01.05.2013 Views

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

vergemaklik en mense wêreldwyd toegang tot hierdie magsinstrument verleen

(Armistead 2004:13). Hierdie potensiaal word huidiglik steeds gekniehalter deur die

welvaartgaping tussen die ontwikkelde en ontwikkelende wêrelde. Hoewel hierdie

kommunikasiegaping steeds groot is, het die beskikbaarheid van sekere tegnologieë

reeds die bevolking in ontwikkelende gebiede begin bemagtig.

Die mensdom beleef op die oomblik versnelde verandering ten spyte van die

uitdagings wat aan die wydverspreide wêreldwye ongelykheid verbind kan word.

Volgens Moura (2005) is ’n universele beskawing besig om te ontwikkel. Hierdie proses

behels meer as net die voortsetting van die beskawings wat deur die geskiedenis

bestaan het. Alle vorige beskawings was in sommige aspekte beperk, maar in hierdie

stadium is die veranderingsproses nóg vinniger en dieper as voorheen. Dit word

beklemtoon deur die verspreiding van wetenskaplike kennis en operasionele stelsels

tussen individue van uiteenlopende kulturele agtergronde. Die gebruik van

onmiddellike–kommunikasie-kanale en hul deelname aan die wêreldekonomie skep

nuwe waardes. Die menslike samelewing gaan huidiglik deur ’n makrotransformasie –

nie net wat die mensdom se wetenskaplike kennis betref nie, maar ook die konseptuele

grondslag wat gebruik word om huidige en toekomstige realiteite te hanteer.

Die transformasiedimensie staan nie net sentraal ten opsigte van die verkryging van

toekomsinsig nie, maar bly ook relevant vir die realisering van die gewenste uitkomste

(Inayatullah 2008:18). Dit is belangrik om te verstaan hoe die mensdom se

gemeenskaplike gewaarwordinge soms die toekoms ondermyn en waarom so baie

aspekte van optrede die mensdom se kanse op ’n belowende toekoms benadeel. Wat

verstaan moet word, is watter tendense sentraal in sosio-ekonomiese en politieke

verandering is.

’n Magdom vraagstukke staar Suid-Afrika, maar ook die wêreld in sy geheel, in die

gesig. Die identifisering van die vraagstukke is relatief maklik; die probleem bly die

mobilisering van hulpbronne om dit daadwerklik aan te spreek. Die Millenniumprojek

(2010) het byvoorbeeld baie daartoe bygedra om 15 kritieke vraagstukke wat die

mensdom tans konfronteer, te identifiseer. 2 Dié vraagstukke is egter so omvangryk dat

wêreldorganisasies en/of regerings nie alleen oplossings kan bied nie, maar die volle

spektrum van menslike kundigheid en kreatiwiteit van individuele tot institusionele

vlak benodig sal word. Om dié rede gaan dit toenemend van belang wees om

toekomsinsig te bewerkstellig en om gefokuste studie van die dryfkragte wat die

toekoms beïnvloed, te bevorder.

7. Gevolgtrekking

Dit is opvallend dat heelwat van die openbare gesprekke in Suid-Afrika (veral wanneer

briewe aan die media, internet-kommentaar en webjoernaal-inskrywings in ag geneem

word) steeds verbind bly aan profesieë van toekomstige ondergang. Hierdie

voorspellings was reeds in die omgang van voor die totstandkoming van die huidige

politieke bestel in 1994. Niemand kan ontken dat ’n magdom uitdagings steeds 17 jaar

ná die politieke omwenteling in Suid-Afrika bestaan nie. Inteendeel - indien ’n mens na

die Millenniumprojek en die Verenigde Nasies se millennium-doelwitte kyk, blyk dit

duidelik dat heelwat ontwikkelingswerk nog voorlê. Positiewe faktore soos ’n

progressiewe grondwet asook ’n ekonomie met uitstaande eerstewêreld-elemente is ook

geen waarborg vir toekomstige sukses nie. State, gemeenskappe en stelsels kom tot ’n

einde en word in baie gevalle deur nuwe entiteite vervang. Histories is alle beskawings

239

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!