01.05.2013 Views

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

163

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

verhouding moet maak: ―Tot in daardie stadium was die ongeskrewe reël dat sy hom

Vrydagaande ná sy repetisie by The Fringe sou kry, en dat sy saam met hom huis toe

sou gaan – wanneer hý daarvoor gereed was‖ (48).

Dit is soortgelyk aan die verhouding tussen Mia se ouers:

Eers het haar ma net ‘n byspeler geword, en toe ‘n verhoogassistent. ‘n Paar jaar

later het haar eens belowende loopbaan tot stilstand gekom. Van toe af was Mia

se pa die hoofspeler. Hy was die middelpunt van elke gesprek – die plofbare

genie. (47)

Wanneer Nick aandring op ‘n braai vir Mia se verjaarsdag, stem sy onwillig in: ―Nou

goed, Nick, ‘n braai sal dit wees‖ (49). Dit eggo Mia se ma se reaksie op haar pa se

versoek om haar kookklasvaardighede te demonstreer: ―Nou goed, my man, volgende

Dinsdagaand‖ (42).

Dit is veral in die voorbereiding van die maaltyd dat Mia en haar ma se ervarings, jare

uitmekaar, sinvol op mekaar inspeel. Mia kon as kind nie haar ma se konsternasie

begryp nie: ―Sy‘t die resep hardop geprewel. Vir die eerste keer het haar mooi, slim ma

vir Mia geklink na ‘n laerskoolkind wat sukkel om te lees‖ (42). Die feit dat Mia se ma

‘n belowende loopbaan opgeoffer het om ‘n derderangse tuisteskepper te word, laat

hierdie selferkenningsproses meer ironies voorkom. Jare later bevind Mia haar in

dieselfde bootjie: ―Sy‘t haar ma se ou Kook en geniet uit die kombuiskas gehaal en

geblaai na die aartappelslaai – al kom sy gewoonlik goed sonder ‘n resepteboek klaar.

Die woorde het voor haar geswem‖ (50).

Dit is betekenisvol dat Mia se ma die aanvaarding van haar lot en die opoffering van

haar ideale aan Mia voorhou as ‘n deugdelike eienskap wanneer Mia vra of jy jouself

moet opoffer ter wille van die liefde: ―Om lief te hê is harde werk. Baie harde werk‖

(47).

Wanneer ―Ons probeer harder‖ saam met ―Free-range whole bird‖ gelees word, word

kos ‘n motief wat die band tussen Mia en haar ma en Mia se ontwikkeling weerspieël.

Die motief van die kosmaakproses in ―Free-range whole bird‖ toon ‘n verband met Mia

se inisiasie wat in ―Ons probeer harder‖ verder ontwikkel word, weer eens deur

kosvoorbereiding as ‘n betekenisdraende motief te ontgin. Dit word duidelik dat Mia

moet leer om haarself te laat geld. Mia se ma laat die kos brand omdat haar familie haar

nie waardeer nie en haar verjaarsdag vergeet:

Teen sononder het sy by die kombuis ingeloop en haar ma met ‘n toe pak rys

voor die stoof sien staan. Die plate was aan, maar dit het gelyk asof sy nie weet

wat om met die rys te doen nie. (48)

‘n Soortgelyke proses herhaal hom wanneer Nick nie raaksien hoeveel moeite Mia doen

nie en selfs met ‘n ander meisie op Mia se verjaarsdagpartytjie flankeer:

Sonder om water by te gooi, het sy die aartappels in die ysterpot gesit. Met die

pot in haar hande het sy by die kombuisvenster uitgestaar, die hitte van die

stoof wat na haar gesig opwalm. (51)

Wanneer Nick vra waar Mia aartappelslaai leer maak het, antwoord sy betekenisvol dat

sy dit by haar ma geleer het. Dit is hier veral belangrik dat Mia juis kies om nié

dieselfde opofferings as haar ma vir iemand anders te maak nie. Haar ma aanvaar

163

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!