Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

Visagie (2010:9) beskou ook die maak en vertel van stories as die sentrale spilpunt

waarom die bundel wentel:

Dit is immers nie die verhaal self wat die bron van plesier is nie; ―dis die

glipraam van die aanbod wat tel, en die verskole tersydes. Handelinge en

gebeure moet herhaal wees, of omgekeerd of geminiaturiseerd.‖ Van Niekerk

skryf dus verhale oor die maak van verhale, ‘n tradisie wat skrywers soos Koos

Prinsloo en Johann de Lange in die 1980‘s gevestig het.

De Jong-Goossens verwys in haar resensie van die Nederlandse weergawe, De

sneeuwslaper (2009), na die Ourobouros-simbool om die sikliese effek van die vertellings

te illustreer: ―Deze vier verhalen staan ieder op zichzelf, maar hebben iets of iemand

gemeen [...] Het zijn verhalen als Ourobouros die zijn eigen staart opeet. Wie het vatten

kan, vatte het‖ (De Jong-Goossens 2010:32).

Die tweede moontlikheid van vertelling as koherensieskepper in die kortverhaalsiklus

is die tipe vertelling wat herinner aan die orale tradisies, veral wat oorvertelling en

meerstemmigheid betref.

Dunn en Morris (1995:93) verwys in hierdie verband na Bernardo Atxaga se Obabakoak

(1988):

Atxaga‘s composite novel reveals a treasure trove of stories as one might hear

them while attending a tertulia – a village storytelling session. Because a

tertulia‘s offerings are neither preset nor prescriptive, one may hear tales from

almost all generic traditions (including crime stories, romances, personal

memoirs, and fairy tales) by one tale-teller or many.

Marais (2001:203) toon aan hoe vertelling as eenheidsmerker ook in die Engelse Suid-

Afrikaanse kortverhaalsiklus aangewend word. Sy verwys byvoorbeeld na ―Women at

work‖, die eerste gedeelte van Sindiwe Magona se Living, loving, and lying awake at night

(1991), as ‘n kortverhaalsiklus waarin huiswerkersnarratiewe aangetref word wat – in

teenstelling met gemedieerde verhale soos Elsa Joubert se Die swerfjare van Poppie

Nongena (1978) – hulle ervarings daarstel deur ―alternative fictive conventions derived

from popular, oral story telling traditions that are […] not necessarily chronological‖

(Isabel Hofmeyr aangehaal in Marais 2001:197).

In die Afrikaanse literatuurtradisie is A.H.M. Scholtz se vertellingswyse in Vatmaar

(1995) dalk die beste voorbeeld van hierdie polifoniese vertelstyl, hoewel die

afsonderlike hoofstukke in die meeste gevalle nie outonoom kan funksioneer nie.

Venter (1995:8) noem byvoorbeeld dat die stories wat op mekaar inspeel, die geheue

van die gemeenskap vorm:

Die roman is los van bou […] In so ‘n sestigtal hoofstukke vertel ‘n hele aantal

fiktiewe vertellers hulle verhale oor Vatmaar en sy mense. Elke storie voer die

verhaallyn verder of vul ‘n vorige vertelling aan […] Terselfdertyd dra elke

storie by tot ‘n sentrale romanidee, naamlik dat die mens net mens binne ‘n

gemeenskap is. En die geheue van hierdie gemeenskapbestaan is die stories wat

vertel word.

Hierdie beskouing van die rol van verskillende stories binne die groter romanstruktuur

herinner sterk aan die spanning tussen outonomie en koherensie soos dit in die

144

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za