01.05.2013 Views

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

Jaargang 8, nommer 2 – Augustus 2011 - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LitNet Akademies Jaargang 8(2) – Augustus 2011

skuit as “’n mooi nuwe werkie van die ou soort” skemer daar duidelik ’n bepaalde

snobisme deur.

4. Die middelmoot-literatuur en sy verhouding tot die

sisteemkern

Die verhouding van die sogenaamde “middelmaat”-, “middlebrow”- of “middelmoot”literatuur

tot die “hoë” literatuur binne enige bepaalde literêre sisteem is problematies,

omdat dit verband hou met die wyse waarop kultuur beskou word en watter waarde

geheg word aan die onderskeiding van so ’n bepaalde kategorie wat in wese ’n

tussenvorm (tussen “hoog” en “laag”) veronderstel.

Peterson (1997) toon aan dat sogenaamde merkers van hoë status nie “natuurlik” is nie,

maar tydsgebonde. Statusmerkers verander saam met die hele intellektuele basis

waarop hulle gebaseer is en die veranderende magsverhoudings. In die jare tussen die

Revolusie en Burgeroorlog in die VSA was status direk aan die familienaam, reputasie

en sosiale aanvaarding verbonde. Daarom was dit moeilik om in ’n ander stad aanvaar

te word en het pogings tot aanvaarding dikwels met bekendstellingsbriewe gepaard

gegaan. Die volgende statusmerker was optrede en voorkoms, en daarom is mense ook

ingelei in die reëls van etiket. Dit het te algemeen geraak en is vervang deur merkers

van affiliasie. Daar is selfs voortgegaan met die saamstel van die sogenaamde Social

Register (1888). Insluiting is jaloers beskerm en jou naam kon slegs met groot moeite én

deur bekendstelling en die ondersteuning van ander lede toegevoeg word. ’n

Kerkgenootskap was ’n ander vorm van so ’n “register”. Tot op daardie stadium was

status in die VSA gebaseer op sosiale, morele en ekonomiese kapitaal (Bourdieu 1984)

en nie op kulturele kapitaal nie (Peterson 1997:81). Smaak, veral vir die kunste, is as

moreel belangrik beskou. Die lesingtoere van Matthew Arnold in die jare sewentig van

die 19de eeu in die VSA het ’n belangrike rol gespeel in hierdie verband.

Spoedig is kunswaardering gesien as tekenend van ’n ontwikkelde persoon. Die toeeiening

van kuns as statusmerker het nie bloot ontstaan nie, maar was die resultaat van

’n klasgebaseerde sosiale beweging. Daar is aanvaar dat nie alle mense in staat was om

die “hoë” kunsvorme te waardeer nie en die wetenskaplike begronding hiervoor is

gevind in die teorieë van die frenologie 1 waardeur die hoë voorkop (“high brow”) van

Shakespeare gekontrasteer is met die lae voorkop (“low brow”) van ’n kannibaal.

Uiteraard was dit ook ’n rasgebaseerde onderskeiding (Peterson 1997:83).

Met die opkoms van die massavermaak in die laaste dekades van die 19de eeu is dié

vorme van vermaak almal as die antitese van hoë kultuurvorme gesien en daarom ook

hewig aangeval. Aan die begin van die 20ste eeu was die opkomende rolprentbedryf en

die Afro-Amerikaanse musiek (soos ragtime, jazz en swing) die teiken van aanvalle. Dit

herinner nogal aan die hewige aanval van die verteller in Leroux se roman, Die mugu,

op rolprentteaters as die moderne mens se tempels:

Soos alle chromiumpaleise is die argitektuur vals: met die eerste oogopslag

oorweldig die toon van die struktuur jou, alles lyk weelderig en duur – maar as

jy dit van digterby beskou en daaraan krap, krummel en flenter dit weg […] vir

geestelike ontvlugting is daar die chromiumpaleise, vir verdwene helde is daar

moordenaars, filmsterre en menslike stories opgedis deur sinies-bekwame

joernaliste. (Leroux 1958:129)

71

ISSN 1995-5928 | Tel: 021 886 5169 | E-pos: akademies@litnet.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!