01.05.2013 Views

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

teenwoordigheid van die kleurlinge op die gemeenskaplike kieserslyste in die

Kaapprovinsie en Natal. In hierdie verband kan Hertzog se beleid as konsekwent

beskou word. Daar bestaan egter geen twyfel nie dat die NP onder Hertzog se beleid

vanaf 1925 tot Samesmelting ’n ommeswaai ondergaan het. Die NP was nie meer

voornemens om die bestaande politieke regte van die kleurlinge in die Kaapprovinsie

na die kleurlinge in die noordelike provinsies uit te brei nie, en het intussen die

politieke magte van die blankes aansienlik uitgebrei ten koste van die kleurling- en

swart stem. Malan het ook aanvanklik ná 1929 nog probeer wal gooi teen Nasionaliste

in die Kaapprovinsie wat die kleurlinge op aparte kieserslyste wou plaas – nie om

beginselgegronde redes nie, maar omdat dit deur die SAP by die stembus uitgebuit sou

word. Na Samesmelting en die stigting van die GNP het die agitasie om die kleurlinge

van die gemeenskaplike kieserslyste te verwyder amptelike partybeleid onder Malan

geword. Dit het ’n radikale ommeswaai van die NP se beleid van 1925 verteenwoordig

en die hoofrede hiervoor was politieke opportunisme.

Die doel van hierdie artikel was om te bepaal of die amptelike beleid van die NP ten

opsigte van die kleurlingstemregkwessie in die periode onder bespreking ’n radikale

ommeswaai ondergaan het en, indien wel, watter faktore daarvoor verantwoordelik

was. In verband met laasgenoemde verskaf Giliomee (1995:202), op grond van die teorie

van Horowitzi, ’n nuttige konteks waarbinne die NP se veranderde beleid beskou kan

word:

[T]he intensification of segregation and the contraction of democratic freedoms

result less from class struggles than from battles among political elites about the

best ways of promoting their own or their party’s prospects. Whether they

resort to the politics of exclusion depends in the first place not on their

historical and cultural identities but on the opportunities for sectional political

gain which extension or contraction of the franchise offers. Culture can be

pushed into the service of either.

Die NP se beleid ten opsigte van die kleurlingstemreg was nie gebaseer op kuturele

oorwegings nie, alhoewel kultuur voor 1929 gebruik is as basis vir die beoogde

uitbreiding van die kleurlingstemreg en daarna om die stemreg van die kleurlinge in te

perk. Sodoende is die politieke belange van die NP bevorder.

Bibliografie

Afrikaanse Nasionale Bond (ANB). 1929. To all Cape coloured friends in the Union.

Kaapstad: Nasionale Pers Bpk.

Anon. 1924. You can trust him. Smuts’ (sic) great nation-building policy for South

Africa. Cape Times, 16 Junie, bl. 9.

—. 1925a. Dis jammer. Die Burger, 12 September, bl. 6.

—. 1925b. Die groot toespraak. Die Burger, 14 November, bl. 6.

—. 1925c. Premier’s native policy. Cape Argus, 14 November, ongenommer.

—. 1926a. Votes for European women. Select Committee’s Report. Cape Times, 17 Junie,

bl. 11.

42

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!