jongmense aan die ander kant, met

verteenwoordigers van verskillende ouderdomsgroepe (bv. dié tussen 30 en 40 jaar

oud, en dié tussen 50 en 60) tussen hierdie twee. In feite moes klaargekom word met die

volgende persone wat beskikbaar en gewillig was om aan die opnameproses deel te

neem: vyf mans (een elk van 48, 49, 67, 68 en 84 jaar) en vyf vrouens (een elk van 30,

39,50, 57 en 75 jaar). Dit was makliker om ’n homogene groep van tien jong sprekers te

bekom. Die Hoërskool Kharkams het goedgunstiglik vyf meisies en vyf seuns, op een

na almal vyftien jaar oud, 13 ter beskikking gestel. Ook hier het geen voorafkeuring

plaasgevind nie. Met die oog op die bepaling van ’n moontlike afnemende tendens van

die teenwoordigheid van ronding ten opsigte van die ouderdom van die sprekers, is

hulle in vier ouderdomsgroepe verdeel, naamlik 15 jaar, 30–50 jaar, 50–60 jaar, en 60+

jaar oud.

My benadering tydens die opnames was dat ek aan die deelnemers gesê het dat ek

geïnteresseerd is in die spraak van die Namakwalandse mense nadat ek ’n boekie van

’n oudinwoner van Kharkams, Tony Links, gelees het, waarin die manier beskryf word

waarop Kharkamsafrikaans gepraat word. Natuurlik het ek nie die presiese aard van

my belangstelling – die uitspraak van die vokale /y/ en /9/ – genoem nie. Die

vermelding van Tony se naam het kennelik ’n deur van welwillendheid en

samewerking oopgemaak – hy was goed bekend aan almal; sommige was selfs naby

familie. Ek sou die daaropvolgende opnamegeleentheid tipeer as ontspanne en selfs

gemoedelik, wat bevorderlik is vir ’n goeie vergelykende basis vir die werk van Links,

wat as lid van dié gemeenskap duidelik nie met enige beperkinge te kampe gehad het

nie.

In hierdie ondersoek is gebruik gemaak van ’n battery-aangedrewe bandopnemer,

omdat ek voorsien het dat daar moontlik nie oral elektrisiteit beskikbaar sou wees nie,

veral nie as dit so sou uitwerk dat sommige opnames op straat gedoen moes word nie –

ek het vermoed dat dit die enigste metode sou wees om mense by publieke plekke, soos

vulstasies en winkels 14 – te nader. Vanweë die fokus op kwaliteit-opnames wat slegs

betroubare ouditiewe oordele van die spraakmateriaal ten opsigte van die kenmerk

Gerond of Ontrond van vokale sou moontlik maak, was dit nie primêr van belang om

goeie akoestiese ontledings te verseker nie. Hierdie opnemer (’n Olympus WS-210S, wat

digitale opnames maak) is reeds met welslae in vorige studies (bv. Wissing 2011)

gebruik. Ek kon dit dus ook met vertroue vir hierdie projek gebruik. Die opnames is

direk op ’n harde skyf van ’n rekenaar ingevoer, vanwaar dit verder vir noukeurige

inspeksie in ’n spraakverwerkingsprogram, met name Audio Audition, ingelees en

ontleed is. (Vir meer besonderhede, sien verder afdeling 3.3, “Die proses van ouditiewe

beoordeling”.)

3.2 Stimulusmateriaal

Daar is van die sprekers verwag om die tyd van die dag in ure te noem – dit was met

die oog op die uitspraak van /y/ in uur (eenuur, twee-uur, ... twaalfuur), en ook om ’n

reeks syfers te lees, tipies in die vorm van ’n telefoonnommer. Hier is vyf nulle ingesluit

(in: 100 900 70), natuurlik met die uitspraak van /9/ in nul in gedagte. Ongelukkig het

die meeste lesers die herhalende nulle as dubbel-nul gelees, sodat daar dus meestal slegs

315

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!