Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

daarvan uit dat die “middlebrow” deurgaans sy eie posisie bepaal ten opsigte van die

dominante kultuur en derhalwe besig is met ’n sogenaamde “counter-discourse”.

Vanselfsprekend gebeur dit slegs in enkele romans eksplisiet. Van Boven ontleed

vervolgens drie romans waarin hierdie fenomeen voorkom. Dat dit om “middlebrow”romans

gaan, lei sy af uit die plek wat kritici daaraan toegewys het, die profiel van die

skrywers, en, sou bygevoeg kon word, die verkope en die aanbieding self.

9. Drie Afrikaanse middelmoot-romans as voorbeeld van

’n “counter-discourse”

In die Afrikaanse letterkunde is daar heelwat tekste wat hulle óf aanbied as

middelmoot óf as sodanig geklassifiseer word, én wat uitsprake maak oor “hoër”

kunsvorme, veral die letterkunde. Hier onder word drie sodanige tekste bespreek.

9.1 Onder bevoorregte mense

Marie Linde (skuilnaam van Elise Bosman) se debuutwerk Onder bevoorregte mense

(1925) het in 1924 ’n prosawedstryd gewen. Roos (1992:44) verwys na Rob Antonissen

en P.C. Schoonees se aanvanklike resepsie daarvan: hoewel hulle besprekings

patroniserende kensketsings van hierdie roman – wat dan ligte leesstof vir dames sou

wees – bevat, word die kritiek (selfs van Schoonees, wat aanvanklik vleiend was)

algaande krasser.

Antonissen (1956:160) meen dat die werk enkele goeie eienskappe bevat, soos “goeie

tipering van die milieu, ten dele inwendige motivering van die gebeure, en die

behandelde tema self. Tog bly dit maar middelmatige literatuur, weens die

onbelangrikheid van die hoofpersoon en die kragtelose skryftrant.” Ook Dekker

(1958:150) vind Linde se eersteling haar beste werk, en sonder haar realisme en die

kritieklose wyse waarop die egoïstiese Ben uitgebeeld word, as verdienstelik. Die

uitbeelding van Bettie raak algaande “oppervlakkig”. Kannemeyer (1978:197) eggo

Antonissen byna woordeliks in sy aanprysing van die milieuskildering en Dekker wat

betref die uitbeelding van Ben “wat objektief en sonder enige vooroordeling van die

kant van die verteller voorgestel word” en van die hoofkarakter wat “geen diepte” het

nie.

Roos (1992:51) gee ’n paar moontlike redes vir die verskuiwing in waardering van

hierdie soort boeke (Onder bevoorregte mense van Marie Linde, Oogklappe van Meg Ross

en Eva Walter se Eensaamheid). Sy spekuleer dat die kritici “wat sedert die veertigerjare

die norme daargestel en die geskiedenis geskryf het” negatief was oor hierdie romans

wat nie ingepas het in “’n geïdealiseerde Volk- en vaderlandvisie nie” en wat nie “die

mite van die Boer en sy liefhebbende, hardwerkende vrou onderskryf het nie” (Roos

1992:51). In hierdie soort romans vervolg Roos, het die vroulike karakter se

“konvensionele rol as ondersteuner, moeder, verdrukte of selfs rebellieuse eggenote”

geen plek nie.

Kannemeyer (1978:199) beskou Linde se “woordstroom oor kleinburgerlike sake op die

lange duur onhoudbaar. Daarby is die skyn van diepsinnigheid wat sy met die

ideologie en toespitsing op aktuele sake wil bereik, uiters pretensieus.”

John (1994:15) beweer dat die roman ook gelees kan word as ’n worsteling “met die

vraag wat dit beteken om ’n kunstenaar in Suid-Afrika gedurende die twintigerjare van

hierdie [die 20ste] eeu te wees.” Hy voer aan dat die werk gemarginaliseer is deur die

80

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za